Watter soort statistieke hou die AO3 tred van?
Die Statistics (Statistieke) bladsy som die numeriese data van u werke op. Voorbeelde van Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) Statistieke sluit woordtelling, aantal boekmerke vir ’n werk, Gebruikers Subskripsies, Werk Subskripsies, en Trefslae in. Hierdie inligting word beide numeries en grafies vertoon. Data kan op verskeie vlakke saamgestel word, byvoorbeeld onder al u werke, werke wat aan ’n spesifieke fandom behoort, of ’n enkele werk.
Vir enige enkele werk bevat die Statistieke bladsy amper dieselfde inligting wat u op die werkbeskrywing op die werkblad sal vind (verwys na Hoekom is die boekmerktelling anders op die Statistieke blad as op die werkbeskrywing? vir detail oor wanneer die inligting verskil). Die Statistieke blad is egter die enigste plek waar u saamgestelde data oor verskeie werke sal vind.
Waar vind ek Statistieke?
Wanneer u ingeteken is, kies die begroeting ("Hi (Hallo), [Gebruikersnaam]!"), gaan na u Dashboard (Paneelbord) en kies dan Statistics (Statistieke) vanuit die navigasie kieslys.
U kan ook statistieke vir ’n enkele werk vind op die werk se werkbeskrywing, wat vanaf die werksblad, 'n gebruiker se profielblad, 'n fandom se blad, 'n versameling se blad, of binne soekresultate bereik kan word. Statistieke wat op hierdie manier bekom kan word sluit die werk se woordtelling, aantal hoofstukke, aantal kudos, aantal publieke boekmerke, en aantal trefslae in. Hierdie statistieke is sigbaar vir alle besoekers van die werkblad, of hulle ’n Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) rekening het of nie.
Wat hou Statistieke tred van?
U Statistics (Statistieke) bladsy tel u werke se Subskripsies, Trefslae, Kudos, Kommentaar Stringe en Boekmerke. Hierdie inligting kan in elke werk se statistieke blokkie op u Statistieke blad gevind word. U kan kies om hierdie inligting te sorteer in "Fandoms View" (Fandom Aansig), waar die inligting volgens fandom gesorteer word, of in "Flat View" (Plat Aansig), waar inligting oor alle fandoms saamgetel word. Op die standaard voorkomsvel kan "Fandoms View" en "Flat View" gekies word deur middel van twee knoppies naby aan die middel van die Statistieke bladsy (tussen die grafiek en die lys van werke).
Daarby hou die Statistieke bladsy ook tred van die totale statistieke van u rekening. Aan die bokant van die bladsy is daar ’n blokkie wat as "Totals" (Totale) gemerk is. In hierdie blokkie sal u die aantal Gebruiker Subskripsies, sowel as die totale aantal Kudos, Comment Threads (Kommentaar Stringe), Bookmarks (Boekmerke), Subscriptions (Subskripsies), Word Count (Woordtelling) en Hits (Trefslae) van al u werke oor alle skuilname kry. Vir meer inligting oor Subskripsies, Gebruiker Subskripsies en die verskil tussen die twee, verwys na Wat is ’n Subskripsie?
Wat is ’n Gebruiker Subskripsie?
’n Gebruiker Subskipsie is ’n kennisgewingstelsel vir gebruikers wat belang stel in u as 'n skepper. Gebruikers wat op u inteken, sal ’n kennisgewing ontvang elke keer as u ’n nuwe werk of hoofstuk van ’n werk skep. Die aantal Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) gebruikers wat op u ingeteken het, kan gevind word in die Totals (Totale) blokkie op u Statistics (Statistieke) bladsy (verwys na Waar vind ek Statistieke? vir instruksies). Gebruiker Subskripsies is vir u rekening en kan nie volgens individuele skuilname of fandoms filtreer word nie.
Neem kennis dat Gebruiker Subskripsies nie dieselfde as Subskripsies is nie;
Gebruiker Subskripsies genereer kennisgewings vir alle opdaterings deur die skepper, terwyl Subskripsies kennisgewings vir individuele werke of reekse genereer. Vir meer inligting oor Subskripsies, verwys na Wat is ’n Subskripsie?.
Vir meer inligting oor Gebruiker Subskripsies, verwys na Hoe teken ek in of uit op ’n gebruiker?
Wat is Kudos?
Kudos is merke wat aandui dat ’n besoeker u werk geniet het. Die aantal kudos in die Totals (Totale) blokkie op u Statistics (Statistieke) bladsy (verwys na Waar vind ek Statistieke? vir instruksies) is die totale aantal kudos wat u vir al u werke ontvang het. Vir meer inligting oor hoe Kudos werk en wat hulle is, verwys na die Kommentaar en Kudos Algemene Vrae.
Wat is ’n Kommentaar String? Hoe word Kommentaar Stringe getel?
Kommentaar stringe is soos gesprekke: een persoon lewer kommentaar en alle daaropvolgende antwoorde op die kommentaar is deel van een kommentaar string. As iemand byvoorbeeld kommentaar op een van u werke lewer wat sê "Wow! Dit is so goed, het jy al enigiets anders op hierdie webwerf gepubliseer?" en u antwoord, "Ja! Hier is ’n skakel na een van my werke!", is die oorspronklike kommentaar en al die antwoorde daarop een kommentaar string. Die eerste kommentaar wat die kommentaar string begin, word ook boonste-vlak kommentaar genoem.
