Archive FAQ > Die Aflaai van Fanwerke

Kan ek werke van die AO3 aflaai sodat ek toegang kan behou vir later?

Ja, die Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) laat u toe om werke af te laai in vyf formate wat u op u rekenaar en mobiele toestelle kan oopmaak. Sien In watter formate kan ek fanwerke aflaai? vir meer inligting.

'n Afgelaaide werk bevat alle beskikbare hoofstukke soos op die tyd wat u dit afgelaai het. U kan nie individuele of spesifieke hoofstukke van 'n werk aflaai nie, en sal 'n onvoltooide werk moet heraflaai om bywerkings tot die werk te ontvang. Wanneer u 'n werk heraflaai mag dit nodig wees om ouer weergawes van die werk uit te vee sodat die nuutste weergawe alle bywerkings bevat sedert die vorige keer wat u die werk afgelaai het.

Afgelaaide werke kan teks en prentjies bevat, met sommige beperkinge. Ingebedde videos en klankopnames sal nie in enige formaat afgelaai word nie. Enige werksvel wat verander hoe 'n werk op die AO3 vertoon sal van die afgelaaide werk verwyder word. Sien Sal beelde/klankopnames/videos ingesluit wees by afgelaaide werke? en Kan 'n werksvel die voorkoms van 'n afgelaaide werk verander? vir meer inligting.

In watter formaat kan ek werke aflaai?

Ons bied die aflaai van werke in AZW3, EPUB, MOBI, PDF en HTML aan. AZW3, EPUB, HTML en PDF is versoenbaar met Amazon se Kindle toestelle en toepassings. Sedert Augustus 2022 word die MOBI formaat nie meer deur Amazon ondersteun nie. EPUB en PDF is versoenbaar met meeste nie-Kindle e-lees toestelle en toepassings. MOBI is versoenbaar met sommige nie-Kindle e-lees toepassings. PDF en HTML formate kan sonder 'n internet konneksie in webblaaiers op rekenaars en mobiele toestel gelees word. Die PDF formaat kan ook oopgemaak word in leêr-lees toepassings. AZW3, EPUB, PDF en HTML is beter keuses vir werke in tale soos Hebreeus en Arabies wat van regs na links gelees word.

Vir meer inligting oor watter nie-teks inhoud in afgelaaide werke ingesluit word, sien Sal beelde/klankopnames/videos ingesluit wees by afgelaaide werke?

Sal beelde/klankopnames/videos ingesluit wees by afgelaaide werke?

Beelde sal afgelaai word as die aflaaiformaat AZW3, EPUB, HTML, MOBI of PDF is. Partykeer sal beelde wat baie groot is egter nie afgelaai word nie, en sal dit dus nie in 'n afgelaaide werk vertoon nie.

Enige werksvel wat verander hoe 'n prentjie op die AO3 vertoon sal van die beeld verwyder word. Sien Kan 'n werksvel die voorkoms van 'n afgelaaide werk verander? vir meer inligting.

Ingebedde klankopnames en videos sal nie in afgelaaide werke behou word nie. Werke met ingebedde video mag dalk (of dalk nie) 'n beeld van die video in die afgelaaide leêr stoor in plek van die oorspronklike video. As die werk wat u afgelaai het ingebedde leêrs vermis, sal u die oorspronklike werk op die AO3 moet besoek om toegang daartoe te kry. Vir makliker toegang sluit alle afgelaaide werke 'n skakel na die oorspronklike werk op die AO3 in. U sal dit aan die begin en einde van die dokument vind.

Hoekom verskil my afgelaaide leêr se naam van die werk se naam op die AO3?

As gevolg van tegniese beperkinge is daar drie redes waarom 'n afgelaaide leêr se naam mag verskil van die werk se naam op Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie).

  1. Lang werk titels mag verkort word in die afgelaaide leêr se naam.
  2. Werke met HTML karakters in die titel wat enkodeer moet word sal nie daardie karakters in die dokument se naam insluit nie. Dit sluit diakritiese tekens in. "Before & After" sal byvoorbeeld "Before After.pdf" word, terwyl "l'épée" sal verander na "lepee.pdf".
  3. Afgelaaide dokumente met name in nie-Latynse alfabette (soos Japannees en Hebreeus) word outomaties translitereer. Die transliterasie mag dalk verkeerd wees.

Dit beïnvloed nie die inhoud van die leêr self nie, en die titel sal in die afgelaaide werk steeds korrek vertoon word.

Hoe kan ek werke na my rekenaar of mobiele toestel aflaai?

