Archive FAQ > Etiketstelle

Wat is 'n etiketstel?

Etiketstelle is etiket 'bondels' wat gebruik kan word om 'n Prikkel-meme of Geskenk Uitruiling te bestuur, maar wat afsonderlik opgestel word. Etiketstelle maak dit moontlik vir u uitdaging om etikette te bevat wat nie op die Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) geskep is nie, terwyl dit ook toegang tot bestaande etikette bied. Hier is 'n paar voorbeelde van waar etiketstelle nuttig kan wees:

  • 'n Geskenk Uitruiling gefokus op 'n fandom wat redelik nuut aan AO3 is, met karakters en verhoudings wat nog nie op die webwerf gebruik is nie.
  • 'n Prikkel-meme wat die beskikbare keuses wil beperk tot 'n spesifieke stel fandoms, verhoudings en/of karakters.

U kan 'n etiketstel by u Geskenk Uitruiling of Prikkel-meme voeg wanneer u dit skep, of later op sy Challenge Settings (Uitdaging Instellings)-bladsy. Etikette in die stel sal dan op die Inskrywingsvorm verskyn. Verwys na die Geskenk Uitruiling Algemene Vrae of die Prikkel-meme Algemene Vrae vir meer inligting.

Die eienaar van 'n etiketstel kan soveel mede-eienaars en modereerders aanstel as wat hulle wil om hulle te help om dit te bestuur. Modereerders het nie toegang tot die instellings nie, maar hulle kan help deur nominasies te verwerk. Vir meer inligting hieroor, gaan na Hoe voeg ek iemand by of verwyder ek iemand as 'n mede-eienaar of modereerder van my etiketstel? Verwys na Hoe maak ek nominasies oop? en die vrae wat daarop volg vir inligting oor die nominasieproses oor die algemeen.

Etiketstelle wat deur ander gebruikers geskep is, kan gevind word op die Tag Sets (Etiketstelle)-bladsy.

Sommige etiketstel-eienaars kan kies om hul etiketstel sigbaar te maak of te versteek, en/of dit openbaar beskikbaar te stel vir ander om in hul uitdagings te gebruik. Neem asseblief kennis dat die gebruiker wat 'n etiketstel geskep het dit kan uitvee of dit sonder waarskuwing kan verander, so voordat u iemand anders se etiketstel vir u uitdaging gebruik, maak asseblief seker dat u hulle vertrou om dit nie op 'n ongeleë tyd te verander nie.

Hoe vind ek etiketstelle wat deur ander mense geskep is?

Etiketstelle word op die Tag Sets (Etiketstelle)-bladsy gelys, waartoe u soos volg toegang kan kry:

  1. Teken in en gaan na "Browse (Blaai)" en dan na "Tags (Etikette)" op die kieslys bo-aan die bladsy in die standaard voorkomsvel (onder die webwerflogo)
  2. Kies die "Tag Sets (Etiketstelle)"-knoppie naby aan die bokant van die bladsy, langs "Most Popular (Gewildste)".

U kan hierdeur blaai, of u kan 'n spesifieke etiketstel vind deur die etiketstel se hele naam, of 'n deel daarvan, in die soekblokkie naby die "New Tag Set (Nuwe Etiketstel)"- en "Etikette"-knoppies in te voer.

Etiketstel-eienaars kan kies om hul etiketstel openbaar beskikbaar te maak sodat ander gebruikers dit in hul uitdagings kan gebruik. Neem asseblief kennis dat die eienaars van 'n etiketstel dit kan uitvee of dit sonder waarskuwing kan verander, so wees versigtig wanneer u kies om 'n openbare etiketstel in u uitdaging te gebruik. 'n Etiketstel wat beskikbaar is vir openbare gebruik sal die boodskap "This tag set can be used in challenge settings by anybody (Hierdie etiketstel kan deur enigiemand gebruik word in 'n uitdagingsomgewing)" op sy bladsy hê. Dit moet nie verwar word met "Open to the public (Oop vir die publiek)", wat die boodskap is wat vertoon word wanneer 'n etiketstel tans nominasies aanvaar nie.

As u vir u eie etiketstelle soek, verwys na Hoe vind ek etiketstelle wat ek besit of modereer?

Hoe vind ek etiketstelle wat ek besit of modereer?

Daar is tans geen manier om te soek vir etiketstelle wat u besit of modereer nie. U kan egter die URL in u adresbalk verander om u na u Tag Sets (Etiketstelle)-bladsy te neem. Kopieer die volgende skakel en verander GEBRUIKERSNAAM na u eie gebruikersnaam:
archiveofourown.org/users/GEBRUIKERSNAAM/tag_sets. U kan ook hierdie metode gebruik om etiketstelle deur 'n spesifieke gebruiker te vind.

As u vir 'n ander etiketstel soek, verwys na Hoe find ek etiketstelle wat deur ander gebruikers geskep is?

