Archive FAQ > Prikkel-meme

Wat is 'n Prikkel-meme?

'n Prikkel-meme is 'n uitdaging waarin deelnemers een of meer fanwerk prikkels kan indien wat ander deelnemers kan kies om te vervul.

Waar kan ek Prikkel-memes vind?

Om Prikkel-memes te vind:

  1. Kies "Browse" (Blaai) en dan "Collections" (Versamelings) van die kieslys aan die bokant van enige Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) bladsy in die standaard voorkomsvel (onder die webwerf logo).
  2. Van daar af, kies die "Prompt Meme Challenge" (Prikkel-meme Uitdaging) as die versameling-tipe uit die filters aan die regterkant van die bladsy as u 'n rekenaar gebruik, of via die "Filters"-knoppie naby die bokant van die blad op mobiele toestelle. As u die naam van 'n spesifieke Prikkel-meme ken, kan u ook daarvoor soek deur die naam in te vul onder "Filter by title or name" (Filtreer deur titel of naam).

As u reeds prikkels tot 'n Prikkel-meme ingedien het of een geëis het, is daar 'n meer eenvoudige manier om hulle weer te vind. Sien asseblief Waar kan ek Prikkel-memes vind wat ek voor opgeteken het? vir meer besonderhede.

Waar kan ek Prikkel-memes vind wat ek voor opgeteken het?

As u prikkels ingedien het tot 'n Prikkel-meme:

  1. Teken in en gaan na u Inskrywings bladsy deur die begroeting "Hi, [gebruikersnaam]!" te kies en "My Sign-ups" (My Inskrywings) uit die kieslys te selekteer.
  2. Kies die Prikkel-meme se naam uit die inskrywings lys.
  3. Kies "My Prompts" (My Prikkels) in die paneelbord kieslys aan die linkerkant van die blad (of aan die bokant van die blad op mobiele toestelle).

As u 'n prikkel van 'n Prikkel-meme geëis het:

  1. Teken in en gaan na u paneelbord deur die begroeting "Hi, [Gebruikersnaam]!" te kies en dan "My Dashboard" (My Paneelbord) uit die kieslys te selekteer, of deur u profielbeeld te selekteer.
  2. Kies "Claims (#)" (Eise) uit die kieslys aan die linkerkant van die blad (of aan die bokant van die blad op mobiele toestelle).
  3. Dit sal u na u onvervulde eise neem. Om u vervulde eise te hersien, kies die "Fulfilled Claims" (Vervulde Eise)-knoppie aan die bokant van die bladsy.
  4. Kies die naam van die versameling uit die werkbeskrywing van u geëisde prikkel.

If you've claimed a prompt from a Prompt Meme:

  1. Log in and go to your dashboard by selecting the greeting "Hi, [username]!" and choosing "My Dashboard" from the menu, or by selecting your profile image.
  2. Select "Claims (#)" from the menu found at the left side of the page, or at the top on a mobile device.
  3. By default, this takes you to your unfulfilled claims. To review your fulfilled claims, select the "Fulfilled Claims" button at the top of the page.
  4. Select the collection name from the blurb of your claimed prompt.

Kan ek deelneem aan 'n Prikkel-meme sonder 'n AO3 rekening?

Nee. U het 'n rekening nodig om deel te neem aan 'n Prikkel-meme op die Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie). Vir inligting oor hoe om 'n rekening te skep, verwys na Hoe skep ek 'n rekening?

Die mense wat die Prikkel-meme bestuur kan vir u uitnooi om deel te neem, of u kan 'n uitnodiging direk versoek deur u e-pos op die Invite Requests (Uitnodiging Versoeke)-bladsy in te voeg. Vir meer inligting, verwys na die Uitnodigings Algemene Vrae.

As u 'n Prikkel-meme bestuur en uitnodigings vir deelnemers wil aanvra, verwys asseblief na Hoe vra ek uitnodigings aan vir ’n uitdaging wat ek bestuur?

Hoe voeg ek prikkels by 'n Prikkel-meme?

U moet 'n Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) rekening hê om deel te neem aan 'n Prikkel-meme. Verwys na Kan ek deelneem aan 'n Prikkel-meme sonder 'n AO3 rekening? vir meer inligting.

As inskrywings oop is, sal daar 'n skakel vir 'n Prompt Form (Prikkel Vorm) verskyn in die kieslys aan die linkerkant van die Prikkel-meme se paneelbord of naby die bokant op mobiele toestelle. Vul die vorm in volgens die instruksies en kies "Submit" (Dien In). Kyk uit vir addisionele instruksies of vereistes aan die bokant van die inskrywingsvorm of op die Prikkel-meme se profielbladsy, en hou hulle in gedagte terwyl u u prikkels skep!