’n String kan bestaan uit net een kommentaar, of baie. Die aantal Kommentaar Stringe in die Totals (Totale) blokkie op u Statistics (Statistieke) bladsy (verwys na Waar vind ek Statistieke? vir instruksies) is die aantal kommentaar stringe op al u werke. Vir meer inligting oor kommentaar stringe en kommentaar, verwys na die Kommentaar en Kudos Algemene Vrae.
Wat is ’n Boekmerk? Hoe word Boekmerke getel?
’n Boekmerk is ’n skakel wat vinnige toegang na ’n werk toelaat, of dit op die Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) is of nie. Boekmerke word dikwels gebruik om rekord te hou van werke wat u weer wil opspoor. Boekmerke kan openbaar of privaat wees. Openbare Boekmerke word aan alle gebruikers van AO3 vertoon. Privaat Boekmerke word net vertoon aan die AO3 gebruiker wat die Boekmerk geskep het.
Die aantal openbare Boekmerke wat ’n werk het, word vertoon in die werkbeskrywing. Daarenteen is die aantal Boekmerke in die Totals (Totale) blokkie op u Statistics (Statistieke) bladsy (verwys na Waar vind ek Statistieke? vir instruksies) die totale aantal Boekmerke wat ander gebruikers vir al u werke gemaak het, insluitende privaat Boekmerke. Verwys na Hoekom is die boekmerktelling anders op die Statistieke blad as op die werkbeskrywing? vir meer inligting oor hierdie onderskeiding.
Vir meer inligting oor boekmerke, insluitende die verskil tussen openbare en privaat boekmerke, verwys na die Boekmerke Algemene Vrae.
Wat is ’n Subskripsie?
’n Subskripsie is ’n kennisgewingstelsel vir gebruikers wat in ’n spesifieke werk of reeks belangstel. Gebruikers wat vir ’n werk of reeks inteken, sal ’n kennisgewing ontvang elke keer as die skepper ’n nuwe hoofstuk by die werk, of ’n nuwe werk by die reeks voeg. Subskripsies word dikwels gebruik om onvoltooide werke of reekse te volg.
Neem kennis dat Subskripsies nie dieselfde as Gebruiker Subskripsies is nie; Subskripsies genereer kennisgewings vir individuele werke of reekse, terwyl Gebruiker Subskripsies kennisgewings vir alle opdaterings deur die skepper genereer. Vir meer inligting oor Gebruiker Subskripsies, verwys na Wat is ’n Gebruiker Subskripsie?.
Die aantal Subskripsies in die Totals (Totale) blokkie op u Statistics (Statistieke) bladsy (verwys na Waar vind ek Statistieke? vir instruksies) is die totale aantal Subskripsies wat ander gemaak het tot al u werke. Hierdie totaal sluit nie subskripsies aan reekse in nie. Vir meer inligting oor Subskripsies, verwys na die Subskripsies en Voere (Feeds) Algemene Vrae.
Wat is ’n woordtelling?
’n Woordtelling sê vir u hoeveel woorde in ’n spesifieke werk is. U kan die woordtelling vir ’n enkele werk in die werk se werkbeskrywing vind, of op die Statistieke blad langs die werk se titel. Die Woordtelling in die Totals (Totale) blokkie op u Statistics (Statistieke) blad is die totale aantal woorde in al u werke saam.
Wat is ’n Trefslag?
Trefslae is ’n telling van die aantal kere wat ’n werk besoek is. ’n Trefslag word aangeteken elke keer wat ’n besoeker na ’n werk se bladsy navigeer, met die volgende uitsonderings:
- As twee besoeke na mekaar van dieselfde IP adres gemaak word, word net die eerste een aangeteken.
- As daar beweeg word tussen hoofstukke in ’n werk sal net een trefslag aangeteken word, nie een trefslag per hoofstuk nie.
- As u ingeteken is, word trefslae nie getel as u u eie werke besoek nie.
Neem in ag dat trefslae slegs die aantal besoeke aan ’n werk aanteken en nie die duur van die besoek nie. Die aantal Trefslae in die Totals (Totale) blokkie op u Statistics (Statistieke) bladsy (verwys na Waar vind ek Statistieke? vir instruksies) is die totale aantal trefslae wat al u werke ontvang het.
Kan ek uitvind wie op my ingeteken het?
Daar is geen manier om uit te vind wie op u ingeteken is nie, maar u kan uitvind hoeveel mense op u ingeteken is. In die Totals (Totale) blokkie op u Statistics (Statistieke) bladsy (verwys na Waar vind ek Statistieke? vir instruksies) sal u die totale aantal Gebruiker Subskripsies en Subskripsies vind. Verwys na Wat is ’n Subskripsie? en Wat is ’n Gebruiker Subskripsie? vir meer inligting oor hierdie funksies.