Hoe skep ek nuwe etiketstelle?

Wanneer u ingeteken is by die Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie):

  1. Kies "Browse (Blaai)" en dan "Tags (Etikette)" op die kieslys bo-aan die bladsy in die standaard voorkomsvel (onder die webwerflogo).
  2. Kies die "Tag Sets (Etiketstelle)"-knoppie naby aan die bokant van die bladsy, langs "Most Popular (Gewildste)".
  3. Kies die "New Tag Set (Nuwe Etiketstelle)"-knoppie.

Dit sal u na 'n bladsy neem waar u die beperkings van u etiketstel kan stel, soos hieronder uiteengesit.

Management (Bestuur)

In die Bestuur-afdeling kan u eienaars en modereerders byvoeg (of verwyder). Enigiemand wat u as 'n eienaar of modereerder byvoeg, moet 'n rekening op AO3 hê.

Voer hul gebruikersnaam of skuilnaam in die teksblokkie langs "Add/Remove Owners (Voeg Eienaars By/Verwyder Eienaars)" of "Add/Remove Moderators (Voeg Modereerders By/Verwyder Modereerders)". As die gebruikersnaam of skuilnaam nie reeds 'n eienaar of modereerder is nie, sal hulle as een bygevoeg word. As hulle reeds 'n eienaar of modereerder is, sal hulle verwyder word. U kan nie die enigste eienaar van die etiketstel verwyder nie. Vir meer inligting oor die verskil tussen hierdie rolle, verwys na Wat is die verskil tussen 'n mede-eienaar en 'n modereerder?

Description (Beskrywing)

In hierdie afdeling stel u die volgende opsies op:

Title (Titel)
Hierdie veld is verpligtend. U kan slegs teks in hierdie veld invoer, tot 255 karakters (die simbole , ^ * < > { } = ` \ en % kan nie gebruik word nie).
Brief Description (Kort Beskrywing)
Voer 'n beskrywing van u etiketstel in, tot 1 250 karakters. U kan HTML-kode en ander simbole in hierdie veld gebruik (wees bewus daarvan dat enige karakters wat gebruik word vir kodering of formatering by die 1 250 limiet getel word).
Visible tag list? (Sigbare etiketlys?)
Merk hierdie blokkie om ander gebruikers toe te laat om te sien watter etikette by u etiketstel ingesluit is.
Usable by others? (Bruikbaar deur ander?)
Merk hierdie blokkie om u etiketstel openbaar beskikbaar te maak sodat ander uitdaging-modereerders dit kan gebruik. Neem asseblief kennis dat uitdagings wat reeds u etiketstel gebruik nie beïnvloed word as u hierdie instellings verander nie.
Currently taking nominations? (Neem tans nominasies?)
Merk hierdie blokkie om nominasies oop te maak—u sal dit ook moet doen om u nominasie-limiete op te stel.

Nomination Limits (Nominasie-limiete)

As u "Neem tans nominasies?" gemerk het sal u 'n area sien waar u die perke kan stel wat u op nominasies wil plaas. Voer die maksimum aantal Fandom (Fandom)-, Character (Karakter)-, Relationship (Verhouding)- en Additional (freeform) tag (Addisionele (vryvorm) etiket)-nominasies in wat u van enige deelnemer sal aanvaar. As u beide fandoms en karakters/verhoudings in dieselfde etiketstel toelaat, is dit die aantal karakters/verhoudings per fandom.

Tags In Set (Etikette In Stel)

Daar is twee maniere om etikette in u etiketstel in te voer: met die hand of deur nominasies te aanvaar. U kan een of albei hiervan doen. As u met die hand etikette by u stel wil voeg, is dit waar u dit kan doen.

U kan etikette gebruik wat reeds op AO3 bestaan, of nuwes byvoeg. U kan ook die Categories (Kategorieë)-, Ratings (Graderings)- en Warnings (Waarskuwings)-etikette kies wat toegelaat word.

Neem asseblief kennis dat, as u fandoms in u etiketstel insluit, u in u uitdaging beperk sal word tot daardie fandoms. As u nie fandoms by u etiketstel insluit nie, sal u nie nuwe karakters of verhoudings kan assosieer nie.

As u veelvuldige etikette wil byvoeg wat reeds op AO3 bestaan, moet u dalk oorweeg om eerder ons bondellaaifunksie te gebruik.

Tag Associations (Etiket Assosiasies)

Hierdie afdeling is leeg wanneer u die eerste keer u etiketstel skep. Nadat u etikette ingedien het, of genomineerde etikette in u etiketstel aanvaar het, kan u terugkeer na hierdie afdeling om hul fandom-assosiasies by te voeg of te wysig.
Verwys na Hoe voeg ek assosiasies by etikette?

