Waar kan ek my Voorkeure stel?
Wanneer u ingeteken is, kies "My Preferences" (My Voorkeure) vanuit die "Hi (Hallo), gebruikersnaam!"-kieslys. U kan ook toegang daartoe verkry vanaf u Dashboard (Paneelbord) as u "Preferences" (Voorkeure) op die navigasie kantpaneel kies (gevind bo-aan die bladsy as u 'n mobiele toestel gebruik).
Hoe verander ek die persoonlike inligting wat op my profiel gelys word?
U sal die privaatheidsopsies in die Privacy (Privaatheid)-afdeling van u Preferences (Voorkeure)-bladsy vind.
Show my email address to other people – Wys my e-posadres vir ander mense
Wanneer hierdie opsie geaktiveer is, sal die e-posadres wat met u rekening gekoppel is op u gebruikersbladsy gelys word waar almal dit sal kan sien. Let wel, dit beteken dat die informasie beskikbaar is tot die publiek en dat mens nie ingeteken hoef te wees om toegang daartoe te kry nie.
Om hierdie opsie te aktiveer, merk die blokkie langs die teks en kies die "Update" (Dateer op)-knoppie aan die onderkant van die bladsy. Om dit te deaktiveer, ontmerk die merkblokkie en kies die "Update"-knoppie.
Neem in ag dat dit u e-posadres sigbaar mag maak vir spammers en bots.
Show my date of birth to other people – Wys my geboortdatum vir ander mense
Wanneer hierdie opsie geaktiveer is, sal die geboortedatum wat met u rekening gekoppel is op u gebruikersprofiel verskyn. Die informasie sal beskikbaar wees aan enigiemand wat u profiel besoek en mens hoef nie ingeteken te wees om toegang daartoe te kry nie.
Om hierdie opsie te aktiveer, merk die blokkie langs die teks en kies die "Update" (Dateer op)-knoppie aan die onderkant van die bladsy. Om dit te deaktiveer, ontmerk die merkblokkie en kies die "Update"-knoppie.
Hoe kan ek my werke van nie-AO3 gebruikers af wegsteek?
Verwys asseblief na Hoe beheer ek wie toegang tot my werke het? vir meer inligting oor hoe om toegang na u werke te beperk tot mense met 'n Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) rekening.
Hide my work from search engines when possible – Wanneer moontlik, steek my werk van soekenjins af weg
Wanneer hierdie opsie geaktiveer is, sal soekenjins gevra word om nie u gebruikersbladsy of werke te indekseer nie. Neem kennis dat nie alle soekenjins hierdie instelling respekteer nie, so dit is onmoontlik om te waarborg dat hulle dit nie sal indekseer nie. Bladsye wat u werke lys—byvoorbeeld, die hoof werke bladsy—mag ook steeds indekseer word.
Om hierdie opsie te aktiveer, merk die merkblokkie langsaan die teks en kies die "Update" (Dateer op)-knoppie aan die onderkant van die bladsy. Om dit te deaktiveer, ontmerk die merkblokkie en kies dan die "Update"-knoppie.
As u heeltemal wil vermy dat u werk geindekseer word beveel ons aan dat u toegang tot u werk beperk tot slegs AO3 gebruikers.
Hide the share buttons on my work – Steek die "deel"-knoppies op my werk weg
Deur hierdie opsie te aktiveer sal die "Share" (Deel)-knoppie weggesteek word. Die knoppie bied vir ander gebruikers 'n vinnige manier aan om besonderhede oor u werke op eksterne webtuistes soos Twitter of Tumblr te deel.
Om die "Share"-knoppie te deaktiveer op werke met meer as een skrywer moet alle skrywers hierdie instelling kies.
Om hierdie opsie te aktiveer, merk die merkblokkie langsaan die teks, en kies dan die "Update"-knoppie onderaan die bladsy. Om dit te deaktiveer, ontmerk die blokkie en kies dan die "Update"-knoppie.
Let wel dat sodra u 'n werk aanlyn plaas sal mense na u werk kan skakel vanaf ander webtuistes af. As u toegang tot u werk wil beperk, is u beste opsie om toegang tot u werk uitsluitlik tot AO3 gebruikers te beperk.
Ek moet my ouderdom bevestig elke keer wat ek toegang tot volwasse inhoud wil verkry. Hoe skakel ek die bevestiging af?
U sal die opsie "Show me adult content without checking" (Vat my na volwasse inhoud toe sonder om eers seker te maak) in die Display (Vertoon)-afdeling van u Preferences (Voorkeure)-bladsy vind.
