Wat is 'n etiket (tag)?
'n Etiket is 'n sleutelwoord of frase wat inligting gee oor 'n werk, en kan gemaak word deur enigeen wat inhoud skep soos werke of boekmerke in die Archive of Our Own - AO3 (Argief van Ons Eie). Hierdie etikette word gebruik om te bepaal watter Rating (Graderings), Warnings (Waarskuwings), Fandoms, Catagories (Kategorieë), Characters (Karakters) en Relationships (Verhoudings) van toepassing is. Ander inligting kan bygevoeg word met behulp van Additional Tags (addisionele etikette). Kyk gerus na Wat is die verskillende soorte etikette? vir meer duidelikheid oor wat die verskillende tipes etikette beteken.
Met etikette kan u ook werke soek of filter. As u 'n etiket kies, word alle werke of boekmerke outomaties teruggestuur op die webwerf wat die spesifieke etiket gebruik, of die kanonieke etiket waaraan dit gekoppel is. Dit is 'n bietjie anders as die manier waarop etikette op ander webwerwe werk. Kyk gerus na Hoe werk kanonieke etikette? vir meer inligting.
Hoe word etikette georganiseer?
Etikette word georganiseer deur "tag wranglers" (vrywilligers in die Etiket Organisasie Komitee) volgens die Wrangling-Riglyne (Wrangling Guidelines).
"Tag wranglers" bou etiket-verhoudings wat binne die volgende struktuur val:
-
Media (Media) - TV Shows
-
Fandom (Fandom) - 쓸쓸하고 찬란하神 - 도깨비 | Goblin (TV)
-
Characters (Karakters) - Choi Tae Hee, Happy (Goblin), Kim Sun | Sunny
- Relationships (Verhoudings) - Choi Tae Hee/Ji Eun Tak, Kim Sun | Sunny/Wang Yeo | Grim Reaper
- Additional Tags (Addisionele Etikette) - Inspired by Goblin (K-drama)
-
Characters (Karakters) - Choi Tae Hee, Happy (Goblin), Kim Sun | Sunny
-
Fandom (Fandom) - 쓸쓸하고 찬란하神 - 도깨비 | Goblin (TV)
"Tag Wranglers" is verantwoordelik vir die skep en formatering van kanonieke etikette. Hulle heg ook etikette aan wat verwys na dieselfde fandoms, karakters, verhoudings of bykomende inligting aan kanonieke etikette. Raadpleeg Hoe werk kanonieke etikette? vir 'n meer diepgaande uiteensetting van kanonieke etikette en wat hulle op die Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) doen.
Hoe word etikette wat nie in Engels is nie, georganiseer?
Etikette word kanonies gemaak volgens die Archive of Our Own - AO3 (Argief van Ons Eie) Wrangling-Riglyne (in Engels). Oor die algemeen is die riglyne ontwerp om die algemeenste vorm van 'n etiket te beskryf, maar dit is nie altyd die geval nie. Fandoms en karakters uit nie-Engelse bronne bevat byvoorbeeld dikwels die oorspronklike taal wat in Latynse karakters getranskribeer is.
U is welkom om etikette (en werke!) te maak in watter taal u ook al wil. Vanweë die beperkinge van tegniese en menslike hulpbronne word etikette egter in die Latynse skrif en volgens hulle betekenis in Engels georganiseer. As u 'n etiket in 'n ander taal as Engels skep, word dit deur ons vrywilligers vertaal of getranskribeer en dan op dieselfde manier georganiseer as in Engels. Raadpleeg Hoe word etikette georganiseer? vir meer inligting.
Byvoorbeeld:
- As u 'n werk in Spaans plaas en dit merk met muerte temporal de personajes, sal dit vertaal word en dan sinoniem gemaak word met die Engelse kanonieke etiket Temporary Character Death (Tydelike Karakterdood).
- As u 'n werk in Chinees plaas en die verhoudingsetiket gebruik 沈巍/赵云澜, word dit in Latynse karakters getranskribeer en word dit sinoniem gemaak met die Shěn Wēi/Zhào Yúnlán verhoudingsetiket.