Actions (Aksies)

Sodra u tevrede is met die opsies wat u gekies het, en met die hand enige etikette bygevoeg het wat u wil insluit, kies die "Submit (Dien in)"-knoppie aan die einde van die vorm. Ons stel voor u boekmerk die bladsy wat volg sodat u maklik na u etiketstel kan terugkeer.

Hoe vee ek 'n etiketstel uit?

As u eienaarvlaktoegang tot die etiketstel het, kan u die "Delete (Vee uit)"-knoppie op die etiketstelbladsy kies en sodoende die verwydering in die opspringvenster bevestig. Die uitvee van 'n etiketstel gebeur onmiddellik en is onomkeerbaar. Alle inligting in die etiketstel, insluitend bygevoegde etikette, nominasies en assosiasies, sal onmiddellik geskrap word, en die etiketstel sal nie beskikbaar wees vir enige uitdagings nie.

As 'n etiketstel die enigste een is wat deur 'n uitdaging gebruik word wanneer dit uitgevee word, sal die uitdaging weereens alle Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie)-etikette toelaat.

Hoe verander ek of my etiketstel vir openbare gebruik beskikbaar is?

Kies die "Edit (Redigeer)"-knoppie vanaf u etiketstelbladsy. In die Description (Beskrywing) afdeling, merk "Usable by others? (Bruikbaar deur ander?)" en kies dan die "Update (Dateer op)"-knoppie om u etiketstel openbaar beskikbaar te maak vir ander uitdaging-eienaars om te gebruik.

Om u etiketstel onbeskikbaar te maak, ontmerk "Bruikbaar deur ander?", en kies dan die "Dateer op"-knoppie onderaan die bladsy. Neem asseblief kennis dat, as u 'n etiketstel onbeskikbaar maak, dit nie uitdagings wat reeds u etiketstel gebruik sal beïnvloed nie.

Hoe verander ek of die etikette in my etiketstel versteek of sigbaar is?

Kies die "Edit (Redigeer)"-knoppie vanaf u etiketstelbladsy. In die Description (Beskrywing)-afdeling, merk "Visible tag list? (Sigbare etiketlys?)" en kies dan die "Update (Dateer op)"-knoppie om etikette wat in u etiketstel ingesluit is vir gebruikers sigbaar te maak.

Om etikette in u etiketstel te versteek, ontmerk net "Sigbare etiketlys?", en kies dan die "Dateer op"-knoppie onderaan die bladsy.

Hoe maak ek nominasies oop?

Kies die "Edit (Redigeer)"-knoppie vanaf u etiketstelbladsy. In die Description (Beskrywing)-afdeling, merk "Currently taking nominations? (Neem tans nominasies?)" en kies dan die "Update (Dateer op)"-knoppie om nominasies te open (of te heropen).

As u hierdie merkblokkie kies, sal u 'n area sien waar u die limiete kan opstel wat u op u nominasies wil plaas. Verwys na Hoe stel ek limiete op nominasies? vir hulp met hierdie afdeling.

Vir inligting oor hoe om nominasies te sluit, verwys na Hoe en wanneer sluit ek nominasies?

Hoe stel ek limiete op nominasies?

Kies die "Edit (Redigeer)"-knoppie vanaf u etiketstelbladsy, en maak seker dat "Currently taking nominations? (Neem tans nominasies?)" gemerk is. In die Nomination Limits (Nominasie-limiete)-afdeling, voer die maksimum aantal Fandom (Fandom)-, Character (Karakter)-, Relationship (Verhouding)- en Additional (freeform) tag (Addisionele (vryvorm) etiket)-nominasies in wat u sal aanvaar van enige deelnemer. As u beide fandoms en karakters/verhoudings in dieselfde etiketstel toelaat, is dit die aantal karakters/verhoudings per fandom.

Wanneer u tevrede is met u instellings, kies die "Update (Dateer op)"-knoppie om u veranderinge te bevestig.

Hoe herstel ek 'n fout wat ek gemaak het met die aantal etiket-opsies vir nominasies?

U kan nie hierdie opsies verander as u reeds enige etikette genomineer het nie. U sal alle nominasies eers moet hersien of uitvee. Sodra die nominasies uitgevee of hersien is, kies die "Edit (Redigeer)"-knoppie op u etiketstelbladsy. U kan dan enige van die opsies wat u vir u etiketstel verander, insluitend nominasielimiete.

Hoe verwerp of keur ek nominasies goed?

As u nominasies het wat wag om hersien te word, sal 'n "Review Nominations (Hersien Nominasies)"-knoppie op u etiketstelbladsy beskikbaar wees. Kies hierdie knoppie om die Hersien Nominasies-bladsy vir daardie etiketstel oop te maak. Hierdie bladsy is opgedeel in verskillende afdelings, en die formatering van die etikette gee u sekere inligting daaroor. Verwys na Waarom word genomineerde etikette anders geformateer? vir meer inligting hieroor. Indien 'n etiket meer as een keer genomineer is, sal dit voor die "+" merkblokkie aangedui word met "(x#)", bv. (x2).

