Wat is kommentaar?
Kommentaar op Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) is 'n manier om terugvoer te gee op 'n werk. Elke werk, of elke hoofstuk van 'n werk, het 'n teksboks aan die einde waarin u kommentaar kan lewer. U kan ook kommentaar op AO3 Nuusberigte lewer.
Om meer te leer oor waar kommentaar gevind kan word op 'n werk en hoe om die kommentaar te laat verskyn, verwys na Waar verskyn kommentaar op 'n werk?
Let asb daarop dat, soos alle inhoud wat op AO3 geplaas word, kommentaar ook onderhewig is aan Afdeling IV (Inhoud- en Misbruiksbeleid) van die webtuiste se Diensvoorwaardes. Indien u kommentaar op u werk ontvang wat die diensvoorwaardes oortree kan u die Beleidsmisbruik-komitee kontak om dit aan te meld.
Hoe lewer ek kommentaar?
Elke werk, of elke hoofstuk van 'n werk, het 'n leë teksboks aan die einde. Tik u kommentaar by die teksboks in en druk die "Comment" (Kommentaar) knoppie onderaan om die kommentaar te lewer. U kan HTML gebruik om die formaat van u kommentaar te verander. Vir 'n lys van HTML etikette wat aanvaar word, verwys na Hoe kan ek die styl van die teks in my kommentaar verander?
U kommentaar sal aan die einde van die afdeling, onder die bestaande kommentaar, gevoeg word. Indien daar verskeie bladsye se kommentaar is, sal u kommentaar aan die einde van die laaste bladsy verskyn.
U kan ook op kommentaar wat deur ander gelewer is reageer, wat 'n kommentaar-draad sal vorm. Kies die "Reply" (Antwoord) knoppie op die kommentaar waarop u wil reageer en tik u boodskap in die teksboks wat verskyn. Sodra u klaar is met die tik van u boodskap, kies die "Comment" knoppie om dit in te dien. U kommentaar sal direk onder die kommentaar waarop u reageer geheg word. Vir meer inligting oor kommentaar reaksies en drade, verwys na Wat is 'n kommentaar-draad? Hoe werk kommentaar-drade?
Waar verskyn kommentaar op 'n werk?
Kommentaar verskyn aan die onderkant van 'n werksbladsy, onder die lys van kudos. Kommentaar word egter outomaties versteek. Kies die "Comments" (Kommentaar) koppie aan die bo- of onderkant van die werk om die werk se kommentaar te laat verskyn. In meeste blaaiers sal u na die onderkant van die bladsy geneem word indien u die "Comments" knoppie aan die bokant kies.
Let daarop aan dat 'n werk verskeie bladsye se kommentaar kan hê. Elke bladsy sal 20 kommentaar-drade wys. (Verwys na Wat is 'n kommentaar-draad? vir meer inligting oor hoe kommentaar-drade werk.) U kan tussen kommentaar-bladsye beweeg deur die "Previous" (Vorige) en "Next" (Volgende) knoppies te gebruik. U kan ook die individuele bladsynommers, wat bo en onder die kommentaar-drade verskyn, gebruik.
Die werksbeskrywing sal ook die hoeveelheid kommentaar wat 'n werk het wys. Byvoorbeeld, 'n werksbeskrywing mag dalk sê: "Comments: 9" (Kommentaar: 9). Vir meer inligting oor wat hierdie getal beteken, verwys na Waarna verwys "Kommentaar: #"?
Hoe identifiseer ek myself wanneer ek kommentaar lewer?
Indien u by die Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) ingeteken is terwyl u kommentaar lewer sal die kommentaar onder u standaard skuilnaam geplaas word. Indien u onder 'n ander skuilnaam wil verskyn kan u een kies vanaf die "Comment as" (Lewer kommentaar as) keuselys. Verwys na die Skuilname Algemene Vrae om meer te leer oor wat 'n skuilnaam is en hoe dit werk.
Indien u nie ingeteken is nie, of nie 'n AO3 profiel het nie, kan u anonieme kommentaar lewer solank die skepper nie anonieme kommentaar op daardie werk verban het nie. Verwys na Kan ek anoniem, of sonder 'n AO3 profiel, kommentaar lewer? vir meer inligting.
Kan ek anoniem, of sonder 'n AO3 profiel, kommentaar lewer?