Waarom kan ek nie 'n etiket vind wat ek wil gebruik nie?
Etikette moet aan 'n werk of boekmerk geheg word voordat dit in die Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) verskyn. Daarbenewens sal slegs kanonieke etikette in outo-voltooi velde verskyn. (Vir meer inligting hieroor, raadpleeg Hoe werk kanonieke etikette?)
As u nie 'n etiket kan vind wat u wil gebruik nie, kan u self 'n nuwe een skep. Ignoreer eenvoudig enige outo-voltooi voorstelle en tik die etiket volledig uit. Maak seker dat u "Enter" op u sleutelbord gebruik, of plaas 'n komma na elke etiket! U kan hierdie proses herhaal totdat u al die gewenste etikette gelys het. Kyk na Hoe kan ek my werke merk om dit maklik te vind? vir wenke.
Wat is die verskillende soorte etikette?
Elke Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) etiket behoort aan een van die verskillende tipes. Elke tipe etiket kommunikeer verskillende inligting aan gebruikers.
- Rating (Gradering)
- Graderings meet die intensiteit van die inhoud van 'n werk en gee gebruikers 'n idee van die geskiktheid van die werk vir hulle. Die graderings en hul definisies is soos volg:
- Not Rated (Nie Gegradeer Nie)
- Dit is die standaardopsie. Vir soektog, keuring en ander AO3-funksies, kan dit op dieselfde manier as volwasse en eksplisiete gegradeerde inhoud behandel word.
- General Audiences (Algemene Gebruikers)
- Die inhoud is waarskynlik nie vir iemand ontstellend nie en is geskik vir alle ouderdomme.
- Teen And Up Audiences (Tieners en Ouer)
- Die inhoud kan onvanpas wees vir gebruikers onder 13 jaar.
- Mature (Volwasse)
- Die inhoud bevat temas vir volwassenes (seks, geweld, ens.) wat nie so grafies is soos eksplisiet gegradeerde inhoud nie.
- Explicit (Eksplisiet)
- Die inhoud bevat eksplisiete temas vir volwassenes, soos pornografie, grafiese geweld, ens.
As 'n werk nie na behore gegradeer word nie, kan dit aan die Beleidsmisbruik-komitee gerapporteer work in ooreenstemming met die Diensvoorwaardes (Terms of Service). - Archive Warnings (Argiefwaarskuwings)
- Daar is 'n kort lys van algemene waarskuwings waarvoor AO3 vereis dat skeppers moet voor waarsku - óf uitdruklik moet kies om nie te waarsku nie: Graphic Depictions of Violence (grafiese uitbeelding van geweld), Major Character Death (dood van 'n hoofkarakter), Rape/Non-Con (verkragting/nie-konsensueel), en Underage (minderjarig). Ons het ook opsies in die Addisionele etikette om te waarsku vir ander inhoud of om glad nie vir inhoud te waarsku nie. Die waarskuwings en die definisies daarvan is soos volg:
- Graphic Depictions Of Violence
- Die inhoud bevat bloedige, grafiese, eksplisiet beskryfde geweld.
- Major Character Death
- Die inhoud bevat die dood van 'n hoofkarakter. Of 'n karakter as 'n hoofkarakter tel of nie, word bepaal deur die skepper.
- Rape/Non-Con
- Die inhoud bevat seksuele aktiwiteite wat nie konsensueel is nie.
- Underage
- Die inhoud bevat grafiese beskrywings of uitbeeldings van seksuele aktiwiteit deur karakters jonger as agtien.
As 'n werk nie met toepaslike waarskuwings gemerk is nie, kan dit aan die Beleidsmisbruik-komitee gerapporteer work in ooreenstemming met die Diensvoorwaardes (Terms of Service). - Category (Kategorie)
- Kategorie-etikette dui aan watter soort romantiese en/of seksuele verhoudings in die werk uitgebeeld word. Die beskikbare kategorieë is:
- F/F (V/V)
- Vrou/Vrou verhoudings.