Hoe voeg ek anonieme prikkels by 'n Prikkel-meme?

U moet 'n Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) rekening hê om deel te neem aan 'n Prikkel-meme. Verwys na Kan ek deelneem aan 'n Prikkel-meme sonder 'n AO3 rekening? vir meer inligting.

As inskrywings oop is, sal daar 'n skakel vir 'n Prompt Form (Prikkel Vorm) verskyn in die kieslys aan die linkerkant van die Prikkel-meme se paneelbord of naby die bokant op mobiele toestelle. Vul die vorm in volgens instruksies. Kyk uit vir addisionele instruksies of vereistes aan die bokant van die inskrywingsvorm of op die Prikkel-meme se profielbladsy, en hou hulle in gedagte terwyl u u prikkels skep!

Om 'n prikkel anoniem te maak, merk die boksie langsaan "Semi-anonymous Prompt?" (Semi-anonieme Prikkel?). Prikkels wat ingedien word met hierdie opsie gemerk sal as "by Anonymous" (deur Anoniem) verskyn.

As u wil hê dat u gebruikersnaam geassosieer moet word met 'n prikkel, moet u die boksie langsaan "Semi-anonymous Prompt?" ontmerk.

Sodra u die vorm ingevul het en gekies het of u die prikkel anoniem wil maak of nie, kies "Submit" (Dien In).

Let daarop dat die anonieme funksie nie heeltemal veilig is nie. Gebruikers kan steeds mekaar se identiteit raai deur die prikkels wat hulle skep.

Hoe wysig ek my prikkels?

Om u prikkels te wysig:

  1. Teken in en kies "My Sign-ups" (My Inskrywings) uit die "Hi, [gebruikersnaam]!" kieslys aan die bokant van die blad. As u op u paneelbord is, kan u ook "Sign-ups (#)" (Inskrywings) in die navigasie sybalk kies (bo-aan die blad op mobiele toestelle).
  2. Kies die "Edit Sign-up" (Wysig Inskrywing)-knoppie langsaan of onder die inskrywing wat u wil wysig. Dit sal u vat na 'n vorm waar u u prikkels kan wysig.
  3. Nadat u u veranderinge aangebring het, kies die "Update" (Dateer op)-knoppie aan die onderkant van die blad.
    • Wees versigtig wanneer u 'n prikkel wysig wat alreeds geëis is. Daar sal geen boodskap gegee word as u 'n prikkel wat reeds geëis is wysig nie en die eiser sal geen waarskuwing kry dat die prikkel gewysig is nie.

U kan ook individuele prikkels wysig:

  1. Teken in en gaan na u Inskrywings-bladsy deur die begroeting "Hi, [gebruikersnaam]!" te kies en "My Sign-ups" uit die kieslys te selekteer.
  2. Kies die Prikkel-meme se naam om toegang tot die paneelbord te kry.
  3. Kies "My Prompts" (My Prikkels) om toegang tot u huidige prikkels vir hierdie Prikkel-meme te kry.
  4. Kies "Edit Prompt" (Wysig Prikkel) onder die opsomming van die prikkel wat u wil wysig.
  5. Nadat u u veranderinge aangebring het, kies die "Update"-knoppie aan die onderkant van die blad.
    • Wees versigtig wanneer u 'n prikkel wysig wat alreeds geëis is. Daar sal geen boodskap gegee word as u 'n prikkel wat reeds geëis is wysig nie en die eiser sal geen waarskuwing kry dat die prikkel gewysig is nie.

U kan u prikkels enige tyd wysig of uitvee terwyl inskrywings oop is. Eienaars of modereerders kan hulle prikkels enige tyd wysig of uitvee. Vir meer oor hoe om prikkels uit te vee, sien Hoe vee ek my prikkels uit?

Hoe vee ek my prikkels uit?

Om al u prikkels uit te vee:

  1. Teken in en kies "My Sign-ups" (My Inskrywings) uit die "Hi, [gebruikersnaam]!" kieslys aan die bokant van die blad. As u op u paneelbord is, kan u ook "Sign-ups (#)" (Inskrywings) in die navigasie sybalk kies (bo-aan die blad op mobiele toestelle).
  2. Vind die Prikkel-meme se naam op die lys van uitdagings.
  3. Kies "Delete Sign-up" (Vee Inskrywing Uit) langsaan of onder die Prikkel-meme.
  4. 'n Dialoogkassie sal verskyn wat u sal vra om u besluit om al u prikkels in die inskrywing uit te vee te bevestig. As u wil voortgaan, kies "OK".
    • Wees versigtig wanneer u 'n prikkel uitvee wat reeds geëis is. Daar sal geen boodskap gegee word as u 'n prikkel wat reeds geëis is uitvee nie en die eiser sal geen waarskuwing kry dat die prikkel uitgevee is nie.