U kan normaalweg anonieme kommentaar op enige werk in die Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) lewer. Die skepper van die werk kan egter kies om hierdie funksie af te skakel. Om te leer hoe om anonieme kommentaar af te skakel, verwys na Kan ek anonieme kommentaar op my werke afskakel?
Anonieme kommentaar vereis 'n naam en geldige epos-adres. Die naam sal verskyn, maar nie die epos-adres nie. U sal enige antwoorde op u kommentaar ontvang deur die epos-adres wat u verskaf het.
Kan ek anonieme kommentaar op werke afskakel?
U kan verhoed dat mense wat nie by die Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) ingeteken is nie kommentaar lewer op u werk. Om dit te doen, gaan na die Edit Work (Redigeer Werk) bladsy (verwys na Hoe kan ek 'n werk redigeer?). In die Privacy (Privaatheid) afdeling, kies die opsie "Disable anonymous commenting" (Skakel anonieme kommentaar af). Kies dan die "Post without preview" (Plaas sonder voorskou) knoppie, of kies die "Preview" (Voorskou) knoppie gevolg deur die "Update" (Hersien) knoppie om u veranderinge toe te pas.
Om anonieme kommentaar af te skakel op meer as een werk op 'n slag kan u die Edit Multiple Works (Redigeer Verskeie Werke) bladsy gebruik. Verwys na Hoe kan ek verskeie werke op dieselfde tyd redigeer? om uit te vind hoe om die instellings vir verskeie werke te verander.
Wat gebeur met kommentaar wat ek gelewer het wanneer ek my profiel verwyder?
Nadat u, u profiel verwyder het sal enige kommentaar wat u met daardie profiel gelewer het toegeskryf word aan die gebruikersnaam "Account Deleted" (Profiel Verwyder). Hierdie verandering kan tot 'n week neem om op die Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) te verskyn. Indien u gebruikersnaam na 'n week nog nie van kommentaar verwyder is nie, kontak asseblief die Ondersteuningskommitee.
Wees asseblief bewus dat u geen kommentaar sal kan verwyder nadat u profiel verwyder is nie. Indien u, u kommentaar van die AO3 af wil verwyder, maak seker om dit te doen voordat u, u profiel verwyder. Vir meer inligting, verwys na a href="#editdelete">Kan ek my kommentaar redigeer of verwyder?
Om uit te vind wat met kudos wat u gelos het gebeur nadat u profiel verwyder is, verwys na Wat gebeur met kudos wat ek gelos het wanneer ek my profiel verwyder?
Wat gebeur met kommentaar en/of kudos wat ek gelos het indien ek my gebruikersnaam verander?
Wanneer u, u gebruikersnaam verander sal enige kommentaar en/of kudos wat u gelos het onder u ou gebruikersnaam opgedateer word na u nuwe gebruikersnaam. Hierdie veranderinge mag tot 'n week neem om op die Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) te verskyn. Indien die gebruikersnaam op u kommentaar en kudos na 'n week nog nie verander het nie, kontak asseblief die Ondersteuningskommitee.
Wat is 'n kommentaar-draad? Hoe werk kommentaar-drade?
Kommentaar-drade is soos gesprekke: een persoon lewer kommentaar en alle reaksies op daardie kommentaar vorm deel van een kommentaar-draad. Byvoorbeeld, indien iemand kommentaar lewer op een van u werke wat sê: "Sjoe! Hierdie is fantasties, het u enige iets anders gepubliseer?" en u antwoord: "Ja! Hier is 'n skakel na een van my ander werke!", sal die oorspronklike kommentaar en alle antwoorde een kommentaar-draad vorm.
Indien u op ander kommentaar reageer sal u antwoorde direk onder die kommentaar waarop u gereageer het verskyn. Hierdie sal ingekeep wees om te wys dat dit antwoorde op dieselfde draad is.
'n Draad mag slegs een kommentaar wees, of dit kan uit verskeie bestaan. Indien 'n kommentaar-draad 'n lang reeks geneste antwoorde bevat (waar elke kommentaar 'n ingekeepte antwoord op die vorige kommentaar is), sal slegs die eerste vyf gewys word. Die res van die geneste antwoorde sal versteek wees en 'n boodskap sal verskyn: "(# more comments in this thread)" (# meer kommentaar in hierdie draad).
Om toegang tot die kommentaar te verkry, kies die "Thread" (Draad) knoppie wat op die kommentaar verskyn. Hierdie sal u na 'n nuwe blad neem waar al die antwoorde op daardie kommentaar vertoon sal word.