Wanneer hierdie opsie geaktiveer is, sal u nie gevra word om te bevestig dat u toegang wil hê tot werke wat as Mature (Volwasse), Explicit (Eksplisiet) of Not Rated (Nie Gegradeer) gemerk is nie.
Om hierdie opsie te aktiveer, merk die merkblokkie langsaan die teks, en kies die "Update" (Dateer op)-knoppie aan die onderkant van die bladsy. Om dit te deaktiveer, ontmerk die merkblokkie en kies die "Update"-knoppie
Vir meer inligting, besoek asseblief die Ouderdomsbeleid gedeelte van die Diensvoorwaardes Algemene Vrae.
Hoe laai ek volle werke in plaas daarvan om dit hoofstuk vir hoofstuk te verky?
U sal die opsie "Show the whole work by default" (Wys by verstek die hele werk) in die Display (Vertoon)-afdeling van u Preferences (Voorkeure)-bladsy vind.
Wanneer hierdie opsie geaktiveer is sal werke met meer as een hoofstuk as 'n enkele bladsy gelaai word. As u wil, kan u op individuele werke die "View chapter by chapter" (Laai hoofstuk vir hoofstuk)-opsie kies.
Om hierdie opsie te aktiveer, merk die merkblokkie langsaan die teks, en kies dan die "Update"-knoppie aan die onderkant van die bladsy. Om dit te deaktiveer, ontmerk die merkblokkie en kies dan die "Update"-knoppie.
Hoe kan ek verander hoe werke en etikette vertoon word?
U sal die volgende opsies in die Display (Vertoon)-afdeling van u Preferences (Voorkeure)-bladsy vind.
Hide warnings (you can still choose to show them) – Steek waarskuwings weg (u kan steeds kies om hulle te vertoon)
Wanneer hierdie opsie geaktiveer is sal Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) se waarskuwingsetikette by verstek weggesteek word. U kan "Show Warnings" (Wys Waarskuwings) kies om waarskuwings vir enige individuele werk te vertoon.
Om hierdie opsie te aktiveer, merk die merkblokkie langsaan die teks, en kies die "Update" (Dateer op)-knoppie onderaan die bladsy. Om dit te deaktiveer, ontmerk die merkblokkie en kies die "Update" knoppie.
Hide additional tags (you can still choose to show them) – Steek addisionele etikette weg (u kan steeds kies om hulle te vertoon)
Wanneer hierdie opsie geaktiveer is, sal addisionele etikette by verstek weggesteek word. U kan "Show Additional Tags" (Wys Addisionele Etikette) kies om die etikette vir enige individuele werk te vertoon.
Om hierdie opsie te aktiveer, merk die merkblokkie langsaan die teks, en kies die "Update"-knoppie aan die onderkant van die bladsy. Om dit te deaktiveer, ontmerk die merkblokkie en kies dan die "Update"-knoppie.
Vir meer inligting oor addisionele etikette, besoek asseblief Wat is die verskillende soorte etikette?
Hide Work Skins (you can still choose to show them) – Steek Werksvelle Weg (u kan steeds kies om hulle te vertoon)
Wanneer hierdie opsie geaktiveer is, sal die pasgemaakte voorkomsvel wat 'n ander gebruiker vir hulle werk gekies het nie vertoon word nie. U standaard voorkomsvel sal in plaas daarvan toegepas word.
U kan die "Show Creator's Style" (Wys Skepper se Styl)-knoppie kies om hierdie opsie te ignoreer op 'n individuele werk.
Om hierdie opsie te aktiveer, merk die merkblokkie langsaan die teks, en kies die "Update" (Dateer op)-knoppie aan die onderkant van die bladsy. Om dit te deaktiveer, ontmerk die merkblokkie en kies dan die "Update"-knoppie.
Vir meer inligting oor voorkomsvelle, besoek die Voorkomsvelle en AO3 Koppelvlak Algemene Vrae.
Hoe kan ek die inligting in die webtuiste se titelbalk verander?
U sal die "Browser page title format" (Webblaaier bladsy titel formaat)-opsie onderaan die Display (Vertoon)-afdeling van u Preferences (Voorkeure)-bladsy vind.
Hier kan u verander hoe die inligting vertoon in 'n werk se webblaaier titel. Daar is drie vasgestelde veranderlikes; u kan enige of almal van hulle gebruik in enige volgorde wat vir u die beste werk. Let wel dat die naam van die webtuiste altyd aan die einde sal verskyn as "[Archive of Our Own]".
