Wat is 'n Subskripsie en wat hou dit dop?
'n Subskripsie is 'n manier om nuwe inhoud op te spoor wat op Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) geplaas is. U kan subskripsies gebruik om opdaterings vir individuele gebruikers, individuele werke en reekse op te spoor. Wanneer u 'n subskripsie aan ‘n gebruiker het, sal u e-poskennisgewings ontvang wat skakels bevat na nuwe werke of hoofstukke wat hulle geplaas het. Wanneer u 'n subskripsie aan ‘n individuele werk of reeks het, sal u e-poskennisgewings ontvang wat skakels bevat na nuwe hoofstukke of gedeeltes van daardie werk of reeks. Ons ontwikkel hierdie funksie aanhoudend.
Hoe kan ek my subskripsies bestuur?
Wanneer u ingeteken is, kies die begroeting "Hallo, [gebruikernaam]!" en kies "My Subscriptions" (My Subskripsies) uit die navigasiekieslys. As u op u Dashboard (Paneelbord) is, kan u ook toegang daartoe verkry deur "Subscriptions" (Subskripsies) te kies in die navigasiekieslys aan die linkerkant as u die standaard voorkomsvel gebruik, of bo-aan op mobiele blaaiers. Op u Subskripsies-bladsy sal u 'n lys van gebruikers en werke vind waarvoor u subskripsies het. Elke werk of reeks word vertoon as 'n skakel wat u na die werk se bladsy sal neem. Elke gebruiker word vertoon as 'n skakel wat u na hul Paneelbord sal neem. U kan ook op hierdie bladsy u subskripsie aan gebruikers, werke of reekse verwyder deur die "Unsubscribe" (Teken Uit Subskripsie)-knoppie langs elke inskrywing te kies.
Daar is 'n sorteerstelsel wat u toelaat om u lys te beperk tot "Series Subscriptions" (Reekssubkripsies), "User Subscriptions" (Gebruikerssubkripsies) of "Work Subscriptions" (Werksubskripsies), sodat u makliker kan vind waarvoor u soek. Die knoppies vir die filter van subskripsies is bo-aan die My Subskripsies-bladsy in die standaard voorkomsvel geleë.
Hoe teken ek in vir, of teken ek uit vir 'n subskripsie aan ‘n gebruiker?
U teken in vir 'n gebruikerssubskripsie deur hul paneelbord (http://archiveofourown.org/users/GEBRUIKERNAAM). Kies die "Subscribe" (Teken in)-knoppie om e-posse te begin ontvang wanneer hierdie gebruiker 'n nuwe hoofstuk of werk plaas. Dit sal u toelaat om e-poskennisgewings te ontvang, ongeag onder watter skuilnaam die gebruiker 'n werk geplaas het. Vir meer inligting oor hoe skuilname werk, verwys na Wat is 'n skuilnaam?
Wanneer u ingeteken het vir 'n subskripsie aan ‘n gebruiker, sal hul paneelbord-bladsy 'n "Unsubscribe" (Teken uit)-knoppie naby die bokant van die bladsy wys. Kies dit om uit te teken en op te hou om e-posse te ontvang. U kan ook by gebruikers uitteken op die My Subscriptions (My Subskripsies)-bladsy deur "Unsubscribe from [gebruikernaam]" (Teken uit by [gebruikernaam]) te kies. 'n Skakel om uit te teken is ook beskikbaar onderaan alle subskripsie e-posse.
Vir meer inligting oor die bestuur van u subskripsies, kyk asseblief na Hoe kan ek my subskripsies bestuur?
Hoe teken ek in vir, of teken ek uit by 'n subskripsie aan werk of reeks?
Gaan na die werk- of reeksbladsy waaraan u wil inteken en kies die "Subscribe" (Teken in)-knoppie naby die bokant van die bladsy om e-posse te begin ontvang wanneer 'n nuwe hoofstuk of gedeelte geplaas word.