- F/M (V/M)
- Vrou/Man verhoudings.
- Gen (Algemeen)
- Algemeen: geen romantiese of seksuele verhoudings nie, of verhoudings wat nie die hooffokus van die werk is nie.
- M/M (M/M)
- Man/Man verhoudings.
- Multi (Verskeie)
- Meer as een soort verhouding of 'n verhouding met verskeie persone.
- Other (Ander)
- Verhoudings wat nie deur die ander kategorieë gedek word nie.
- Fandom(fandom)
- Fandom-etikette spesifiseer die bronmateriaal vir die betrokke werk. Werke en boekmerke wat met 'n fandom gemerk is, verskyn in die lyste vir die kanonieke etiket van die fandom.
Verskeie fandom-etikette, wat deur kommas geskei word, kan aan dieselfde werk gevoeg word, solank daardie fandoms in die werk voorkom. Hierdie werke verskyn in die lyste van fandom-etikette en sal gewoonlik as oorkruisings gefiltreer kan word.
As 'n werk gemerk is met fandoms wat nie in die werk verteenwoordig word nie, kan dit aan die Beleidsmisbruik-komitee gerapporteer work in ooreenstemming met die Diensvoorwaardes (Terms of Service). - Relationships (Verhoudings)
- Verhoudingsetikette spesifiseer watter karakters betrokke is in 'n romantiese of platoniese verhouding in die werk. Kanonieke verhoudingsetikette word gewoonlik gelys deur die volle name van die betrokke karakters te gebruik (byvoorbeeld Elizabeth Bennet/Fitzwilliam Darcy of Alphonse Elric & Edward Elric). Verskillende verhoudingsetikette moet deur kommas geskei word en kan meer as twee karakters behels, maar 'n enkele verhoudingsetiket kan nie romanties en platonies wees nie. Vir besonderhede oor hoe om te onderskei tussen romantiese en platoniese verhoudings in u etikette, raadpleeg Hoe merk ek 'n romantiese of platoniese verhouding?
- Characters (Karakters)
- Karakteretikette spesifiseer een of meer karakters wat in die werk verskyn. Volle name (naam en van) word verkies om dubbelsinnigheid te vermy. Karakters met slegs een bekende naam word om dieselfde rede dikwels gekanoniseer met die fandom in hakies — byvoorbeeld Gabriel (Ghost in the Shell), Gabriel (Good Omens) of Gabriel (Supernatural)
As u werk oorspronklike karakters insluit, kan u kies om die bestaande etikette daarvoor te gebruik - begin dan met 'oorspronklike karakter' vir 'n lys. Verskillende karaktername moet deur kommas geskei word en enige aantal karakteretikette kan by 'n werk gevoeg word.
Kanonieke karakteretikette word volgens spesifieke riglyne geskep, so dit kan anders wees as wat u sou verwag, afhangende van die fandom. Raadpleeg Hoe werk kanonieke etikette? vir meer besonderhede oor watter etikette gekanoniseer word. - Additional Tags (Addisionele etikette)
- Addisionele (of vryvorm) etikette dek alle besonderhede wat nie deur ander kategorieë gespesifiseer is nie, insluitend enige waarskuwings vir inhoud wat nie deur die AO3-waarskuwings gedek word nie. Nuttige bykomende etikette dui dinge aan soos genre van die werk, fandom-konsepte wat in die werk vervat is, die gemeenskap waarvoor die werk geskep is, wanneer die werk plaasvind in verhouding tot die bronmateriaal, of fandom-spesifieke liggings of konsepte. Hierdie etikette word ook gebruik om karakter- of verhoudingsetikette te verander; Byvoorbeeld, Jesse McCree is 'n kanonieke karakteretiket, maar vir werke oor hom as 'n meerpersoon bestaan die bykomende etiket Merperson Jesse McCree (Meerpersoon Jesse McCree). Addisionele etikette word nie aan karakter- of verhoudingsetikette geheg nie. Gaan na Hoe kan ek my werke merk om dit maklik te vind? vir meer inligting oor hoe etikette betrekking hou met die filtrering van inhoud.