Nuwe etikette wat genomineer is vir fandoms wat u reeds goedgekeur het, sal in die eerste afdeling gelys word. Nuwe etikette genomineer binne fandoms wat u nog nie goedgekeur het nie, is in 'n tweede afdeling. Die derde en laaste afdeling bevat alle Additional (freeform) tags (Addisionele (vryvorm) etikette) wat genomineer is.

In elke afdeling kan u die "Approve All (Keur Alles Goed)"- of "Reject All (Verwerp Alles)"-knoppies gebruik om al die toepaslike merkblokkies te merk, en die "Approve None (Keur Geen Goed Nie)"- of "Reject None (Verwerp Geen)"-knoppies gebruik om al die toepaslike merkblokkies te ontmerk.

Om hulle individueel te verwerk, merk die "+" blokkie om hulle goed te keur, of die "x" blokkie om hulle te verwerp. As u die etiket wil goedkeur, maar dit moet regstel of verander (byvoorbeeld, as iemand "Divine Cassandra" nomineer maar u wil hê die etiket moet "Cassandra Pentaghast" wees), kan u die gekorrigeerde etiket in die leë teksblokkie langs die goedkeur/verwerp merkblokkies (of onder hulle in 'n mobiele toestel) invoer en dit dan goedkeur.

As die genomineerde etiket as 'n sinoniem gewrangle is (byvoorbeeld, Aarbei is sinoniem gemaak met Aarbeie), sal die kanonieke etiket op daardie etiket se ry voorgestel word, of direk daaronder op kleiner skerms. U kan die blokkie merk om eerder die kanonieke etiket goed te keur.

Let daarop dat etikette wat in die etiketstel genomineer word, uniek moet wees. Die stelsel sal baie deurmekaar raak as u probeer om "Dazai Osamu" vir twee verskillende fandoms te nomineer. U sal die nominasies moet verander na "Dazai Osamu (Bungou Stray Dogs)" en "Dazai Osamu (Literêre RPF)". Verwys na Hoe korrigeer ek 'n genomineerde etiket as ek dit in 'n ander vorm wil aanvaar?

Aangesien genomineerde etikette gekoppel is aan Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) wrangling, moet die bewoording soms baie spesifiek wees om die etiket uniek te maak. Byvoorbeeld, 'n deelnemer nomineer "Natasha Romanov (Comics)" in die "Marvel 616" fandom. Omdat hierdie etiket reeds 'n sinoniem van die kanonieke "Natasha Romanov"-etiket is, assosieer die stelsel dit outomaties met al die Marvel-fandoms waarin sy verskyn, en gebruikers sal 'n inskrywing in u uitdaging vir Natasha Romanov kan skep in enige Marvel-fandom, nie net Marvel 616 nie. U sal die nominasie moet verander om meer spesifiek te wees, soos "Natasha Romanov (Marvel 616 Winter Uitruiling)".

Verwys na Hoe voeg ek assosiasies by etikette? vir inligting oor hoe om dit te doen. Wranglers sal in staat wees om enige nuwe etikette of assosiasies behoorlik te koppel nadat hulle in 'n geplaasde en onthulde werk gebruik is. Vir meer inligting oor die onthulling van werke, verwys na Hoe onthul ek werke of maak anonieme skeppers bekend in versamelings wat ek besit? in die Versamelings Algemene Vrae.

Wanneer u u keuses gemaak het, gaan na die einde van die bladsy en kies die "Submit (Dien in)"-knoppie. Geen veranderinge sal gemaak word totdat hierdie knoppie gekies is nie.

Sodra 'n etiket in die etiketstel aanvaar is, kan dit verwyder word deur dit uit te vee uit die etiketstel, maar u kan dit nie terugstel na die genomineerde etiketwaglys nie. Verwys na Hoe vee ek 'n etiket uit my etiketstel uit? vir meer inligting.

Waarom word genomineerde etikette anders geformateer?

Genomineerde etikette kan gevind word wanneer u die "Review Nominations (Hersien Nominasies)"-knoppie op u etiketstel blad kies. Die formatering van die teks sal u inlig oor die status van daardie etiket op Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie), soos volg:

