Archive FAQ > Oneiening

Wat is oneiening?

Oneiening is ’n alternatief tot die uitvee van ’n werk wat u nie meer met u rekening verbind wil hê nie.

Oneiening sal permanent u identifiserende data verwyder van die gekose werk(e).

Data word verwyder van die werk(e) self, asook hul hoofstukke, geassosieerde reekse, en enige antwoorde op terugvoer wat u op die werk(e) gelos het. Dit word oorgedra na die orphan_account rekening wat spesifiek hiervoor gestig is deur die Archive of Our Own - AO3 (Argief van Ons Eie). Neem asseblief kennis dat dit permanent en onomkeerbaar is—u gee beheer oor die werk oor, insluitende die vermoë om die werk te redigeer of uit te vee en u kan ook nie die werk weer terugeis nie.

Oneiening is ’n manier om sommige of al u werke van u rekening profiel te verwyder sonder om dit van die fandom weg te neem. Ons hoop u gebruik die orphan_account rekening om toe te laat dat u werk by die AO3 bly selfs al wil u nie meer daarmee geassosieer word of dit met u rekening verbind hê nie. Weeswerke sal deur AO3 onderhou word sodat toekomstige fans dit kan geniet; bestaande boekmerke en skakels sal nie gebreek word nie.

Vir meer inligting oor die uitvee van u werk, besoek Hoe vee ek ’n werk uit?

Of vir inligting oor die redigering van u reeks, besoek Hoe redigeer ek ’n reeks?

Watter inligting word verwyder wanneer ’n werk oneien word?

  • U gebruikersnaam en/of skuilnaam word verwyder van die subopskrif van die werk en al die hoofstukke.
  • U gebruikersnaam en/of skuilnaam word verwyder van al die kommentaar wat u oor die werk gelewer het.

Hoe oneien ek my werk(e)?

Voordat u besluit om u werk(e) te oneien, maak asselief seker dat u bewus is van die gevolge daarvan. Verwys na Wat is oneiening? vir meer inligting.

U kan:

  • ’n Enkele werk oneien deur die "Orphan Work" (Oneien Werk) knoppie op die Edit (redigeer) bladsy van die werk te gebruik. Vir meer inligting, besoek Hoe redigeer ek ’n werk?
  • Alle werke in ’n reeks oneien vanaf die Series (Reeks) indeks blad of die Edit Series (Redigeer Reeks) blad deur die "Orphan Series" (Oneien Reeks) knoppie te gebruik. Vir meer inligting, verwys na Reeks FAQ.
  • Al u werke oneien deur die "Orphan My Works" (Oneien My Werke) knoppie op die Preferences (Voorkeure) bladsy op u Dashboard (Paneelbord) te gebruik. Vir meer inligting verwys na die Paneelbord FAQ.
  • Al die werke wat onder ’n spesifieke skuilnaam geplaas is oneien deur die "Orphan Works" (Oneien Werk) knoppie op die Pseuds (Skuilname) bladsy van u Paneelbord te gebruik. Vir meer inligting, verwys na die Skuilname FAQ.

Nadat u die werk(e) gekies het wat u wil oneien, het u twee opsies:

"Take my pseud off as well" (Verwyder my skuilnaam ook)
Die werk word oorgedra na die orphan_account rekening, wat onderhou word deur die Argief Van Ons Eie – AO3 en die standaard orphan_account skuilnaam. Die subopskrif van die werk sal "orphan_account" wees.
"Leave a copy of my pseud on" (Los ’n kopie van my skuilnaam aan)"
Die werk sal oorgedra word na die orphan_account rekening, wat onderhou word deur AO3, maar ’n nuwe skuilnaam sal geskep word met dieselfde naam as wat u gebruik het om die werk te skep. Indien u slegs die oorspronklike standaard skuilnaam gebruik, sal die skuilnaam wat geskep is by u naam pas. Byvoorbeeld: as u die werk geskep het onder die skuilnaam of gebruikersnaam “awesomefangirl”, sal die subopskrif “awesomefangirl (orphan_account)" wees nadat u dit oneien het. Selfs al skakel die skuilnaam nie meer terug na u AO3 rekening nie, kan ’n gebruiker u steeds as die skepper identifiseer as u ’n kenmerkende skuilnaam het.

Vir meer inligting oor skuilname, besoek die Skuilname FAQ.

Hoe oneien ek ’n werk waarvan ek ’n medeskrywer/mede-skepper is?

Voordat u besluit om u werk(e) te oneien, maak asselief seker dat u bewus is van die gevolge daarvan. Verwys na Wat is oneiening? vir meer inligting.

U kan uself as ’n skepper verwyder of die werk oneien om u rekening se assosiasie daarmee te verwyder. Watter opsie u ookal kies, u mede-skepper sal nie geaffekteer word nie en sal die mede-skepper bly.

Vir meer inligting, besoek Hoe oneien ek my werke?

Hoe kan ek my werk(e) terugeis as ek van plan verander nadat ek my werk oneien het?

U kan nie—oneiening is permanent en onomkeerbaar. Daar is geen manier om die werk weer aan u rekening te verbind nie, en ons kan dit nie vir u doen nie. ’n Weeswerk bly in die Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) en is verbind aan die orphan_account rekening en kan nie uitgevee of geredigeer word nie.

Waar kan ek meer inligting kry as my vraag nie hier beantwoord is nie?

Sommige vrae wat gereeld gevra word oor die Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) word in ander afdelings van die AO3 Algemene vrae beantwoord en sommige algemene terme is gedefinieer in ons Woordelys. Vrae en antwoorde oor ons diensvoorwaardes kan gevind word in die Diensvoorwaardes Algemene Vrae. U mag dalk ook belangstel in ons Bekende Probleme. Indien u meer hulp nodig het, dien gerus ’n ondersteuningsversoek in.