Die veranderlikes is (alles in hoofletters):
- TITLE (Titel)
- Die titel van die werk
- AUTHOR (Skrywer)
- Die skuilnaam (en gebruikersnaam) van die skepper van die werk
- FANDOM
- Die naam van die fandom waaraan die werk behoort. As meer as een fandom gelys is mag dit "Multifandom" lees.
Werk titel formaat kan slegs letters, syfers, spasies en sommige beperkte leestekens (komma, punt, aandagstreep, onderstreep) bevat. Sommige voorbeelde:
TITEL - SKRYWER - FANDOM
Dit is die verstek formaat.
TITEL - SKRYWER
Sluit nie die fandom in nie.
FANDOM_SKRYWER_TITEL
Begin met die fandom, dan die skrywer, dan die titel, met onderstrepe tussen in.
Hoe stel ek die webwerf na my eie tydsone?
Op die Display (Vertoon)-afdeling van u Preferences (Voorkeure)-bladsy is daar 'n kieslys langs die "Your time zone" (U tydsone)-etiket waar u u eie tydsone kan kies.
As u 'n tydsone kies laat dit die webwerf toe om gelokaliseerde inligting oor die tyd en datum te vertoon.
Die standaard tydsone is GMT -05:00 (Oostelike Tyd VS & Kanada).
Hoe verander ek die manier waarop ek kennisgewings oor kommentaar ontvang?
Die volgende keuses kan gevind word in die Comment (Kommentaar)-afdeling van u Preferences (Voorkeure)-bladsy.
- Turn off emails about comments (Skakel e-posse oor kommentaar af)
- Aktiveer hierdie keuse as u nie e-poskennisgewings will ontvang wanneer iemand kommentaar op u werk lewer nie (of wanneer mense antwoord op kommentaar wat u gelewer het). Hierdie kennisgewings sal steeds in u Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie)-posbus verskyn, behalwe as u gekies het om hulle af te skakel.
- Turn off messages to your inbox about comments (Skakel boodskappe oor kommentaar af wat na u posbus toe gaan)
- Skakel hierdie opsie aan as u nie kennisgewings in u AO3-posbus wil ontvang nie (slegs wanneer iemand kommentaar op u werk lewer of antwoorde los op u kommentaar). Kommentaar kennisgewing e-posse sal steeds na u gestuur word tensy u kies om dit af te skakel.
- Turn off copies of your own comments (Skakel kopieë van u eie kommentaar af)
- Skakel hierdie opsie aan as u nie e-posse wil ontvang oor u eie kommentaar nie (byvoorbeeld, as u antwoord op kommentaar op u eie werke).
- Hierdie opsie is by verstek aangeskakel.
- Turn off emails about kudos (Skakel e-posse oor kudos af)
- Skakel hierdie opsie aan as u nie e-poskennisgewings wil ontvang wanneer iemand kudos op u werk laat nie.
Die volgende opsies kan gevind word in die Collections, Challenges and Gifts (Versamelings, Uitdagings en Geskenke)-afdeling van u Preferences (Voorkeure)-bladsy.
- Turn off emails from collections (Skakel e-posse vanaf versamelings af)
- Skakel hierdie opsie aan as u nie e-poskennisgewings oor versamelings wil ontvang nie (bv. kennisgewings wanneer versteekte werke geopenbaar word). U AO3 posbus sal seeds kennisgewings ontvang tensy u gekies het om hulle af te skakel.
- Turn off inbox messages from collections (Skakel posbus boodskappe vanaf versamelings af)
- Skakel hierdie opsie aan as u nie kennisgewings vanaf versamelings in u AO3 posbus wil ontvang nie (bv. wanneer versteekte werke geopenbaar word). U sal nogsteeds versameling kennisgewing e-posse ontvang tensy u gekies het om dit af te skakel.
- Turn off emails about gift works (Skakel e-posse oor geskenk werke af)
- Skakel hierdie opsie aan as u nie e-poskennisgewings wil ontvang wanneer iemand vir u 'n werk skenk nie. Kennisgewings sal steeds vertoon word op u Gifts (Geskenke)-bladsy.
Om enige van hierdie opsies aan te skakel, merk die merkblokkie langsaan die teks en kies dan die "Update" (Dateer op)-knoppie onder aan die bladsy. Om dit af te skakel, ontmerk die blokkie en kies die "Update" knoppie.
Hoe gee ek toestemming dat ander mense my as 'n medeskepper van 'n werk of reeks kan benoem?