Hoe werk kanonieke etikette?
Kanonieke etikette verskyn in die filtreringsfunksies op Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) — dit beteken dat dit in die outo-voltooifunksie verskyn wanneer u werke of boekmerke skep, en as u na werke soek en filtreer. Tag wranglers gee aan etikette konneksies wat dit in konteks plaas. Ons ken byvoorbeeld karakteretikette toe aan fandom-etikette en maak dit kanoniek. Wanneer u dan werke in daardie fandom plaas, sal die karakters wat daaraan behoort eerste in die outo-voltooifunksie verskyn.
Oor die algemeen word die mees ondubbelsinnige, toeganklike vorm van 'n etiket kanoniek gemaak en alle ander etikette wat na dieselfde konsep verwys, word daaraan gekoppel as sinonieme. As u 'n sinonieme etiket soek of kies, kry u resultate van die kanonieke etiket en alle etikette daaraan verbonde. Kanonieke etikette lys gewoonlik die betrokke karakters in alfabetiese volgorde volgens van, met 'n paar uitsonderings. Kyk gerus na Wrangling-Riglyne - verhoudings (Wrangling Guidelines - Relationships) vir meer inligting.
Byvoorbeeld:
- Gebruikers voer in Shakespeare/Nobunaga, Shakesnaga, William Shakespeare/Oda Nobunaga.
- Tag wranglers skep Oda Nobunaga/William Shakespeare as 'n kanonieke etiket en koppel enige ander sinonieme etikette daaraan.
- Oda Nobunaga/William Shakespeare verskyn in filters en op die Post New Work (Plaas Nuwe Werk) outo-voltooivelde. As u hierdie etiket soek, sal u ook al die werke wat etikette het wat gekoppel is aan die kanonieke etiket, vind, soos Shakespeare/Nobunaga, Shakesnaga, William Shakespeare/Oda Nobunaga.
Sommige etikette is te dubbelsinnig om aan 'n spesifieke fandom toegewys te word, maar word so gereeld gebruik dat tag wranglers dit kanoniek moet maak. Ons skep dan 'n meta-etiket wat al die verwante etikette saam versamel. Byvoorbeeld, die etiket Bianca kan verwys na Bianca van Dragon Age, Bianca Reyes van Blue Beetle, of verskeie ander Biancas. As 'n gebruiker slegs Bianca invoer, word dit deur tag wranglers gekoppel aan die ander Biancas waarvan ons weet, maar dit kan nie aan 'n enkele fandom gekoppel word nie.
Daar kan ook ander redes wees waarom tag wranglers kies om meta-etikette te skep. Vir diepgaande inligting oor hoe dit werk, kan u Wrangling-Riglyne - meta-etikette (Wrangling Guidelines - Metatags) besoek.
U hoef nie kanonieke etikette te gebruik vir u fandoms, karakters, verhoudings of addisionele etikette nie. Die gebruik van kanonieke etikette verseker egter dat werke en boekmerke dadelik in die regte filters verskyn.
Om meer te leer oor die verskillende soorte etikette gaan na Wat is die verskillende soorte etikette?
Watter formaat kan etikette hê?
Etikette op Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) kan tot 100 karakters lank wees en kan karakters van meeste tale, getalle, spasies en sommige leestekens bevat. Etikette kan nie kommas bevat nie, aangesien dit deur AO3 gebruik word om etikette te skei. Dit beteken dat etikette wat kommas bevat, outomaties verdeel word, wat meervoudige etikette tot gevolg het.
Daar is 'n paar tegniese beperkings in die gebruik van diakritiese tekens of hoofletters om etikette van mekaar te onderskei. Raadpleeg Waarom het die hoofletters of diakritiese tekens op my etiket verander toe ek my werk gestoor het? vir meer hieroor.
Wat is 'n "Favorite Tag"' en hoe kan ek dit gebruik?