Hoe kan ek al die antwoorde op my kommentaar onthul?
Om al die antwoorde op 'n sekere kommentaar te onthul, kies die "Thread" (Draad) knoppie op die kommentaar. Hierdie sal u na 'n nuwe bladsy toe neem wat al die antwoorde op daardie kommentaar sal vertoon.
Vir meer inligting oor kommentaar antwoorde en drade, verwys na Wat is 'n kommentaar-draad? Hoe werk kommentaar-drade?
Wat beteken "Kommentaar: #"?
"Comments: #" (Kommentaar: #) en "Comments (#)" verteenwoordig die totale aantal kommentaar wat op 'n werk gelos is. Byvoorbeeld, 'n werkbeskrywing mag sê: "Comments: 9. Waar 'n werkbeskrywing in lyste en soekresultate verskyn kan u hierdie nommer kies om u na die werk toe te neem en die werk se bestaande kommentaar te sien, onder die lys van kudos.
Beide antwoorde op kommentaar en kommentaar wat deur die werk se skepper gelos is tel tot hierdie totaal. Om uit te vind hoeveel individuele kommentaar-drade oor al u werke gelewer is, met antwoorde uitgesluit, verwys na Wat is 'n Kommentaar-Draad? Hoe word Kommentaar-Drade dopgehou? in die Statistiek Algemene Vrae.
Hoe lank kan my kommentaar wees?
Die maksimum lengte vir kommentaar is 10 000 karakters (insluitend enige HTML formatering). Om uit te vind watter HTML formatering u by u kommentaar kan voeg, verwys na Hoe verander ek die styl van die teks in my kommentaar?
Indien u probeer om langer kommentaar te lewer sal dit nie geplaas word nie en 'n foutboodskap sal verskyn. U sal dan die teks in twee of meer korter dele moet verdeel.
As u die standaard voorkomsvel gebruik sal die hoeveelheid karakters wat nog vir u kommentaar beskikbaar is onder die teksboks verskyn.
Hoe kan ek die teks in my kommentaar verander?
U kan beperkte HTML gebruik om die formaat van u teks te verander. Die volgende HTML etikette word toegelaat:
a, abbr, acronym, address, b, big, blockquote, br, caption, center, cite, code, col, colgroup, dd, del, dfn, div, dl, dt, em, h1, h2, h3, h4, h5, h6, hr, i, img, ins, kbd, li, ol, p, pre, q, s, samp, small, span, strike, strong, sub, sup, table, tbody, td, tfoot, th, thead, tr, tt, u, ul, var
Kan ek my kommentaar redigeer of verwyder?
Wanneer u by die Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) ingeteken is kan u die kommentaar wat u gelewer het redigeer solank niemand daarop geantwoord het nie. Die inhoud van die kommentaar of die skuilnaam waaronder dit geplaas is, is moontlike veranderinge wat aan kommentaar gemaak kan word. (Vir meer inligting oor hoe om die skuilnaam wat aan kommentaar toegeken is te verander, verwys na Hoe kan ek myself identifiseer terwyl ek kommentaar lewer?)
U kan ook kommentaar wat u gelewer het verwyder, ongeag of 'n ander besoeker daarop gereageer het. Indien u kommentaar verwyder wat 'n antwoord het sal die verwyderde kommentaar vervang word met "(Previous comment deleted.)" (Vorige kommentaar verwyder). In die standaard voorkomsvel is daar "Edit" (Redigeer) en "Delete" (Verwyder) knoppies op kommentaar wat deur u geredigeer of verwyder kan word.
Indien u die "Edit" knoppie kies, sal u kommentaar in 'n teksboks in HTML formaat verskyn. U kan veranderinge maak en dan die "Update" (Hersien) knoppie kies om u veranderinge te stoor. Indien u van plan verander, kies “Cancel” (Kanseleer) om die teksboks toe te maak. Indien u kommentaar redigeer sal die skepper van die werk 'n kennisgewing ontvang van die veranderde kommentaar.
Indien u die "Delete" knoppie kies, sal die webtuiste u vra: "Are you sure you want to delete this comment?" (Is u seker dat u hierdie kommentaar wil verwyder?). Van daar af kan u kies, "Yes, Delete!" (Ja, Verwyder!) om die proses goed te keur, of "Cancel" om die kommentaar te behou.