Om individuele prikkels uit te vee:

  1. Teken in en gaan na u Inskrywings-bladsy deur die begroeting "Hi, [gebruikersnaam]!" te kies en "My Sign-ups" uit die kieslys te selekteer.
  2. Kies die Prikkel-meme se naam om toegang tot sy paneelbord te kry.
  3. Kies "My Prompts" (My Prikkels) om toegang tot u huidige prikkels vir hierdie Prikkel-meme te kry.
  4. Kies "Delete Prompt" (Vee Prikkel Uit) onder die opsomming van die prikkel wat u wil uitvee.
  5. 'n Dialoogkassie sal verskyn wat u sal vra om u besluit om al die inligting uit te vee wat met die prikkel verband hou te bevestig. As u wil voortgaan, kies "OK".
    • Wees asseblief versigtig wanneer u 'n prikkel uitvee wat alreeds geëis is. Daar sal geen boodskap gegee word as u 'n prikkel wat reeds geëis is uitvee nie en die eiser sal geen waarskuwing kry dat die prikkel uitgevee is nie.

U kan individuele prikkels slegs uitvee as u meer as die minimum vereiste aantal geskep het (bv. as die Prikkel-meme 'n mens toelaat om twee of drie prikkels te skep en u drie geskep het). As u net vir die minimum aantal ingeteken het, kan u óf al u prikkels gelyktydig uitvee óf u prikkels wysig in plaas van uitvee. Verwys na Hoe wysig ek my prikkels? vir meer inligting.

U kan u prikkels enige tyd wysig of uitvee terwyl inskrywings oop is. Eienaars of modereerders kan hulle prikkels enige tyd wysig of uitvee.

Hoe eis ek ’n prikkel?

Om aan ’n Prikkel-meme deel te neem moet u ’n Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) rekening hê. Verwys asseblief na Kan ek deelneem aan ’n Prikkel-meme sonder ’n AO3 rekening? vir meer inligting.

U kan toegang verkry tot oop prikkels deur "Prompts (#)" (Prikkels) op die Prikkel-meme se paneelbord te kies. Gebruik die "Claim" (Eis)-knoppie langsaan enige prikkel wat u wil eis. U kan dit doen vir soveel prikkels as wat u wil vervul. Verskeie mense kan diesefde prikkel eis en u hoef nie prikkels in te dien om enige te eis nie. U gebruikersnaam sal gelys word as 'n eiser onder elke prikkel wat u eis. In anonieme prikkel-memes word slegs die aantal eisers gegee.

U kan sien watter prikkels u geëis het maar nog nie vervul het nie via die My Claims (My Eise)-bladsy, beskikbaar vanaf u paneelbord. As u onseker is oor hoe om by hierdie bladsy te kom, verwys na Hoe vind ek my onvervulde eise?

Vir meer inligting rakende die vervulling van eise, verwys na Hoe vervul ek my geëisde prikkel?

Vir meer inligting oor hoe om ’n Prikkel-meme te vind, verwys asseblief na Waar kan ek Prikkel-memes vind?"

Hoe vind ek my onvervulde eise?

Om u onvervulde eise te vind:

  1. Teken in en gaan na u paneelbord deur die begroeting "Hi, [Gebruikersnaam]!" te kies en dan "My Dashboard" (My Paneelbord) uit die kieslys te selekteer, of deur u profielbeeld te selekteer.
  2. Kies "Claims (#)" (Eise) uit die kieslys aan die kant van die bladsy, of bo-aan in die geval van ’n mobiele toestel.

Dit sal u na u onvervulde eise neem. Om u vervulde eise te hersien, kies die "Fulfilled Claims" (Vervulde Eise)-knoppie aan die bokant van die bladsy.

Hoe vervul ek my geëisde prikkel?

Om u onvervulde eise te vind, verwys na Hoe vind ek my onvervulde eise?