As u ingeteken is, kan u 'n etiket as 'n gunsteling-etiket of "favorite tag" byvoeg, wat dan op u tuisblad sal verskyn en u vinnig toegang gee tot werke wat die etiket gebruik.
Om 'n gunsteling-etiket by te voeg, kies die etiket om na die werklys van daardie etiket te gaan en kies dan die knoppie "Favorite Tag" (maak die etiket u gunsteling) aan die bokant van die bladsy. U kan 'n maksimum van 20 etikette by u lys van gunsteling-etikette voeg.
Om 'n gunsteling-etiket te verwyder, keer terug na die werklys van die etiket en kies weer die knoppie, wat nou "Unfavorite Tag" (Verwyder die etiket van u gunstelinge) sal wees.
Hoe kan ek my werke merk om dit maklik te vind?
U kan die werke wat u skep enige etikette gee wat u dink die beste pas. Waar moontlik word etikette met verwante konsepte aan mekaar gekoppel deur ons tag wranglers, sodat gebruikers maklik u werk kan vind wanneer hulle ons soek, deurblaai en filter funksies gebruik. Raadpleeg Hoe word etikette georganiseer? vir 'n eenvoudige uiteensetting van hoe ons dit doen.
Daar is 'n paar dinge wat u in gedagte kan hou as u die funksies beste wil benut en belangstellende gebruikers na u werk wil lok.
Die vinnigste manier om te verseker dat u werk maklik is om te vind, is om etikette te gebruik wat alreeds op Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) bestaan. Begin deur om 'n term in die Fandom, Characters (Karakters), Relationships (Verhoudings) of Additional Tags (Addisionele etikette) velde in te voer, en die outo-voltooi sal voorstelle bied van kanonieke etikette wat ooreenstem. As u 'n etiket op hierdie lys vind wat by u werk pas, voeg dit by!
Soms sal u egter niks in die outo-voltooiveld vind wat werklik ooreenstem met dit waaroor u werk gaan nie. Geen probleem nie - gebruikers op AO3 kan nuwe etikette skep!
As u nuwe etikette skep, is dit belangrik om bewus te wees dat alle etikette op AO3 gedeel word - daar is nie twee identiese etikette nie. Dit beteken dat as 'n gebruiker in een fandom hul werk met Hiro as 'n karakteretiket merk, hulle dieselfde etiket gebruik as elke ander werk wat met Hiro gemerk is, en andersom. Enigiets wat met 'n etiket gebeur, beïnvloed elke werk wat daarmee gemerk is. Byvoorbeeld, tag wranglers sal nie Hiro direk aan Big Hero 6 se Hiro Hamada koppel nie, selfs al is dit duidelik wie u bedoel, want dit is ewe duidelik dat 'n ander gebruiker Hiro gebruik het om Hiro Nakamura van Heroes te beteken. Deur u etikette so duidelik en spesifiek as moontlik te maak, sal dit ander help om u werk op die lange duur te vind.
Met hierdie inligting in gedagte, kan u die volgende stappe neem om die waarde van die etikette wat u op u werk insluit, te maksimeer:
- Voer u etikette in die regte kategorieë in wanneer u werke plaas. Dit wil sê, lys fandomname in die Fandoms-veld, verhoudings in die "Relationships"-veld, en karaktername in die "Characters"-veld. Gebruik Addisionele Etikette vir enigiets wat nie goed in hierdie kategorieë pas nie.
- Maak seker dat u etikette korrek van mekaar geskei is. As u 'n aantal etikette invoer, kan hulle deur kommas geskei word, of u kan "Enter" op u sleutelbord gebruik. Wees bedag daarop dat die gedrag van die kommaskeiding beteken dat u nie een etiket met 'n komma kan invoer nie; dit sal in twee etikette verdeel word.
- Maak seker dat elke etiket slegs een konsep bevat (een fandom, een karakter, een verhouding, een "trope", ens.)
- Maak seker dat etikette alleen kan staan (dit wil sê dat geen bykomende konteks nodig is om te verstaan waarna die etiket verwys nie). Soos die voorbeeld van Hiro in die vorige paragraaf, sluit dit die gebruik van volledige name vir karakters in.