Wanneer u ingeteken is vir 'n werk of reeks, sal die "Teken in"-knoppie naby die bokant van die bladsy verander na 'n "Unsubscribe" (Teken uit)-knoppie. Kies dit om uit te teken en op te hou om e-posse te ontvang. U kan ook op die My Subscriptions (My Subskripsies)-bladsy uitteken deur "Unsubscribe [work title]" (Teken uit by [werktitel]) te kies. 'n Uittekenskakel is ook beskikbaar onderaan alle subskripsie e-posse.
Vir meer inligting oor die bestuur van u subskripsies, kyk asseblief na Hoe kan ek my subskripsies bestuur?
Kan ek inskryf tot Versamelings of Uitdagings?
Nie op die oomblik nie.
Vir meer inligting oor versamelings, besoek gerus die Versamelings Algemene Vrae.
Kan ek 'n oog hou op subskripsies sonder om e-posse te ontvang?
Subskripsies is tans alleenlik 'n e-posdiens.
Om te leer oor ander maniere waarop u op hoogte kan bly en werke op Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) kan geniet – kyk na die Soek en Blaai Algemene Vrae, die Toegang tot Fanwerke Algemene Vrae, die Boekmerke Algemene Vrae, die Geskiedenis en Merk vir Later Algemene Vrae, en die Aflaai Algmene Vrae.
Hoe word e-poskennisgewings vir subskripsies uitgestuur?
E-poskennisgewings word daagliks in bondels uitgestuur. As 'n werk, reeks of gebruiker waarop u ingeskryf is een keer in daardie tydperk opdateer, sal u een e-pos ontvang wat 'n skakel na die opdatering bevat. As 'n werk, reeks of gebruiker waarop u ingeskryf is vinnig opdateer, sal u een e-pos ontvang wat skakels na al die opdaterings bevat.
Neem asseblief kennis dat sommige e-posstelsels die subskripsie e-posse na die strooiposlêer kan filter. Alle subskripsie e-posse kom van [email protected] af en u kan hierdie adres by u witlys voeg om te verhoed dat u e-posse verloor. Raadpleeg asseblief u e-posverskaffer se hulplêers om te verstaan hoe om 'n adres by die witlys te voeg.
Vir meer inligting oor hoe om in te teken vir 'n gebruikerssubskripsie, gaan asseblief na Hoe teken ek in vir, of teken ek uit by 'n subskripsie aan ‘n gebruiker? Vir meer inligting oor hoe om in te teken vir 'n werk of reeks, gaan asseblief na Hoe teken ek in vir, of teken ek uit by 'n werk of reeks?
Wat is 'n voer en wat hou dit dop?
'n Voer is 'n manier om u eie "nuusbladsy" te skep wat opdaterings van verskeie etikette op een plek sal versamel. U kan 'n voer gebruik om ‘n subskripsie aan die meeste kanonieke etikette te kry, insluitend meta etikette, verhoudingsetikette en karakteretikette, maar nie bykomende etikette nie. U sal al die werke wat aan die etikette in u voer gekoppel is in u voer kry omdat die kanonieke etikette alle sinonieme van die etikette versamel—byvoorbeeld die sinonieme #SPN etiket en die kanonieke Supernatural etiket. As iets egter verander en die etiket waarop u ingeteken is nie meer as kanoniek gemerk word nie, sal u voer steeds werk, maar die etiket sal nie meer sinoniemetikette met mekaar groepeer nie. 'n Voer sal net opdateer wanneer die werk oorspronklik geplaas is; dit sal nie kennisgewings verskaf vir werke wat deur die skepper opdateer is nie. 'n Voer kan in óf 'n toegewyde voerleser vir persoonlike gebruik versamel word, óf kan gesindikeer word op webwerwe soos Livejournal, Dreamwidth en Tumblr, wat enigiemand kan volg. U kan nie e-poskennisgewings direk vanaf Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) vir enige etiket kry nie.
Vir meer inligting oor kanonieke etiket(te), verwys na Hoe werk kanonieke etikette?
Hoe stel ek 'n voerleser op?