Om 'n werk van Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) af te laai:

  1. Kies die "Download" (Aflaai)-knoppie naby aan die bokant van die werk se bladsy.
  2. 'n Keuse van vyf formate word aangebied. Kies 'n formaat deur die gepaste knoppie te selekteer: AZW3, EPUB, MOBI, PDF of HTML. Hierdie knoppies vertoon direk onder die "Download"-knoppie op 'n rekenaar, en word bo die "Download"-knoppie naby aan die bokant van die skerm vertoon op 'n mobiele toestel.
  3. Indien u gevra word, bevestig die aflaaiproses en waar u die dokument wil stoor. U mag gevra word om 'n toepassing te kies waarmee u die afgelaaide leêr wil oopmaak.
    • Indien u mobiele toestel nie dokumente kan aflaai nie, mag dit dalk nodig wees om dit eers op u rekenaar af te laai, en van daar af na u mobiele toestel oor te skuif. Verwys asseblief na u toestel se hulpdokumente vir instruksies rakende die bogenoemde proses.

Aangesien daar nie 'n manier is om individuele hoofstukke af te laai nie, sal alle beskikbare hoofstukke van 'n werk afgelaai word, selfs al besigtig u die werk hoofstuk vir hoofstuk. Elke keer wat 'n onvoltooide werk opgedateer word sal u dus die volle werk weer moet aflaai om bywerkings te ontvang. Wanneer u 'n werk heraflaai, sal dit dalk nodig wees om ouer weergawes van die werk uit te vee om te verseker dat alle bywerkings ingesluit is. Meeste mobiele toestelle of toepassings ondersteun ten minste een van die aflaai formate wat ons aanbied. Sien In watter formaat kan ek werke aflaai? vir meer inligting oor hierdie formate.

Teks inhoud sal altyd in 'n afgelaaide werk ingesluit word. Vir inligting oor ander soorte inhoud, verwys asseblief na Sal beelde/klankopnames/videos ingesluit wees by afgelaaide werke? en Kan 'n werksvel die voorkoms van 'n afgelaaide werk verander?

Ons kan nie ondersteuning bied vir elke toestel nie, maar dien gerus 'n Ondersteuningsversoek in as u vrae of terugvoer het oor die gebruik van afgelaaide werke op verskillende toestelle. Ons sal ons bes doen om te help! Sien Hoe kan ek werke aflaai en toegang verkry op my iOS toestel? of Hoe kan ek werke aflaai en toegang verkry op my Kindle of Kindle toepassing? vir meer inligting oor daardie spesifieke toepassings of toestelle.

Hoe kan ek werke aflaai en toegang verkry op my iOS toestel?

Die aflaai proses vir iOS toestelle, soos die iPad, iPod Touch of iPhone, is soortgelyk aan die proses vir meeste ander mobiele toestelle. Sien Hoe kan ek werke na my rekenaar of mobiele toestel aflaai? vir meer inligting.

As u egter vind dat u nie 'n werk direk kan aflaai nie, kan u dit op u rekenaar aflaai en stuur na u iPad, iPhone of ander iOS toestel deur die gebruik van 'n leêrbestuur toepassing. Verwys asseblief na u toestel se hulpleêrs vir spesifieke instruksies oor hoe om dit te doen.

Neem kennis dat Amazon die oordra van AZW3 leêrs deur "Send to Kindle" verhoed. As u die Kindle toepassing vir iOS gebruik, moet u 'n ander formaat kies of 'n nie-Kindle toepassing gebruik om AZW3 leêrs oop te maak.

Hoe kan ek werke aflaai en toegang verkry op my Kindle of Kindle toepassing?

Kindle toestelle en die Kindle toepassing is versoenbaar met AZW3, EPUB, HTML en PDF formate.

U kan HTML en PDF leêrs aflaai en na u Kindle biblioteek stuur om oop te maak op u Kindle toestel of Kindle toepassing deur u "Send to Kindle" e-posadres of die "Send to Kindle" toepassing op u rekenaar of mobiele toestel te gebruik. Maak gebruik van u "Send to Kindle" e-posadres om EPUB leêrs oor te dra. Die formaat sal in die toekoms ook deur die Kindel rekenaar- en moebiele toepassings ondersteun word. Sedert Augustus 2022 word die MOBI formaat nie meer deur Amazon ondersteun nie. Ouer MOBI leêrs wat reeds op u Kindle of Kindle toepassing gelaai is, sal egter nogsteeds werk.