- Gebruik die Addisionele Etikette-veld om enige temas, genres, tropes, squicks, triggers ens. wat u dink 'n gebruiker van sal wil weet wanneer hulle besluit of hulle op u werk wil ingaan, in te sluit.
- Speltoets en maak dubbeld seker van u etikette voordat die werk geplaas word.
Ter viering van AO3 wat 30.000 gekanoniseerde fandoms bereik het, het wranglers 'n lys saamgestel met wenke oor hoe om u werke akkuraat te kan merk, wat u dalk nuttig mag vind. U kan ook gaan kyk na ander vrae in hierdie FAQ vir meer inligting oor enige aspekte van etikette wat spesifiek aan u behoeftes voldoen.
Hoe kan ek my boekmerke merk?
Bookmarks (Boekmerke) bevat outomaties al die etikette wat die skepper van die werk gebruik het. Indien u meer etikette wil byvoeg, kan u die veld "Your Tags" (U Etikette) gebruik. Wanneer u begin om u etiket in te voer, sal voorstelle in die outo-invul verskyn. U kan ’n bestaande kanonieke etiket uit hierdie lys kies, of dit ignoreer en die etiket volledig intik. Maak seker dat u "Enter" op u sleutelbord gebruik, of plaas ’n komma na elke etiket. U kan enige etikette wat u bygevoeg het deur die wysiging van u boekmerk wysig of uitvee.
Raadpleeg die Bookmarks FAQ vir meer inligting oor boekmerke.
Hoe kan ek oorkruisings en versmeltings merk?
U kan werke met inhoud wat verband hou met twee of meer verskillende fandoms merk met elke toepaslike fandom, geskei deur kommas. Hierdie werke verskyn in die lys van die fandom-etikette en kan as oorkruisings gefiltreer word. U kan ook die Addisionele Etikette Crossover (Oorkruising) of Alternate Universe - Fusion (Alternatiewe Heelal - Versmelting) gebruik om te wys hoe die fandoms in die werk aan mekaar gekoppel is.
Vir duidelikheid oor die verskil tussen fandom etikette en addisionele etikette, verwys na Wat is die verskillende soorte etikette?
Hoe kan ek regtepersoonfiksie (RPF) merk?
RPF(Regtepersoonfiksie)-fandoms werk dieselfde as enige ander fandom, behalwe dat die karakters regte mense eerder as fiktiewe karakters is. Al wat u hoef te doen is om die toepaslike fandom te merk, wat gewoonlik gebaseer is op die groep waaraan die karakters behoort, soos ’n sportspan of musiekgroep. Indien die skakel tussen mense minder opvallend is (soos akteurs uit ’n TV- of film-franchise, ’n versameling akteurs in ’n fan-rolverdeling vir ’n franchise, of radio omroepers van ’n spesifieke stasie), sal die fandom-etiket gewoonlik die faktor wat die akteurs saambind, plus die RPF-akroniem, wees.
Byvoorbeeld, Jeon Jungkook is ’n musikant wat lid is van die musiekgroep 방탄 소년단 | Bangtan Boys | BTS . Dit beteken dat werke oor hom RPF is, maar die musiekgroep is ’n duidelike groep spesifieke mense, en daarom is die RPF-akroniem nie nodig nie. Etikette vir akteurs kan onder verskeie RPF-fandoms val, soos Lee Pace, ’n akteur wat in ’n verskeidenheid franchises was. Sy etiket is deel van die RPF Halt and Catch Fire-, Marvel Cinematic Universe RPF-, Pushing Daisies RPF-, The Hobbit RPF- en American (US) Actor RPF-fandoms. American (US) Actor RPF is die beste etiket om te gebruik as geen ander mense uit die meer spesifieke fandoms in u werk verskyn nie.