Kanonieke 'Coffee' etiket, vetgedruk met gestippelde hiperskakel onderstreep
Vetgedruk met 'n hiperskakel beteken die etiket is 'n kanonieke etiket op AO3 ('n etiket wat 'algemeen' gemerk is en op die webwerf se filters verskyn).
Nuwe 'Mauve Chair' etiket, met geen formatering
Gewone teks (sonder formatering) beteken dat dit 'n nuwe etiket is wat nog nooit voorheen op AO3 gebruik is nie en dus geen assosiasies of sinonieme het nie.
Ongeformateerde 'Dessert' etiket. Die kanoniek 'Desserts & Sweets' etiket is in hakies langsaan dit, vetgedruk met 'n gestippelde hiperskakel om aan te dui dit is kanoniek.
Gewone teks met 'n vetgedrukte hiperskakel na 'n bestaande kanonieke etiket in hakies langsaan dit beteken die genomineerde etiket is as 'n sinoniem aan die kanonieke etiket gekoppel. In hierdie gevalle sal die opsie om eerder die kanonieke etiket te kies op daardie etiket se ry verskyn.
Ongeorganiseerde 'Limes' etiket, in gewone ongeformateerde teks met 'n grys agtergrond of 'highlight'
Gewone teks met grys agtergrond wys dat die etiket al voorheen op AO3 gebruik is, maar nog nie kanoniek of sinoniem met 'n kanonieke etiket gemaak is nie.
Kanonieke 'Lena' etiket, nie vetgedruk met 'n gestippelde hiperskakel onderstreep
Gewone teks met 'n hiperskakel wys dat die etiket 'n kanonieke etiket op AO3 is, maar nie geassosieer word met die fandom waarmee dit genomineer word nie.

Vir meer inligting oor hoe etikette op AO3 gewrangle word, verwys na die Etikette Algemene Vrae.

Kan ek etikette goedkeur of verwerp terwyl nominasies oop is?

Ja, u kan. U hoef nie nominasies toe te maak voordat u hulle begin verwerk nie. Verwys na Hoe keur ek nominasies goed or verwerp hulle? vir aanwysings.

Hoe korrigeer ek 'n genomineerde etiket as ek dit in 'n ander vorm wil aanvaar?

As u 'n etiket wil goedkeur maar dit moet regstel of verander (byvoorbeeld, as 'n etiket verkeerd gespel is, of iemand nomineer "Clara Oswald" maar u wil hê dat die etiket "Clara Oswin Oswald" moet wees, kan u die gekorrigeerde etiket in die leë teksblokkie langs die goedkeur/verwerp merkblokkies invoer (of onder hulle op 'n mobiele toestel). Kies die "Submit (Dien In)"-knoppie onderaan die bladsy om u veranderinge aan te bring.

Hoe en wanneer maak ek nominasies toe?

Kies die "Edit (Wysig)"-knoppie op u etiketstelbladsy. In die Description (Beskrywing)-afdeling, ontmerk "Currently taking nominations? (Neem tans nominasies op?)" en kies dan die "Update (Dateer op)"-knoppie onderaan die bladsy om nominasies te sluit.

Dit is heeltemal u besluit wanneer u dit doen. U kan dit doen wanneer u genoeg nominasies ontvang het, of op 'n voorafbepaalde datum en tyd—byvoorbeeld, as u aangekondig het dat nominasies oop sal wees vanaf [Datum] tot [Datum]—of op enige tyd wat u pas. Daar is geen manier om die oopmaak of sluit van nominasies te outomatiseer nie. Dit moet met die hand gedoen word deur die blokkie op die toepaslike tye te merk of te ontmerk.

U kan nominasies enige tyd weer oopmaak. Verwys na Hoe maak ek nominasies oop? vir 'n *herinnering oor hoe om dit te doen.

Hoe verwyder ek nominasies?

Kies die "Clear Nominations (Verwyder nominasies)"-knoppie op u etiketstelbladsy. Dit sal u na 'n bevestigingsbladsy neem. Kies die "Yes, Clear Tag Set Nominations (Ja, Verwyder Etiketstel Nominasies)"-knoppie om alle nominasies op u etiketstel te verwyder. Gebruikers sal verdere nominasies kan indien nadat u vorige indieninge verwyder het, solank nominasies oop bly.

Let wel: Dit sal alle ongehersiene nominasies uit u etiketstel verwyder en kan nie omgekeer word nie, so wees asseblief versigtig. Verwys na Hoe keur ek nominasies goed of verwerp hulle? vir inligting oor hoe om nominasies te hersien.

Hoe voeg ek self etikette by die etiketstel?

Kies die "Edit (Wysig)"-knoppie op u etiketstelbladsy. In die Tags In Set (Etikette in Etiketstel)-afdeling, kan u Fandom, Character (Karakter), Relationship (Verhouding), en Additional (freeform) tags (Bykomende (vryvorm) etikette) byvoeg met die "Add (Voeg by):"-teksblokkie onder die relevante kategorie. U kan ook die Categories (Kategorieë), Ratings (Graderings), en Warnings (Waarskuwings) spesifiseer wat toegelaat word in u uitdaging deur die blokkies te merk (of te ontmerk), as u daardie etikette wil gebruik vir paring.

U kan ook veelvuldige karakter of verhouding etikette in 'n bondel laai, mits hulle aan dieselfde fandom behoort. Verwys na Hoe voeg ek veelvuldige etikette terselfdetyd by? vir instruksies.