Indien u nie by die AO3 ingeteken was toe u die kommentaar gelewer het nie sal u nie die kommentaar kan redigeer nie. Slegs die skepper(s) van die werk, of indien nodig die AO3 administreerders, sal die kommentaar kan verwyder.
Kan ek kommentaar redigeer of verwyder wat iemand anders op een van my werke gelewer het?
U kan nie ander mense se kommentaar redigeer nie, maar u kan kommentaar wat op u werke gelewer is verwyder. Wanneer u ingeteken is sal alle kommentaar op u werke (insluitend u eie kommentaar), 'n "Delete" (Verwyder) knoppie hê. Sodra u die "Delete" knoppie gekies het, sal u gevra word: "Are you sure you want to delete this comment?" (Is u seker dat u hierdie kommentaar wil verwyder?). Van daar af kan u kies "Yes, Delete!" (Ja, Verwyder!) om te bevestig, of "Cancel" (Kanseleer) om die kommentaar te behou.
Indien u kommentaar verwyder wat 'n antwoord het, sal die verwyderde kommentaar vervang word met 'n boodskap wat sê: "(Previous comment deleted.)" (Vorige kommentaar verwyder). Indien u die volledige kommentaar-draad wil verwyder sonder die "(Previous comment deleted.)" plekhouers sal u die kommentaar moet verwyder in teenoorgestelde kronologiese volgorde. Met ander woorde, u sal die nuutste antwoord (die mees ingekeepte kommentaar) eerste moet verwyder en van daar af terug werk totdat u die oorsproknlike kommentaar verwyder het.
Indien die spesifieke kommentaar strooipos is wat deur 'n gasprofiel gelewer is kan u dit ook eerder as strooipos rapporteer. Vir meer inligting oor hoekom u dit sou wou doen en hoe, verwys na Wat is strooipos kommentaar? Wat kan ek daaromtrent doen?
Kan kommentaar na my epos gestuur word?
Enige kommentaar wat op u werke gelewer is sal by verstek na die epos-adres wat aan u profiel gekoppel is gestuur word sowel as na u Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) posbus. U sal ook 'n epos kennisgewing ontvang elke keer wat iemand kommentaar wat u gelewer het terwyl u ingeteken was beantwoord.
U kan kommentaar kennisgewing boodskappe na u AO3 posbus, epos-adres – of beide – afskakel. Verwys na Hoe kan ek die manier waarop ek kommentaar kennisgewings ontvang verander? vir meer inligting.
Indien u die ontvangs van hierdie kennisgewings geaktiveer het maar dit steeds nie kry nie, is dit moontlik dat dit saam met u strooipos lê. Om te verseker dat die kennisgewings nie deur u epos-diensverskaffer geblok word nie kan u [email protected] by u "whitelist" voeg.
Indien u kommentaar lewer terwyl u uitgeteken is, of nie 'n profiel het nie, sal antwoorde op u kommentaar na die epos-adres wat verskaf is toe u die kommentaar gelewer het gestuur word. Vir meer inligting oor hoe om kommentaar te lewer sonder om ingeteken te wees, verwys na Kan ek anoniem, of sonder 'n AO3 profiel, kommentaar lewer?
Wat is strooipos kommentaar? Wat kan ek daaromtrent doen?
Verwys asseblief na die afdeling oor strooipos en kommersiële advertensie in ons Diensvoorwaardes vir die definisie van strooipos kommentaar.
Strooipos kommentaar is dikwels anonieme kommentaar eerder as kommentaar wat van 'n Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) gebruiker af kom. Indien u strooipos kommentaar van 'n gas af ontvang kan u dit as strooipos merk. Met die standaard voorkomsvel is daar 'n "Spam" (Strooipos) knoppie regs onder aan elke gas-kommentaar. Deur hierdie knoppie te kies sal die kommentaar van ander gebruikers versteek word, maar steeds bereikbaar wees vir die webtuiste administreerders.
Kommentaar wat as strooipos gemerk is sal steeds tel tot die totale hoeveelheid kommentaar van 'n werk, so u kan hierdie opsie gebruike om strooipos te versteek sonder dat u kommentaar statistieke beïnvloed word. Indien u egter die Misbruik- of Ondersteuningskomitee kontak om die kommentaar te verwyder, sal die kommentaar-syfer verlaag. Vir meer inligting oor statistieke op AO3, verwys na die Statistieke Algemene Vrae.