Fanwerke oor akteurs in ’n film of TV-reeks moet nie met die fandom-etiket vir daardie film of TV-reeks gemerk word nie. Wanneer u etikette gebruik op die Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie), moet die RPF-etikette gebruik word vir werke wat nie plaasvind in, of karakters betrek uit, die fiktiewe heelal nie. Dit beteken dat indien u werk oor Jensen Ackles en Jared Padalecki gaan, die korrekte fandom-etiket Supernatural RPF is, nie Supernatural, wat die etiket vir die fiktiewe heelal is, nie
Vir duidelikheid oor hoe etikette in die agtergrond gesorteer word, gaan na Hoe merk ek my werke om hulle maklik te maak om op te spoor?
Hoe kan ek ’n romantiese of platoniese verhouding merk?
Romantiese en/of seksuele verhoudings word aangedui deur gebruik te maak van ’n streep ("/") skeider (byvoorbeeld Mickey Mouse / Minnie Mouse). Nie-seksuele, nie-romantiese verhoudings — soos platoniese verhoudings tussen vriende, familie, spanmaats, ens. — word aangedui met ’n "&" -skeider (byvoorbeeld Hinata Shouyou & Kozume Kenma).
Platoniese en romantiese verhoudingsetikette is geskei, so om te soek en filter vir Aerith Gainsborough & Sephiroth sal nie resultate toon wat met Aerith Gainsborough/Sephiroth gemerk is nie, tensy albei etikette bygevoeg is by die werk of boekmerk.
Verhoudingsetikette kan meer as twee karakters bevat, maar moet nie tegelyk na ’n romantiese verhouding en ’n platoniese verhouding verwys nie. U kan byvoorbeeld merk met Envy Adams/Ramona Flowers/Kim Pine of Mark Cohen & Thomas B. Collins & Angel Dumott Schunard en die tag wranglers kan daardie verhoudings kanoniek maak. Katsuki Hiroko/Katsuki Toshiya & Katsuki Mari & Katsuki Yuuri kan egter nie kanoniek word nie, want dit meng romantiese en platoniese aanwysers.
Waarom het die hoofletters of diakritiese tekens in my etiket verander toe ek my werk gestoor het?
Die databasis behandel alle weergawes van ’n letter as dieselfde karakter, ongeag of hulle hoofletters, kleinletters of diakritiese tekens het. Byvoorbeeld, Wiedźmin en Wiedzmin word as dieselfde etiket beskou. Etikette word daarom vertoon met die hoofletters en diakritiese tekens wat deur die eerste persoon gekies wat die etiket gebruik het. Dit is ’n tegniese beperking wat tag wranglers nie kan verander nie.
Die enigste uitsondering is wanneer tag wranglers ’n etiket kanoniseer. Op hierdie tydstip mag hulle die hoofletters en/of diakritiese tekens verander om aan die Wrangling-Riglyne (Wrangling Guidelines) te voldoen.
Waarom verskyn my werk in lyste vir merkers wat ek nie gebruik het nie?
Om soektogte, blaai en plasing so maklik en doeltreffend moontlik te maak, verbind ons etikette wat na dieselfde dinge verwys. Dit beteken dat u werk moontlik in die lyste vir die kanonieke weergawe van die etiket verskyn, maar die etiket wat u ingevoer het, sal altyd op u werk verskyn en kan steeds in soektogte gevind word.
U werk sal moontlik ook onder ’n meer algemene etiket gelys word as wat u gebruik het. Dit gebeur wanneer tag wranglers ’n meta-etiket skep om verwante fandoms aan mekaar te skakel. ’n Werk wat in Tales of Destiny geplaas word, sal byvoorbeeld ook in die lyste vir Tales of Series verskyn, want Tales of Destiny is verwant aan (en daarom ’n sub-etiket van) Tales of Series. Dit geld vir alle meta-etikette en beteken dat u nie u werk hoef te merk met die meta-etiket-fandom nie, alhoewel u kan as u wil!
Raadpleeg Hoe werk kanonieke etikette? en Wrangling-Riglyne - Eerste beginsels (Wrangling Guidelines - First Principles) vir meer inligting.
Waarom is my fandom-etiket nie in die regte mediakategorie nie?