Sommige blaaiers het standaard, geïntegreerde voerlesers wat direk vanaf die blaaier se kieslys verkry kan word. Die meeste blaaiers kan ook byvoegsel-voerlesers as 'n alternatief vir die standaardfunksies gebruik, maar sommige blaaiers benodig byvoegsels, of uitbreidings, om voere te gebruik. Daar is ook aanlynvoerlesers en toepassingsvoerlesers wat nie met enige blaaier geassosieer word nie. Die keuse van 'n voerleser kom meestal neer op persoonlike voorkeur. Die enigste vereiste om toegang te verkry tot Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie)-voere is dat dit die Atom-voerformaat ondersteun. Neem asseblief kennis dat alle voerlesers anders werk. Die hulplêers van u voerleser kan u help met enige probleme wat u ondervind terwyl u aan die gang probeer kom.
Sodra u 'n voerleser wat u graag wil gebruik gekies en afgelaai of geaktiveer het, hoef u net in te skryf vir die etiket(te) van u keuse. Verwys na Hoe skryf ek in vir, of teken ek uit by 'n voer?
Hou asseblief in gedagte dat AO3 nie beheer hoe gebruikers kies om hul werke te merk nie en enige werke wat aan die etiket gekoppel is sal in u voer verskyn.
Vir meer inligting oor kanonieke etiket(te), verwys na die Hoe werk kanonieke etikette?-vraag in die Etikette Algemene Vrae.
Hoe teken ek in vir, of teken uit by, 'n subskripsie aan ‘n voer?
Om 'n subskripsie by u stroomleser te voeg, kies eenvoudig 'n etiket—byvoorbeeld die Naruto fandom-etiket—dan kies die "RSS Feed" (RSS Voer)-knoppie wat regs bo op die etiket se bladsy in die standaard voorkomsvel gevind kan word. Vir blaaier-geïntegreerde voerlesers kies u gewoonlik net die "RSS Voer"-knoppie op die etiket se bladsy en u sal gevra word om in te skryf. Met aanlynstroomlesers kan dit nodig wees om die voer se URL na 'n "voeg voer by" soekkassie op u voerleser te kopieer. Die voer se URL word verskaf in die bladsy wat oopmaak wanneer u die "RSS Voer"-knoppie kies.
As u dink dat u graag 'n voerleser sal wil gebruik, maar meer inligting benodig, gaan asseblief na Hoe stel ek 'n voerleser op?
Om in te skryf vir 'n gesindikeerde voer op 'n ander webwerf, soos LiveJournal, Dreamwidth of Tumblr, sal u moet soek vir die voer waarin u belangstel en dan die blog of joernaal volg of daarop inskryf. LiveJournal en Dreamwidth het albei hulplêers oor voere, en hulle het albei maklike soekopsies om bestaande voere te vind. Op Tumblr kan u soek vir 'n bestaande voerblog waarin u belangstel, die blog dan volg en u sal al die werke vir daardie etiket op u Tumblr Paneelbord kry.
As u will uitteken by 'n voer sal u dit moet doen vanaf u voerleser of die webwerf wat u gebruik het. Raadpleeg die hulplêers van u voerleser of die webwerf wat u gebruik het om te leer hoe om dit te doen.
Hou asseblief in gedagte dat sindikasies deur gebruikers geskep en op ander webwerwe gehuisves word. Hulle word nie deur enige Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie)-span bestuur of filtreer nie. AO3 beheer ook nie hoe gebruikers kies om hul werke te merk nie en enige werk wat aan die etiket gekoppel is, sal in u voer verskyn.
Vir meer inligting oor strome en sindikasie op LiveJournal, Dreamwidth, Tumblr of enige werf wat u gekies het, raadpleeg asseblief hul hulplêers.
Hoe stel ek 'n gesindikeerde voer op as daar nie een vir my fandom bestaan nie?