As 'n alternatief kan u ook die "Delete" (Verwyder) knoppie kies om die kommentaar heeltemal te verwyder, maar dit kan verhoed dat die Misbruik-komitee die kommentaar verder ondersoek.. Vir meer inligting oor die verwydering van kommentaar, verwys na Kan ek kommentaar wat iemand anders op my werk gelewer het redigeer of verwyder?
Daar is geen "Spam" knoppie vir kommentaar wat deur AO3 gebruikers gelewer is nie. Indien 'n AO3 gebruiker u teister of vir u strooipos stuur, verwys na Wat kan ek doen as ek strooipos/teisterende/aanstootlike kommentaar van 'n AO3 gebruiker af ontvang? vir maniere om aksie te neem.
Vir meer ingligting oor strooipos, verwys na die Inhoudsbeleid en Misbruik Prosedures in ons Diensvoorwaardes Algemene Vrae.
Wat kan ek doen as ek strooipos/teistering/aanstootlike kommentaar van 'n AO3 gebruiker af ontvang?
Verwys asseblief na die Diensvoorwaardes vir ons definisie van strooipos en wat as teistering geld.
Indien u kommentaar van 'n Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) gebruiker af ontvang wat volgens u die Diensvoorwaardes oorskry, kontak asseblief die Misbruik-komitee. Vir meer inligting oor hoe die Misbruik-komitee sulke verslaë hanteer, verwys na die Inhoudsbeleid en Misbruikprosedures van ons Diensvoorwaardes Algemene Vrae.
Daar is geen "Spam" (Strooipos) knoppie vir kommentaar wat deur 'n AO3 gebruiker gelewer word nie. Die beste manier om hierdie kommentaar te hanteer is om dit aan te meld by die Misbruik-komitee. Let wel dat indien u die strooipos kommentaar verwyder, dit kan verhoed dat die Misbruik-komitee die probleem ondersoek.
Indien u strooipos kommentaar van 'n gasprofiel ontvang het u egter die opsie om dit as strooipos te merk. Vir meer inligting oor hoe om strooipos vanaf gasprofiele te hanteer, verwys na Wat is strooipos kommentaar? Wat kan ek daaromtrent doen?
Hoe kan ek kommentaar op my werke modereer?
U kan kommentaar-moderering vir 'n werk aktiveer deur die plaas-en-redigeer vorm. Dit is die bladsy wat verskyn wanneer u begin om 'n nuwe werk te plaas of 'n werk te redigeer wat u reeds geplaas het.
Om 'n nuwe werk te plaas met kommentaar-moderering klaar geaktiveer:
Beweeg na die Post New Work (Plaas Nuwe Werk) bladsy (vir volledige instruksies rakende die skepping van 'n nuwe werk, verwys na die Plaas 'n Werk op AO3 handleiding) en blaai na die afdeling genoemd "Privacy" (Privaatheid). Kies die Enable comment moderation (Aktiveer kommentaar-moderering) opsie. Vul die res van die velde soos gewoonlik in en plaas u werk op die Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie).
Om kommentaar moderering vir bestaande werke te aktiveer:
Gaan na die Edit Work (Redigeer Werk) bladsy (vir volledige instruksies oor hoe om 'n werk te redigeer, verwys na Hoe kan ek 'n werk redigeer?) en blaai na die afdeling genoemd "Privacy". Kies die Enable comment moderation opsie en kies dan "Post Without Preview" (Plaas Sonder Voorskou) om u veranderinge toe te pas. Indien u ander veranderinge gemaak het waarvan u eers 'n voorskou wil sien, kies "Preview" (Voorskou) om die veranderinge na te gaan en dan "Update" (Hersien) om dit te plaas.
Sodra kommentaar moderering vir 'n werk aangeskakel is sal nuwe kommentaar wat op 'n werk gelewer is nie aan die publiek verskyn totdat die skepper die kommentaar handmatig nagegaan en goedgekeur het nie. Die uitsondering op hierdie reël is kommentaar wat deur die werk se skeppers gelewer is, wat outomaties goedgekeur word.
Indien u kommentaar kennisgewing eposse geaktiveer is sal u die skakels aan die onderkant van elke epos kan gebruik om toegang tot individuele kommentaar te verkry en sodoende te hersien. Vir meer inligting, verwys na Kan kommentaar na my epos gestuur word? U kan ook alle kommentaar op werke wat u geskep het hersien deur die werk te besoek en die "Unreviewed Comments" (Onhersiende Kommentaar) knoppie te druk.