As u wil toelaat dat ander gebruikers u as 'n medeskepper van 'n nuwe werk of reeks mag benoem, sal u u instellings moet verander. Om ander gebruikers toe te laat om u as medeskepper by te voeg, volg die volgende stappe:
- Wanneer u ingeteken is, kies "My Preferences" (My Voorkeure) vanuit die "Hi (Hallo), Gebruikersnaam!" kieslys bo-aan die bladsy. As u op u Dashboard (Paneelbord) is, kan u ook "Preferences" in die navigasie kantpaneel kies (bo-aan die bladsy as u 'n mobiele toestel gebruik).
- Gaan na die Privacy (Privaatheid)-afdeling.
- Merk die blokkie langsaan "Allow others to invite me to be a co-creator" (Laat ander toe om my as medeskepper te nooi).
- Kies die "Update" (Dateer op)-knoppie onderaan die bladsy. Nadat u voorkeure opgedateer is sal u na u Paneelbord gestuur word.
Wanneer hierdie voorkeur geaktiveer is, sal u 'n e-poskennisgewing ontvang wanneer iemand u as medeskepper van 'n nuwe werk of reeks nooi. U kan ook alle medeskepper uitnodigings op u Paneelbord onder "Creator Invitations" (Skepper Uitnodigings) vind.
As u nie meer wil hê dat gebruikers u as medeskepper mag benoem nie, volg die stappe hierbo en ontmerk die blokkie langs "Allow others to invite me to be a co-creator" en kies dan die "Update"-knoppie. As hierdie opsie afgeskakel is sal u by verstek nie as medeskepper van enige nuwe werk of hoofstuk gelys word nie, en u sal nie in kennis gestel word van die uitnodiging nie. Dit verwyder u nie van enige werke waar u klaar as 'n medeskepper gelys is nie en beïnvloed nie enige ander medeskeppers nie. Nuwe hoofstukke wat deur u medeskepper(s) by bestaande gedeelde werke gevoeg word sal u steeds erken en u of u medeskeppers sal steeds gedeelde werke by reekse kan voeg.
Hierdie instelling sal nie voorkom dat Open Doors (Oop Deure) argivarisse u rekening as 'n skepper kan benoem wanneer hulle argiewe invoer nie. U sal steeds 'n e-poskennisgewing ontvang as u op hierdie manier by 'n werk gevoeg word.
As u 'n medeskepper wil erken wat nie hierdie voorkeur aangeskakel het nie, en met wie u nie in verbinding kan tree nie, kan u die Notes (Notas)-veld gebruik as u wil. Sien Hoe voeg ek 'n skakel by deur gebruik te maak van HTML-markeertaal? as u 'n skakel na hulle Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie)-bladsy wil verskaf wanneer u hulle erken.
Hoe kan ek ander gebruikers toelaat om my werke by versamelings te voeg sonder om dit elke keer eers te bevestig?
Wanneer 'n ander gebruiker vra om u werk by 'n versameling te voeg, sal u by verstek gevra word om daardie versoek goed te keur of af te keur. As u verkies dat mense outomaties u werke by versamelings mag voeg sonder om eers vir u goedkeuring te vra, merk die merkblokkie langsaan "Automatically agree to your work being collected by others in the Archive" (Stem outomaties in dat u werk versamel mag word deur ander gebruikers in die argief) in die Collections, Challenges and Gifts (Versamelings, Uitdagings en Geskenke)-afdeling van u Preferences (Voorkeure)-bladsy en kies dan die "Update" (Dateer op)-knoppie onderaan die bladsy. Om dit af te skakel, ontmerk die merkblokkie en kies die "Update" knoppie.
Neem kennis: Hierdie funksie word nog ontwikkel—gebruikers kan tans boekmerke by versamelings voeg, maar nie werke self nie. Verwys asseblief na Wie kan werke by 'n versameling voeg? in die Algemene Vrae oor Versamelings vir meer inligting.
Hoe kan ek my Geskiedenis af- en aanskakel?
Die geskiedenis is by verstek aangeskakel. Dit kan afgeskakel word in die Miscellaneous (Allerlei)-afdeling van u Preferences (Voorkeure)-bladsy deur die merkblokkie langsaan dit te ontmerk en die "Update" (Dateer op)-knoppie onderaan die bladsy te kies.
U History (Geskiedenis) hou rekord van elke werk wat u oopmaak op die Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) terwyl u ingeteken is. U kan individuele werke in u Geskiedenis uitvee of die hele Geskiedenis leeg maak. As u hierdie opsie aanskakel en daarna afkakel, sal alle werke wat oopgemaak is terwyl die opsie aangeskakel was steeds gestoor wees (maar u sal die Geskiedenis weer moet aanskakel om hulle te kry).