Om 'n etiket uit u etiketstel te verwyder, verwys na Hoe verwyder ek 'n etiket uit my etiketstel?

Hoe voeg ek veelvuldige etikette terselfdetyd by?

Op u etiketstel bladsy, kies die "Batch Load (Bondel Laai)"-knoppie naby aan die bokant van die bladsy. U kan etikette byvoeg in die formaat: Fandom,Karakter,Karakter,Karakter,... (dit wil sê etikette word deur kommas geskei, sonder enige spasies) om die fandom etiket in te sluit saam met die karakter etikette, of kies die merkblokkie langsaan "Relationships instead? (Eerder Verhoudings?)" om die fandom etiket in te sluit saam met die verhouding etikette in die formaat:
Fandom,Karakter/Karakter,Karakter & Karakter,.... U kan nie Character (Karakter)- en Relationship (Verhouding)-etikette gelyk invoer nie.

Let wel dat u net Batch Load kan gebruik om gekanoniseerde Fandom-, Karakter-, en Verhouding-etikette by te voeg. Vir meer oor kanonieke etikette, verwys na Hoe werk kanonieke etikette? Om nuwe etikette by Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) te voeg om te gebruik in u etiketstel, sal u etikette individueel moet byvoeg in die Edit (Wysig)-bladsy.

Enkele voorbeelde:

  • 방탄소년단 | Bangtan Boys | BTS,Jeon Jungkook,Park Jimin (BTS),Min Yoongi | Suga,Jung Hoseok | J-Hope,Kim Taehyung | V,Kim Seokjin | Jin,Kim Namjoon | Rap Monster
  • Homestuck,Dave Strider & Dirk Strider,John Egbert/Dave Strider,Jake English/Dirk Strider,Rose Lalonde/Kanaya Maryam,Dave Strider/Karkat Vantas,John Egbert/Karkat Vantas

Hoe voeg ek assosiasies by etikette?

Nadat etikette goedgekeur is vir insluiting in die etiketstel, sal enige wat ingedien is onder 'n fandom waarmee hulle nie kanoniek geassosieer word nie, verskyn wanneer u "Review Associations (Hersien Assosiasies)" kies. U kan hierdie nuwe assosiasies goedkeur deur die blokkie langs die gelyste etiket en sy nuwe assosiasie te merk, en dan "Submit (Dien in)" onderaan die bladsy te kies.

Om assosiasies met die hand aan te pas, kies die "Edit (Wysig)"-knoppie. Beweeg af na die Tag Associations (Etiketassosiasies)-afdeling (naby die onderkant van die bladsy) en kies "Add Association (Voeg assosiasie by)". Dit sal bykomende invoerkieslyste oopmaak, waar u die etiket kan kies waarvoor u die assosiasie wil skep deur die "Tag (Etiket)"-kieslys te gebruik. Kies dan die fandom om dit mee te assosieer uit die "Parent tag (Ouer etiket)"-kieslys. Hierdie kieslyste sal slegs gevul word met etikette wat goedgekeur is vir gebruik in u etiketstel.

As u 'n fout gemaak het, kan u ook enige assosiasies wat u bygevoeg het in hierdie deel verwyder. Merk die blokkie langs die assosiasie om dit te verwyder, en voeg die korrekte assosiasie by soos hierbo beskryf.

U kan die "Voeg assosiasie by"-knoppie soveel keer kies as wat u nodig het. Sodra u al u etikette en hul fandoms saamgevoeg het, kies die "Update (Dateer op)"-knoppie onderaan die bladsy.

Let daarop dat enige etikette wat u gebruik wat reeds op Archive of Our Own - AO3 (Argief van Ons Eie) bestaan, in die etiketstel sal verskyn met al hul assosiasies in plek. U kan bykomende assosiasies byvoeg, maar u kan nie enige assosiasies wat deur AO3 toegepas is, verwyder nie. As u 'n etiket wil gebruik, maar nie al sy assosiasies wil intrek nie, is die beste manier om dit te doen deur die etiket te bewoord op 'n manier wat nog nie op AO3 gewrangle is nie. U kan 'n etiket se sinonieme soos volg vind:

  1. Kies "Search (Soek)" vanaf die hoofkieslys aan die bokant van die bladsy, dan "Tags (Etikette)".
  2. Voer die naam van die kanonieke etiket waarna u soek in, soos "Apples", en kies dan die "Search tags (Soek etikette)"-knoppie.
  3. 'n Lys van soortgelyke etikette sal verskaf word. Kanonieke etikette is vetgedruk. Kies die een wat u wil hersien.
  4. Op die etiket se bladsy, is daar 'n afdeling getitel "Tags with the same meaning (Etikette met dieselfde betekenis)"
  5. Voeg 'n etiket by u etiketstel wat nie in die "Tags with the same meaning" lys verskyn nie.