Om kommentaar moderasie weer af te skakel vir enige van u werke, gaan na die Edit Work bladsy en blaai af na die "Privacy" afdeling. Maak seker die Enable comment moderation opsie is nie gemerk nie. Kliek "Post Without Preview" om u veranderinge te implementeer.
Kan ek kommentaar moderasie aan- of afskakel vir verskeie werke op dieselfde tyd?
Ja! U kan kommentaar moderasie vir verskeie werke aan- of afskakel deur gebruik te maak van die Edit Multiple Works (Redigeer Verskeie Werke) bladsy. Vir inligting oor hoe om toegang tot hierdie bladsy te kry en die instellings om meer as een werk gelyktydig te verander, verwys na Hoe kan ek verskeie werke gelyktydig redigeer? in die Plasing en Redigering Algemene Vrae.
Wat gebeur met kommentaar wanneer ek moderasie afskakel?
Indien u moderasie vir 'n werk afskakel sal enige kommentaar wat van dan af op daardie werk gelewer word outomaties gepubliseer word sonder die opsie om dit te hersien. Indien u moderasie vir 'n werk met onhersiende kommentaar afskakel sal hierdie kommentaar egter versteek bly en u sal dit steeds kan hersien, selfs wanneer moderasie afgeskakel is.
Vir instruksies vir hoe om kommentaar moderasie aan- of af te skakel, verwys na Hoe kan ek kommentaar op my werke modereer?
Wat gebeur met bestaande kommentaar wanneer moderasie aangeskakel word?
Nadat kommentaar moderasie aangeskakel word sal slegs nuwe kommentaar op daarnie werk handmatig hersien en goedgekeur moet word voor dit aan die publiek sal verskyn. Enige bestaande kommentaar wat gelewer is voor moderasie aangeskakel is sal nie geaffekteer word nie.
Vir instruksies vir hoe om kommentaar moderasie aan- of af te skakel, verwys na Hoe kan ek kommentaar op my werke modereer?
Wat is kudos?
Die woord "kudos" is verkry vanaf Antieke Grieks en beteken "glorie" of "bekendheid". Een moderne definisie is "lofprysing gegee vir prestasie".
As 'n funksie op Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) is kudos 'n vinnige, maklike manier om aan 'n skepper te wys dat u van hulle werk hou. Sodra u kudos op 'n werk gelos het sal daar 'n boodskap verskyn wat sê: "Thank you for leaving kudos!" (Dankie dat u kudos gelos het!)
U kan slegs een keer per werk kudos los, selfs al het u verskeie skuilname onder u profiel. (Wat is 'n skuilnaam?) U kan ook nie kudos los op elke hoofstuk van 'n werk nie, maar wel op elke werk in 'n reeks aangesien hulle as aparte werke tel.
Hoekom het ek nie toegang tot al die kudos wat op my werke gelos is nie?
Vir makliker toegang tot die kommentaar afdeling word slegs die 50 mees onlangs ingetekende gebruikers wat kudos gelos het se name vertoon. Om die volledige lys gebruikers wat kudos gelos het uit te brei, kliek op "and # more user(s)" (en # ander gebruiker(s)) aan die einde van die lys. Om die lys weer te verkort, kies "(collapse)" (verkort) aan die einde van die uitgebreide lys.
Ongeregistreerde gebruikers en die wat nie ingeteken is nie kan nie deur die sisteem geidentifiseer word nie en sal as 'n "guest" (gas) verskyn. Hulle kudos word getel onder "as well as # guests left kudos on this work!" (sowel as # gaste het kudos op hierdie werk gelos!)
Kan ek kudos op my werke afskakel?
Ons bied nie tans 'n opsie aan om kudos af te skakel nie. U kan egter kies om nie kennisgewings te ontvang dat iemand kudos op u werk gelos het nie. Vir meer inligting oor die opsies om kudos kennisgewings af te skakel, verwys na Hoe kan ek die manier waarop ek kommentaar kennisgewings ontvang verander?
Indien u verkies om nie kommentaar of kudos van sekere Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) gebruikers of van enige anonieme gebruikers op u werke (of enige plek op AO3!) te sien nie, kan u gebruik maak van tuff_ghost se Personal Hellban script. U kan kies om gaste te blok of u kan 'n lys gebruikers invoeg. Dit sal nie verhoed dat hierdie mense kommentaar lewer of kudos los nie, maar hul kudos en kommentaar sal van u af weg gesteek word.