Neem asseblief in ag dat die Mark for Later (Merk vir Later)-funksie ook afgeskakel word as u Geskiedenis afgeskakel is.
Vir meer inligting besoek die Geskiedenis en Merk vir Later Algemene Vrae.
Hoe kan ek die baniere aan die bokant van elke bladsy aan- of afskakel?
Daar is twee soorte baniere: die "help" (hulp)-banier wat aan nuwe gebruikers gewys word, en die kennisgewing banier. Opsies om hulle aan of af te skakel is in die Miscellaneous (Allerlei)-afdeling van u Preferences (Voorkeure)-bladsy.
Turn the new user help banner back on - Skakel die nuwe gebruiker hulp banier weer aan
Hierdie opsie is by verstek aangeskakel. U kan dit afskakel deur die merkblokkie langsaan dit te ontmerk en die "Update" (Dateer op)-knoppie onderaan die bladsy te kies.
As u hierdie opsie afskakel, sal die banier wat inligting en wenke oor hoe om die Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) te gebruik afgeskakel word.
Turn off the banner showing on every page - Skakel die banier af wat op elke blad verskyn
Nou en dan sal AO3 personeel gebruikers in kennis stel van belangrike gebeure of webwerf veranderinge deur middel van 'n banier wat op alle bladsye van die webwerf verskyn. As u die banier wil wegsteek terwyl u ingeteken is, skakel hierdie opsie aan deur die merkblokkie langsaan dit te merk en die "Update" (Dateer op)-knoppie onderaan die bladsy te kies. Neem kennis dat dit net die banier wegsteek wat aktief was toe u die opsie gekies het. As die banier verander word, sal die nuwe banier vertoon word totdat u weer hierdie opsie deaktiveer.
Tot wat anders kan ek toegang toe kry van die Voorkeure bladsy af?
Daar is verskeie knoppies net onder die Set My Preferences (Stel My Voorkeure)-titel (as u die standaard voorkomsvel gebruik). Hierdie knoppies bied toegang tot ander profiel- en voorkeur-bladsye, soos hieronder uiteengesit.
Edit My Profile - Redigeer My Profiel
Hierdie herlei u na die Edit Profile (Redigeer profiel)-bladsy. Hier kan u die inligting wat ander gebruikers sal sien wanneer hulle u gebruiker profiel bladsy besoek, verander. Vir meer inligting, besoek asseblief die Profiel Algemene Vrae.
Manage My Pseuds - Bestuur My Skuilname
Dit herlei u na die Pseuds (Skuilname)-bladsy waar u toegang het tot u skuilname. Hier sal u u bestaande skuilname kan redigeer of nuwe skuilname kan byvoeg. Vir meer inligting, besoek asseblief die Skuilnaam Algemene Vrae.
Change My User Name - Verander my Gebruikersnaam
Dit herlei u na die Change My User Name (Verander My Gebruikersnaam)-bladsy.
Wees asseblief versigtig wanneer u hierdie funksie gebruik. Tensy u slegs veranderinge aanbring tot die kapitalisasie, sal ons nie u ou gebruikersnaam na u nuwe een herlei nie. Boekmerke en eksterne skakels na u ou gebruikersbladsy, insluitende skuilname wat met u ou gebruikersnaam geskakel is, sal nie meer werk nie. Die ou naam mag ook deur iemand anders gebruik word en ou skakels sal in daardie geval na die nuwe gebruiker toe lei.
Vir meer inligting, besoek asseblief die U Rekening Algemene Vrae.
Orphan My Works - Oneien My Werke
Hierdie knoppie herlei u na die Orphan Works (Oneien werke)-bladsy.
Oneiening is permanent. Dit kan nie herstel word nie.
Ons kan dit nie genoeg beklemtoon nie. Wanneer u u werke oneien, gee u permanent alle beheer oor hulle op, insluitende die vermoë om hulle te redigeer of uit te vee.
As u twyfel, moenie!
Vir meer inligting, besoek asseblief die Oneiening Algemene Vrae.
Waar kan ek meer inligting kry as my vraag nie hier beantwoord is nie?
Sommige vrae wat gereeld gevra word oor die Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) word in ander afdelings van die AO3 Algemene Vrae beantwoord en sommige algemene terme is gedefinieer in ons Woordelys. Vrae en antwoorde oor ons diensvoorwaardes kan gevind word in die Diensvoorwaardes Algemene Vrae. U mag dalk ook belangstel in ons Bekende Probleme. Indien u meer hulp nodig het, dien gerus 'n ondersteuningsversoek in.