U kan ’n geëisde prikkel vervul deur die "Fulfill" (Vervul)-knoppie langsaan die prikkel wat u wil voltooi te kies. Dit maak die Plaas Nuwe Werk vorm oop met die opdrag besonderhede reeds ingevul. Die versameling sal ook reeds geselekteer wees en die prikkel sal verskyn in die Notas afdeling aan die begin van die werk. As die Prikkel-meme gemodereer is, sal die werk ingedien word by die versameling, maar dit sal goedgekeur moet word voordat dit in die openbaar bygevoeg word.

As ’n alternatief kan u ook die opdrag vervul deur na die Post New Work (Plaas Nuwe Werk) vorm te gaan. In die Associations (Assosiasies) afdeling, kies die merkblokkie vir die oop eis wat u besig is om te voltooi. Wanneer u die werk plaas of kyk na die voorskou sal die besonderhede van die Prikkel-meme en prikkel-gewer outomaties vir u ingevul word. Die werk sal gevoeg word by die Prikkel-meme se versameling; die prikkel self sal egter nie outomaties by die Notas afdeling aan die begin gevoeg word nie.

Vir meer breedvoerige instruksies oor die plaas van ’n werk op die Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie), verwys asseblief na die Handleiding: Plaas 'n Werk op AO3.

Hoe laat vaar ek ’n prikkel wat ek geëis het?

U mag enige tyd ’n eis laat vaar, self nadat u ’n werk geplaas het wat dit vervul. As u graag ’n prikkel wil verwyder nadat u dit geëis het:

  1. Teken in en gaan na u paneelbord deur die begroeting "Hi, [Gebruikersnaam]!" te kies en dan "My Dashboard" (My Paneelbord) uit die kieslys te selekteer, of deur u profielbeeld te selekteer.
  2. Kies "Claims (#)" (Eise) uit die kieslys aan die kant van die bladsy, of aan die bokant op ’n mobiele toestel.
  3. Gaan na die eis wat u wil laat vaar, en selekteer die "Drop Claim" (Laat Vaar Eis)-knoppie.
  4. ’n Bevestiging dialoogblokkie sal verskyn en vra of u seker is dat u die eis wil laat vaar. Kies "OK".
  5. U sal van die eis verwyder word en dit sal nie meer in u Eise lys verskyn nadat u die bladsy verfris nie. As u ’n eis laat vaar wat u reeds vervul het sal die werk in die Prikkel-meme se versameling bly, maar alle ander skakels tussen die werk en die prikkel sal verwyder word.

Hoe vind ek werke gebaseer op my prikkel?

Om alle werke te vind wat op u ingediende prikkels baseer is:

  1. Teken in en gaan na u Inskrywings-bladsy deur die begroeting "Hi, [Gebruikersnaam]!" te kies en "My Sign-ups" (My Inskrywings) uit die kieslys te selekteer.
  2. Kies die Prikkel-meme se naam om toegang tot sy paneelbord te verkry.
  3. Kies "My Prompts" (My Prikkels) om toegang tot u huidige prikkels vir hierdie Prikkel-meme te verkry.
  4. Werke wat u prikkels vervul sal gelys word na elke prikkel.

U sal ook ’n e-pos kennisgewing ontvang elke keer as ’n werk geplaas word as ’n antwoord op een van u prikkels. Neem asseblief kennis dat u nie ’n e-pos kennisgewing sal ontvang as dit afgeskakel is in u voorkeure nie.

Daar is iets fout met ’n werk wat geskep is vir my prikkel.

U moet enige probleme met werke gebaseer op u prikkels aan die mense wat die Prikkel-meme bestuur rapporteer. As die werk ons Diensvoorwaarders oortree, kan u ’n Misbruikverslag indien by die Beleidsmisbruik-komitee deur gebruik te maak van die skakel in die Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) voetskrif.

U mag ook kies om die werk te weier as die skepper dit aan u geskenk het. Vir meer inligting hieroor, verwys asseblief na Hoe weier ek ’n geskenk?.

Hoe skep ek ’n Prikkel-meme?

Om ’n Prikkel-meme te skep moet u eers die gasheer-versameling of subversameling skep. U kan stapsgewyse instruksies hiervoor kry in ons Handleiding: Skep 'n Versameling. Wanneer u u versameling skep, maak seker om "Prompt Meme" (Prikkel-meme) uit die "Type of challenge, if any" (Soort versameling, indien enige) kieslys in die Voorkeure afdeling te kies.

Verwys na ons Handleiding: Reël 'n Prikkel-Meme op AO3 vir stapsgewyse instruksies vir die opstel van u uitdaging.

Hoe vra ek uitnodigings aan vir ’n Prikkel-meme wat ek bestuur?