U kan AZW3, EPUB, HTML en PDF leêrs op u rekenaar aflaai en direk oordra na u Kindle toestel. Om dit te doen moet u u Kindle toestel se dokument leêrgids oopmaak terwyl dit met 'n USB kabel aan 'n rekenaar gekoppel is, en dan die afgelaaide leêr na die leêrgids toe kopieër. U kan op dieselfde manier 'n leêr oordra na die Kindle toepassing op u Android toestel, maar daar is geen manier om op iOS 'n AZW3 leêr na die Kindle toepassing oor te dra nie. U sal 'n ander formaat moet kies, of 'n nie-Kindle toepassing moet gebruik, om AZW3 leêrs oop te maak.

Vir meer inligting oor hoe om leêrs na u Kindle toestelle of Kindle toepassings te stuur, raadpleeg Stuur per e-pos na Kindle toe en Leer om dokumente na u Kindle biblioteek te stuur op Amazon se webtuiste.

Kan ek werke vanaf AO3 aflaai met behulp van eksterne dienste of skripsies?

Ja. As 'n diens of skripsie egter nie koekies of sessie inteken-besonderhede ondersteun nie, sal pogings om werke af te laai wat beperk is tot Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) gebruikers, sowel as werke met volwasse inhoud waarskuwings, vir u lei na die inteken bladsy of volwasse inhoud waarskuwing in plaas van die werk. Om werke wat beperkings het of wat volwasse inhoud bevat te stoor sodat u op 'n later stadium toegang daartoe kan kry, mag dit nodig wees om die werke direk vanaf die AO3 af te laai. Sien Hoe kan ek werke na my rekenaar of mobiele toestel aflaai?, Watter hulpmiddels sal my help om toegang tot werke te verkry en om werke af te laai? en Watter hulpmiddels sal dit makliker maak om AO3 werke op ander webtuistes te deel? vir meer inligting.

Kan 'n werksvel die voorkoms van 'n afgelaaide werk verander?

Nee. Hoewel u die voorkoms van die Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) vir uself kan verander deur 'n voorkomsvel toe te pas, of 'n skepper die voorkoms van een van hul werke met 'n werksvel vir almal op die AO3 kan verander, is hierdie opsies nie vir afgelaaide werke beskikbaar nie. Afgelaaide werke bevat minimale formattering vir beter versoenbaarheid aangesien verskillende toestelle, toepassings en e-leser formate op verskillende maniere styl hanteer. Deur voorkomsvelle te verwyder en minimale formattering toe te pas in afgelaaide leêrs, verseker ons dat ons leêrs met soveel as moontlik toestelle en toepassings versoenbaar is.

Vir meer inligting oor voorkoms- en werksvelle verwys na die Algemene Vrae oor Voorkomsvelle en die AO3 Koppelvlak.

Kan ek keer dat my werke afgelaai word?

Nee. Een van die redes hoekom ons 'n aflaai opsie op die Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) verskaf is toeganklikheid. Die vermoê om werke af te laai gee gebruikers meer beheer oor wanneer, waar en hoe hulle toegang tot werke kan kry.

Gebruikers met sigprobleme of disleksie, of wie skeelhoofpyne kry, kan byvoorbeeld u werk aflaai en dit dan oopmaak in 'n toepassing wat aanpasbare teksvertoning, teks-na-spraak of lae-lig opsies bied. Afgelaaide werke wat op liggewig toestelle gebruik word akkomodeer gebruikers met handswakheid, -pyn of -beserings. Die vermoê om werke af te laai maak werke ook beskikbaar aan gebruikers met beperkte internet toegang.

Hierdie opsies is beskikbaar vir alle werke om te verseker dat die AO3 so toeganklik as moontlik bly.

Alhoewel u nie kan keer dat gebruikers u werke aflaai nie, kan u probeer om te beperk wie toegang daartoe het. Vir inligting oor hoe om toegang tot u werke te beperk, verwys na Hoe beheer ek wie toegang tot my werke het? en Hoe steek ek my werke van nie-AO3 gebruikers weg?

Waar kan ek meer inligting kry indien my vraag nie hier beantwoord is nie?

Sommige vrae wat gereeld gevra word oor die Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) word in ander afdelings van die AO3 Algemene Vrae beantwoord en sommige algemene terme is gedefinieer in ons Woordelys. Vrae en antwoorde oor ons diensvoorwaardes kan gevind word in die Diensvoorwaardes Algemene Vrae. U mag dalk ook belangstel in ons Bekende Probleme. Indien u meer hulp nodig het, dien gerus 'n Ondersteuningsversoek in.