As u die webwerf wat u wil gebruik deursoek en 'n gesindikeerde stroom bestaan nie reeds vir die etiket waarop u wil inskryf nie, kan u een skep. Verwys asseblief na Hoe teken ek in vir, of teken ek uit by, ‘n subskripsie aan 'n voer? vir instruksies oor hoe om vir voere te soek. Daar is baie webwerwe wat sindikasie ondersteun, en elke webwerf sal verskillende vereistes of stappe vir sindikasie hê.
Vir meer inligting oor voere en sindikasie op LiveJournal, Dreamwidth, Tumblr of enige webwerf wat u gekies het, raadpleeg asseblief hul hulplêers.
Hou asseblief in gedagte dat sindikasies deur gebruikers geskep en op ander webwerwe gehuisves word. Hulle word nie deur enige Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie)-span bestuur of filtreer nie. AO3 beheer ook nie hoe gebruikers kies om hul werke te merk nie en enige werk wat aan die etiket gekoppel is, sal in u voer verskyn.
Kan ek inteken vir, of 'n voer skep deur meta etikette te gebruik?
Ja. Wees asseblief bewus daarvan dat, wanneer u inskryf vir 'n meta etiket wat baie subetikette insluit, u opdaterings sal kry vir al die etikette wat met die meta etiket geassosieer word. Byvoorbeeld, as u inskryf vir die Marvel fandom etiket sal dit die Captain America (Movies), X-Men: First Class (2011), Marvel 616, Iron Man (Comics), en ander etikette wat aan die meta etiket gekoppel is, insluit.
Verwys asseblief na Hoe skryf ek in vir, of teken ek uit by 'n voer? vir instruksies oor hoe om in te stryf vir voere. Of verwys na Hoe stel ek 'n gesindikeerde voer op as daar nie een vir my fandom bestaan nie? vir instruksies oor hoe om voere te skep.
Hou asseblief in gedagte dat sindikasies deur gebruikers geskep word en op ander webwerwe gehuisves word. Hulle word nie deur 'n Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie)-span bestuur of filtreer nie. AO3 beheer ook nie hoe gebruikers kies om hul werke te merk nie en enige werk wat aan die etiket gekoppel is, sal in u voer verskyn.
Vir meer inligting oor meta etikette, verwys na Meta etiket.
Vir meer inligting oor etikette, verwys na Handleiding: Etikette op die AO3.
Kan ek inteken vir, of 'n vroer skep deur verhoudingetikette te gebruik?
Ja. Hierdie voer sal net soos enige ander een werk en sal opgedateer word met al die werke wat aan die verhoudingetiket gekoppel is en alle variasies wat aan die verhoudingetiket gekoppel is.
Verwys asseblief na Hoe teken ek in vir, of teken ek uit by 'n voer? vir instruksies oor hoe om vir voere in te skryf. U kan ook verwys na Hoe stel ek 'n gesindikeerde voer op as een nie vir my fandom bestaan nie? vir instruksies oor hoe om voere te skep.
Hou asseblief in gedagte dat sindikasies deur gebruikers geskep en op ander werwe gehuisves word. Hulle word nie deur enige Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie)-span bestuur of filtreer nie. AO3 beheer ook nie hoe gebruikers kies om hul werke te merk nie, en enige werk wat aan die etiket gekoppel is, sal in u voer verskyn.
Vir meer inligting oor etikette, verwys na Handleiding: Etikette op die AO3.
Kan ek inteken vir, of 'n voer skep deur karakter-etikette te gebruik?
Ja. Hierdie voer sal net soos enige ander voer werk en sal opgedateer word met al die werke wat aan die karakter-etiket gekoppel is en alle variasies wat aan die karakter-etiket gekoppel is.
Verwys asseblief na Hoe teken ek in vir, of teken ek uit van 'n voer? vir instruksies oor hoe om in te teken vir ‘n voer. U kan ook verwys na Hoe stel ek 'n gesindikeerde voer op as een nie vir my fandom bestaan nie? vir instruksies oor hoe om voere te skep.
Hou asseblief in gedagte dat sindikasies deur gebruikers geskep en op ander werwe gehuisves word. Hulle word nie deur enige Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie)-span bestuur of filtreer nie. AO3 beheer ook nie hoe gebruikers kies om hul werke te merk nie, en enige werk wat aan die etiket gekoppel is, sal in u voer verskyn.