Let wel dat hierdie 'n nie-amptelike hulpbron is wat deur 'n fan van die AO3 geskep is. Die Ondersteuningskomitee kan dus geen hulp of tegniese ondersteuning bied met die gebruik van hierdie hulpbron nie. Vir meer hulpbronne wat deur fans geskep is en in AO3 gebruik kan word, verwys asb na die Nie-amptelike Blaaier Hulpbronne Algemene Vrae.
Hoe sal ek weet as iemand kudos op een van my werke los?
Kennisgewings vir kudos wat deur beide ingetekende gebruikers en gaste gelos is sal per epos aan die skepper van die werk gestuur word, indien hulle hierdie opsie gekies het in hul voorkeure. Verwys na Hoe kan ek die manier waarop ek kommentaar kennisgewings ontvang verander? vir meer inligting. Ingetekende gebruikers wat kudos los sal deur hul gebruikersname geïdentifiseer word. Ongeregistreerde gebruikers en die wat nie ingeteken is nie kan nie deur die sisteem geïdentifiseer word nie en sal as 'n "guest" (gas) verskyn.
Indien u nie hierdie kennisgewings ontvang nie ten spyte daarvan dat u die opsie gekies het, is dit moontlik dat hulle deur u strooipos filter gevang is. Om seker te maak dat die kennisgewing nie deur u epos-bediener geblok word nie, kan u [email protected] by u "whitelist" voeg.
Kan ek kudos wat ek ontvang of gelos het wegsteek of verwyder?
Kudos kan nie huidiglik verwyder word nie. Dit geld vir beide die gebruiker wat die kudos gelos het en die gebruiker wat dit ontvang het.
Indien u verkies om nie kommentaar of kudos van sekere Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) gebruikers of van enige anonieme gebruikers op u werke (of enige plek op AO3!) te sien nie, kan u gebruik maak van tuff_ghost se Personal Hellban script. U kan kies om gaste te blok of u kan 'n lys gebruikers invoeg. Dit sal nie verhoed dat hierdie mense kommentaar lewer of kudos los nie, maar hul kudos en kommentaar sal van u af weg gesteek word.
Let wel dat hierdie 'n nie-amptelike hulpbron is wat geskep is deur 'n fan van die AO3. Die Ondersteuningskomitee kan dus geen hulp of tegniese ondersteuning bied met die gebruik van hierdie hulpbron nie.
Vir meer hulpbronne wat deur fans geskep is en in AO3 gebruik kan word, verwys asseblief na die Nie-amptelike Blaaier Hulpbronne Algemene Vrae.
Wat gebeur met kudos wat ek gelos het wanneer ek my profiel verwyder?
Nadat u, u profiel verwyder het sal enige kudos wat u met daardie profiel gelos het aan 'n gas toegeken word, eerder as u gebruikersnaam. Hierdie verandering kan 'n rukkie neem om op die Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) te verskyn.
Om uit te vind wat met kommentaar gebeur nadat u profiel verwyder is, verwys na Wat gebeur met kommentaar wat ek gelewer het wanneer ek my profiel verwyder?
Kan ek kudos op elke hoofstuk van 'n werk met verskeie hoofstukke los?
Nee. Wanneer u kudos op 'n spesifieke hoofstuk van 'n werk los sal dit aan die algehele werk toegeken word. Indien u probeer om kudos te los op 'n werk waarop u reeds kudos gelos het, sal die sisteem u inlig met die boodskap: "You have already left kudos here. :)" (U het reeds hier kudos gelos. :))
U kan egter kudos aan elke individuele werk in 'n reeks gee aangesien hulle as aparte werke gesien word.
Waar kan ek meer inligting kry as my vraag nie hier beantwoord is nie?
Sommige vrae wat gereeld gevra word oor die Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) word in ander afdelings van die AO3 Algemene Vrae beantwoord en sommige algemene terme is gedefinieer in ons Woordelys. Vrae en antwoorde oor ons Diensvoorwaardes kan gevind word in die Diensvoorwaardes Algemene Vrae. U mag dalk ook belangstel in ons Bekende Probleme. Indien u meer hulp nodig het, dien gerus 'n ondersteuningsversoek in.