As u ’n Prikkel-meme bestuur en uitnodigings vir deelnemers moet aanvra, tree asseblief in verbinding met die Ondersteuningkomitee, met die uitdaging naam en skakel, inskrywingsdatums, watter rekening om die uitnodigings na te stuur, sowel as die hoeveelheid uitnodings wat u benodig. Verwys asseblief na Hoe vra ek uitnodigings aan vir ’n uitdaging wat ek bestuur? vir meer inligting.

Hoe voeg ek etikette by AO3 vir deelnemers om te gebruik in my Prikkel-meme?

U kan ’n etiketstel skep om nuwe etikette by die Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) te voeg vir u Prikkel-meme. Vir meer inligting hieroor, verwys na ons Etiketstel Algemene Vrae.

Hoe onthul ek skeppers en werke in ’n anonieme en/of ongeopenbaarde Prikkel-meme?

Om skeppers en/of werke in ’n anonieme en/of ongeopenbaarde Prikkel-meme te onthul:

  1. Gaan na u Collection Settings (Versameling Instellings)-bladsy en dan na die Preferences (Voorkeure) afdeling. As u onseker is oor hoe om daar te kom, verwys na Hoe keer ek terug na my Versameling Instellings badsy?
  2. Om werke te onthul, ontmerk die blokkie langsaan of onder "This collection is unrevealed" (Hierdie versameling is ongeopenbaar). Om skeppers te onthul, ontmerk die blokkie langsaan of onder "This collection is anonymous" (Hierdie versameling is anoniem).
  3. Sodra u die gepaste blokkies ontmerk het, selekteer die "Update" (Dateer op)-knoppie.

Vir meer inligting, verwys na Hoe onthul ek werke of verwyder ek hul anonimiteit in ’n versameling wat ek besit?

Hoe hanteer ek onvanpaste prikkels of werke?

As daar onvanpaste prikkels is kan u die prikkel of inskrywingsvorm uitvee vanaf die Prikkels-bladsy met die "Delete Prompt" (Vee Prikkel Uit) of "Delete Sign-up" (Vee Inskrywing Uit)-knoppie. As die prikkel uitgevee word sal die relevante prikkel verwyder word. As die inskrywing uitgevee word sal alle prikkels wat aangevra is deur die gebruiker, insluitende anonieme prikkels, uitgevee word.

U kan net individuele prikkels uitvee as die deelnemer meer as die minimum vereiste aantal geskep het (bv. as die Prikkel-meme ’n mens toelaat om twee of drie versoeke te skep en hulle dan drie geskep het). As iemand net vir die minimum aantal ingeskryf het, moet u al hulle versoeke en/of aanbiedinge gelyktydig uitvee.

As daar werke is wat nie by die prikkel pas nie, kan u nie iemand anders se werk uitvee nie, maar u kan dit verwyder uit die versameling. Verwys na Hoe verwyder ek ’n werk of boekmerk van ’n versameling? vir meer inligting.

Hoe vee ek ’n Prikkel-meme uit?

Om ’n Prikkel-meme uit te vee, gaan na u Challenge Settings (Uitdaging Instellings)-bladsy en selekteer die "Delete Challenge" (Vee Uitdaging Uit)-knoppie regs bo aan die bladsy (onder die “Setting Up the [Name] Prompt Meme” (Stel die [Naam] Prikkel-meme op) opskrif op mobiele toestelle). Dit sal ’n dialoogblokkie laat verskyn waar u moet bevestig en "OK" selekteer. As u onseker is oor hoe om by hierdie bladsy te kom, verwys na Hoe keer ek terug na my Uitdaging Instellings bladsy?

Selfs al vee u u Prikkel-meme uit, sal alle werke agterbly in die versameling.

As u die versameling ook wil uitvee, verwys asseblief na Hoe vee ek ’n Versameling uit?

Waar kan ek meer inligting kry as my vraag nie hier beantwoord is nie?

As u leiding nodig het vir ’n spesifieke deel van versameling of uitdaging skepping, sien asseblief:

Sommige vrae wat gereeld gevra word oor die Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) word in ander afdelings van die AO3 Algemene Vrae beantwoord en sommige algemene terme is gedefinieer in ons Woordelys. Vrae en antwoorde oor ons diensvoorwaardes kan gevind word in die Diensvoorwaardes Algemene Vrae. U mag dalk ook belangstel in ons Bekende Probleme.
Vir hulp met u spesifieke Prikkel-meme wat nie in hierdie Algemene Vrae of Handleidings gedek word nie moet u asseblief AO3_Support byvoeg as ’n mede-eienaar en met ons in verbinding tree en ons sal ons beste doen om u te help.