Die aantal intekenaars vir enige individuele werk kan laer af op die Statistieke bladsy in die werk se statistieke blokkie gevind word. Dit kan byvoorbeeld sê "Subscribers: 5" (Intekenaars: 5). As ’n werk nie enige intekenaars het nie, sal die Subskripsie afdeling nie vertoon word in die werk se statistieke blokkie nie.
Kan ek uitvind wie my werk(e) geboekmerk het?
Ja, u kan die mense vind wie openbare boekmerke vir u werke geskep het. U kan die lys mense wat openbare boekmerke vir ’n spesifieke werk geskep het kry in die werkbeskrywing, wat vanaf die werksblad, 'n gebruiker se profielblad, 'n fandom se blad, 'n versameling se blad, of binne soekresultate bereik kan word. ’n Werkbeskrywing kan byvoorbeeld sê "Bookmarks: 9" (Boekmerke: 9). Die getal sal ’n skakel wees na 'n lys van al die openbare boekmerke vir die werk. Privaat boekmerke sal nie vertoon word nie. As daar geen "Bookmarks" (Boekmerke) afdeling in die werkbeskrywing of inligtingblokkie is nie, beteken dit dat daar geen openbare boekmerke is nie.
Vir meer inligting oor boekmerke, verwys asseblief na die Boekmerke Algemene Vrae.
Hoekom is die boekmerktelling anders op die Statistieke blad as op die werkbeskrywing?
Die werkbeskrywing wys ’n ander boekmerktelling omdat die werkbeskrywing net die aantal openbare boekmerke wys wat vir die werk geskep is. Die Statistics (Statistieke) bladsy wys die totale aantal boekmerke vir elke werk, insluitende privaat boekmerke.
Vir meer inligting oor boekmerke, verwys na die Boekmerke Algemene Vrae.
Hoe kan ek statistieke sorteer?
U kan statistieke sorteer volgens werke se jaar van publikasie, datum van opdatering, Hits (Trefslae), Kudos, aantal Comment Threads (Kommentaar Stringe), Bookmarks (Boekmerke), Subscriptions (Subskripsies), of Word Count (Woordtelling), in stygende of dalende orde. Hierdie opsies (beskikbaar as knoppies op die standaard voorkomsvel) is onder die Totals (Totale) blokkie. Die geselekteerde knoppie wys die opsie waarmee u tans sorteer,
Elke opsie het ’n pyl merk wat aandui of die werke in stygende (laagste na hoogste) of dalende (hoogste na laagste) volgorde is. Om die volgorde te verander, kies weer die opsie (op die standaard voorkomsvel, kliek op die geselekteerde knoppie) en die volgorde sal verander.
U kan ook u statistieke bladsy filtreer om statistieke te wys vir werke wat in ’n spesifieke jaar gepubliseer is. Hierdie opsies (beskikbaar as knoppies op die standaard voorkomsvel) is bo die Totale blokkie. U kan ’n jaar (of alle jare) kies en dan u statistieke volgens een van die bogenoemde opsies sorteer.
Wanneer u u statistieke filtreer volgens ’n sekere jaar, sal net die werke wat gedurende daardie jaar voltooi is gewys word. Die statistieke vir die gefiltreerde werke sal egter steeds die nuutste getalle vertoon. As u byvoorbeeld u statistieke bladsy filtreer vir werke wat in 2012 voltooi is, sal werke wat in ander jare voltooi is nie vertoon word nie. Vir die werke wat wel gewys word, sal die Trefslae, Kudos, ens. tellers die waardes tot op datum vertoon, nie soos hulle was in 2012 nie.
Die Gebruiker Subskripsies getal in die Totals (Totale) blokkie sal altyd die huidige aantal Gebruiker Suskripsies vertoon, selfs wanneer ’n jaar filter toegepas word.
Werke kan sorteer word volgens statistieke op ’n fandom se blad of op ’n soekresultaat bladsy. Vir meer inligting oor die gebruik van statistieke wanneer u blaai of soek vir werke, verwys asseblief na Die "Search Within Results" (Soek Binne Resultate) Veld Handleiding.
Hoe groepeer ek my statistieke volgens fandom?
Die "Fandoms View" (Fandoms Aansig) en "Flat View" (Plat Aansig) knoppies laat u toe om u werke se statistieke in verskillende maniere te bekom. Wanneer u "Fandoms View" kies, word u werke volgens fandom gegroepeer. Werke wat met veelvuldige fandoms gemerk is, sal een keer wys vir elke fandom waarmee hulle gemerk is. Darenteen, as u "Flat View" kies, sal al u werke en hul statistieke saam gegroepeer word.
Waar kan ek meer inligting kry as my vraag nie hier beantwoord is nie?
Sommige vrae wat gereeld gevra word oor die Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) word in ander afdelings van die AO3 Algemene vrae beantwoord en sommige algemene terme is gedefinieer in ons Woordelys. Vrae en antwoorde oor ons diensvoorwaardes kan gevind word in die Diensvoorwaardes Algemene Vrae. U mag dalk ook belangstel in ons Bekende Probleme. Indien u meer hulp nodig het, dien gerus 'n ondersteuningsversoek in.