Hoe verwyder ek 'n etiket uit my etiketstel?

Op u etiketstel bladsy, kies die "Edit (Wysig)"-knoppie. In the "Tags In Set (check to remove) (Etikette in etiketstel (merk om te verwyder))"-afdeling, kan u 'n voorskou sien van al die etikette wat by u etiketstel gevoeg is, georganiseer volgens tipe.
Merk die blokkie vir die etiket(te) wat u wil verwyder, en kies dan die "Update (Dateer op)"-knoppie aan die onderkant van die bladsy. As u enige van die verstek Categories (Kategorieë), Ratings (Graderings) of Warnings (Waarskuwings) bygevoeg het en dit wil verwyder, ontmerk die toepaslike blokkie en kies dan die "Dateer op"-knoppie.

As u per ongeluk 'n etiket uitvee, kan u dit altyd weer met die hand byvoeg. Verwys na Hoe voeg ek self etikette by die etiketstel? vir meer inligting hieroor.

Hoe voeg ek 'n etiketstel by my uitdaging vir mense om te gebruik?

U kan 'n etiketstel by u Geskenk Uitruiling of Prikkel Meme voeg wanneer u dit skep, of later vanaf die Challenge Settings (Uitdaging Instellings)-bladsy. Om by hierdie bladsy te kom, kies "My Collections (My Versamelings)" uit die "Hi (Hello), [Gebruikersnaam]!"-kieslys, en kies dan die uitdaging uit die gegewe lys. As u daar is, kies "Challenge Settings (Uitdaging Instellings)" uit die kieslys aan die linkerkant (of aan die bokant op 'n mobiele toestel).

Gaan na die Tag Options (Etiket Opsies)-afdeling en voer die naam van die etiketstel wat u wil gebruik in in die teksblokkie langsaan "Tag Sets To Use (etiketstelle om te gebruik)". Dit is 'n outovoltooi-veld, wat beteken dat u die naam van die etiketstel kan begin invoer en 'n lys voorstelle sal verskyn. U kan veelvuldige etiketstelle invoer.

Let daarop dat, as u fandoms by u etiketstel insluit, u beperk sal wees tot daardie fandoms in u uitdaging. As u nie fandoms by u etiketstel insluit nie, sal u nie nuwe karakters of verhoudings kan assosieer nie.

Moenie vergeet om u Character (Karakter)- en Relationship (Verhouding)-instellings te stel nie:

  • Deur beide blokkies ongemerk te laat, kan enige etikette binne die etiketstel in enige kombinasie gebruik word. Dit laat nie deelnemers toe om van enige Archive of our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) etikette gebruik te maak wat nie in die etiketstel is nie. Dit is die enigste opsie wat deelnemers sal toelaat om vir u uitdaging in te skryf sonder om 'n fandom te kies.
  • Deur "Fandom only (Slegs Fandom)" te merk, kan deelnemers fandom(s) kies uit die wat in die etiketstel is. Hulle kan dan enige karakter- of verhouding-etikette gebruik wat met daardie fandom geassosieer is, of dit in die etiketstel is of nie. Dit kan 'n bestaande fandom assosiasie op AO3 wees, of een wat deur u bygevoeg is deur die etiketstel. As u geen fandoms in u etiketstelle definieer het nie en hierdie opsie kies, sal u deelnemers nie hulle inskrywing kan voltooi nie.
  • Deur "Tag set fandom only (Slegs etiketstel fandom)" te merk kan deelnemers fandom(s) kies uit die wat in die etiketstel is. Hulle kan dan enige karakter- of verhouding-etikette gebruik wat in die etiketstel bestaan, of dit nou met hul gekose fandom geassosieer word of nie.
  • Om beide blokkies te merk het dieselfde funksionele resultaat as om "Slegs fandom" te merk. Waar "Slegs fandom" egter die karakter- en verhouding-etikette se outovoltooi-velde met alle geassosieerde etikette oor AO3 invul, sal die merk van beide blokkies die outovoltooi slegs met daardie etikette wat u in u etiketstel ingesluit het, invul. Deelnemers kan steeds etikette van AO3 byvoeg wat nie in die etiketstel is nie deur dit met die hand by te voeg eerder as om op die outovoltooi staat te maak.

Sodra u u etiketstelle en Karakter- en Verhouding-instellings gekies het, gaan na die einde van die bladsy en kies die "Update (Dateer op)"-knoppie om u veranderinge toe te pas.

Wat is die verskil tussen 'n mede-eienaar en 'n modereerder?

Eienaars het toegang tot al die instandhoudingsopsies van die etiketstel. Dit wil sê, hulle kan die instellings wysig (soos die byvoeging of verwydering van mede-eienaars of modereerders, insluitend die oorspronklike eienaar), die etiketstel uitvee, nominasies hersien (aanvaar of verwerp) of uitvee, assosiasies hersien, en etikette in 'n bondel laai.