Vir meer inligting oor etikette, verwys na Handleiding: Etikette op die AO3.
Kan ek inteken vir, of 'n stroom skep deur bykomende etikette te gebruik?
Nee, dit is nie moontlik om in te skryf of 'n stroom te skep vir bykomende etikette (ook bekend as vryvorm-etikette) wat u op Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) vind nie.
Vir meer inligting oor etikette, verwys na Handleiding: Etikette op die AO3.
Kan ek inskryf vir of 'n gefiltreerde voer skep?
Nee. Dit is byvoorbeeld nie moontlik om 'n voer te skep wat slegs werke wat as Spock/Nyota Uhura gemerkis in die Star Trek: Alternate Original Series (Movies) fandom etiket sal versamel nie. U sal alle werke wat gemerk is met die "Spock/Nyota Uhura"-verhoudingetiket, en enige variasies wat aan hierdie etiket gekoppel is, in u stroom kry. Selfs al kies u "RSS Feed" (RSS voer) op 'n bladsy met gefiltreerde soekresultate vir u gekose etiket, sal u steeds alle werke kry wat ingesluit is by en gekoppel is aan die etiket.
Verwys asseblief na Hoe skryf ek in vir, of teken ek uit by 'n voer? vir instruksies oor hoe om vir voere in te skryf. U kan ook verwys na Hoe stel ek 'n gesindikeerde voer op as een nie vir my fandom bestaan nie? vir instruksies oor hoe om voere te skep.
Sal ek e-posse of voerkennisgewings kry vir ongeopenbaarde of anonieme werke?
Ongeopenbaarde werke is werke wat geplaas is, maar weggesteek is. As iemand op wie u ingeskryf is 'n ongeopenbaarde werk plaas, sal u nie 'n subskripsiekennisgewing ontvang voordat dit onthul word nie. Werke wat voorheen ongeopenbaar is sal dalk nie in voere verskyn nie, selfs wanneer hulle onthul word, omdat die datum van plasing reeds verby is.
Anonieme werke is werke wat geplaas word met die subopskrif 'deur Anoniem', met hul skepper se gebruikersnaam versteek. As iemand op wie u ingeteken is 'n anonieme werk plaas, sal u nie 'n subskripsiekennisgewing ontvang nie, tensy hulle dit later onthul. Anonieme werke sal egter in 'n voer verskyn, onder die skeppernaam "Anoniem".
Verwys asseblief na Hoe teken ek in vir of teken ek uit by 'n subskripsie aan ‘n gebruiker? vir instruksies oor hoe om in te teken vir gebruikers.
Sal ek e-posse of voerkennisgewings kry werke wat beperk is?
Werke wat beperk is is dié wat se toegangsregte gestel is sodat slegs aangemelde Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) gebruikers toegang daartoe kan verkry. E-poskennisgewings sal steeds vir dié werke gestuur word as u ingeskryf is vir die werk, reeks of skepper, maar dit is nie by voere ingesluit nie.
Verwys asseblief na Hoe teken ek in vir of teken ek uit by 'n subskripsie aan ‘n gebruiker? vir instruksies oor hoe om in te skryf vir gebruikers. Verwys na Hoe skryf ek in vir, of teken ek uit by 'n subskripsie aan 'n werk of reeks? vir instruksies oor hoe om vir 'n werk of reeks in te skryf.
Waar kan ek meer inligting kry as my vraag nie hier beantwoord is nie?
Sommige vrae wat gereeld gevra word oor die Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) word in ander afdelings van die AO3 Algemene Vrae beantwoord en sommige algemene terme is gedefinieer in ons Woordelys. Vrae en antwoorde oor ons diensvoorwaardes kan gevind word in die Diensvoorwaardes Algemene Vrae. U mag dalk ook belangstel in ons Bekende Probleme. Indien u meer hulp nodig het, dien gerus 'n Ondersteuningsversoek in.