Modereerders, aan die ander kant, kan slegs nominasies en assosiasies hersien (aanvaar of verwerp).

Om te leer hoe om mense in hierdie rolle by te voeg, verwys na Hoe kan ek iemand byvoeg of verwyder as 'n mede-eienaar of modereerder van my etiketstel?

Hoe kan ek iemand byvoeg of verwyder as 'n mede-eienaar of modereerder van my etiketstel?

Op u etiketstel bladsy, kies die "Edit (Wysig)"-knoppie. In die Management (Bestuur)-afdeling, voer hulle gebruikersnaam of skuilnaam in die teksblokkie langsaan "Add/Remove Owners (Voeg Eienaars by/verwyder)" of "Add/Remove Moderators (Voeg Modereerders by/verwyder)" en kies dan die "Update (Dateer op)"-knoppie. As die gebruikersnaam of skuilnaam nie reeds 'n eienaar of modereerder is nie, sal hulle as een bygevoeg word. As hulle reeds 'n eienaar of modereerder is, sal hulle verwyder word. U kan nie die enigste eienaar van 'n etiketstel verwyder nie.

Vir meer inligting oor die verskille tussen hierdie rolle, verwys na Wat is die verskil tussen 'n mede-eienaar en 'n modereerder?

Wat beteken dit as fandom etikette in Uncategorized Media (Ongekategoriseerde Media) is?

Fandoms wat nog nie in hul toepaslike mediakategorie geplaas is deur ons tag wranglers nie, word outomaties by die kategorie "Uncategorized Media" gevoeg. Dit sal gebeur as u byvoorbeeld 'n fandom etiket gebuik wat nog nie voorheen op Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) gebruik is nie. Dit behoort geen invloed te hê op u vermoë om die etikette soos gewoon te gebruik nie.

Vir meer inligting, verwys na Hoekom is my fandom-etiket nie in die regte mediakategorie nie?

Wat moet ek doen as fandom-etikette in die verkeerde mediakategorie is?

Let daarop dat 'n fandom wat die teks "Ambiguous Fandom (Dubbelsinnige Fandom)" of "All Media Types (Alle mediatipes)" insluit, dalk nie verkeerd gekategoriseer is nie. Kyk na Wat beteken '- Dubbelsinnige Fandom' en '- Alle mediatipes'? vir meer inligting.

As u 'n splinternuwe fandom-etiket via u etiketstel bygevoeg het, sal dit nie gekategoriseer word totdat dit op 'n gepubliseerde werk gebruik is nie. Dit sal tot daardie tyd in Uncategorized Fandoms (Ongekategoriseerde Fandoms) bly. Let daarop dat die kategorisering van fandoms met die hand gedoen word deur tag wranglers, en die verandering nie onmiddelik sal plaasvind nie.

As u glo 'n fandom is verkeerd gekategoriseer, verwys asseblief na Ek dink 'n etiket het 'n fout, wat kan ek doen?.

Wat doen ek as etikette met die verkeerde fandom geassosieer is?

Tag wranglers doen hulle beste om etikette met die regte fandoms te assosieer, en sekere etikette word oor veelvuldige fandoms gedeel (soos fandoms in dieselfde franchise, wat gewoonlik karakters deel). Byvoorbeeld, die karakter "Zelda (Legend of Zelda)" word geassosieer met meer as 10 speletjie fandoms, omdat die karakter in elkeen verskyn.

U kan addisionele fandom assosiasies met die hand byvoeg via die Edit Tag Set (Wysig etiketstel)-bladsy; verwys gerus na Hoe voeg ek assosiasies by etikette? vir instruksies hiervoor. U kan egter nie enige assosiasies wat reeds op die Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) bestaan, verwyder nie.

As u glo dat 'n etiket verkeerd geassosieer is, verwys asseblief na Ek dink 'n etiket het 'n fout, wat kan ek doen?.

Waar kan ek meer inligting kry as my vraag nie hier beantwoord is nie?

As u leiding benodig oor 'n spesifieke deel van die skep van 'n versameling of uitdaging, sien asseblief:

Meer inligting oor Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) etikette kan in die Etikette Algemene Vrae gevind word.

Sommige vrae wat gereeld gevra word oor die Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) word in ander afdelings van die AO3 Algemene Vrae beantwoord en sommige algemene terme is gedefinieer in ons Woordelys. Vrae en antwoorde oor ons diensvoorwaardes kan gevind word in die Diensvoorwaardes Algemene Vrae. U mag dalk ook belangstel in ons Bekende Probleme. Indien u meer hulp nodig het, dien gerus 'n ondersteuningsversoek in.

Vir hulp met 'n spefsifieke uitdaging wat nie in hierdie Algemene Vrae of die handleidings behandel is nie, voeg AO3_Support as 'n mede-eienaar by en kontak ons en ons sal ons beste doen om u te help.