Wanneer ’n nuwe fandom-etiket by die Archive of Our Own - AO3 (Argief van Ons Eie) gevoeg word, word dit outomaties tot die kategorie Uncatagorized Fandoms (Ongekategoriseerde Fandoms ) bygevoeg. Indien tag wranglers nog nie u fandom-etiket na die regte kategorie geskuif het nie, behoort dit daar te verskyn.
Indien u etiket nie onder Uncategorized Fandoms is nie en dit nie onder die kategorie is wat u verwag het nie (u dink byvoorbeeld dat dit onder TV Shows (TV programme) moet wees, en dit is onder Movies (Flieks)), kan dit beteken dat ons vrywilliger-tag wranglers ’n fout begaan toe hulle dit gekategoriseer het. Kontak die Komitee vir Tag Wrangling deur die Ondersteuning- en terugvoervorm of via die tag wranglers se Twitter-rekening, @ ao3_wranglers, en gee vir hulle die besonderhede van die probleem en die URL van die werk waarop u die etiket gebruik het.
Indien u fandom glad nie in enige kategorie verskyn nie, kan dit beteken dat ons dit nie filtreerbaar kan maak nie. Hier is ’n paar algemene maniere om u fandom-etiket filtreerbaar te maak.
- Voer fandoms in. Vir etiketkategorisering is die fandom die bronmedia waaruit u werk. Karakters of verhoudings wat in hierdie veld ingevoer word, sal, waar moontlik, sinoniem gemaak word met die relevante fandom. Ander konsepte wat in hierdie veld ingevoer word, is moontlik nie filtreerbaar nie.
- Voer die volle naam van u fandom in. Afkortings kan dubbelsinnig wees, wat beteken dat ons nie in staat is om dit behoorlik aan die kanonieke fandom-etiket te koppel nie.
- Skei fandoms met kommas. Fandoms wat met spasies of ander leestekens geskei is, kan saamsmelt in ’n enkele etiket. Etikette kan nie aan mekaar gekoppel word as dit meer as een fandom of konsep verteenwoordig nie.
- Indien u ’n crossover (oorkruising) of fusion (versmelting) het, voer alle fandoms apart in. As u wil, kan u die veld addisionele etikette gebruik om aan te dui hoe die fandoms in die werk aan mekaar gekoppel is (dit wil sê Crossover of Alternate Universe - Fusion).
Raadpleeg die Wrangling-Riglyne - Fandoms (Wrangling Guidelines - Fandoms) vir meer inligting. U mag ook Hoe word etikette georganiseer?, Hoe werk kanonieke etikette?, Hoe kan ek my werke merk om dit maklik te maak om op te spoor?, Hoe kan ek oorkruisings merk? en Hoe kan ek regtepersoonfiksie (RPF) merk? nuttig vind.
Wat beteken "- Ambiguous Fandom" en "- All Media Types"?
’n "- Ambiguous Fandom" (Dubbelsinnige Fandom) agtervoegsel verwys na ’n fandom-naam wat gedeel word deur veelvuldige onverwante fandoms. Hierdie fandom-name is dubbelsinnig omdat dit onduidelik is na watter fandom hulle verwys. ’n Voorbeeld is The Eagle - Ambiguous Fandom, wat kan verwys na die film, Eagle of the Ninth of die Ørnen: En krimi-odyssé -reeks (wat na Engels vertaal word as "The Eagle"). Aangesien ’n werk wat met "The Eagle" gemerk is na enige van hierdie fandoms kan verwys, word die etiket as "dubbelsinnig" beskou. Indien u seker wil wees dat ander gebruikers u werk vind, sal dit help om meer spesifieke, ondubbelsinnige etikette te gebruik.
’n "- All Media Types" (Alle Media Soorte) agtervoegsel verwys na ’n fandom meta etiket wat verskillende fandoms uit dieselfde franchise verbind: byvoorbeeld, Les Misérables - All Media Types versamel die boek, die musiekblyspel, die films, en meer. Wanneer u u werk in ’n fandom merk met meta-etikette, hou in gedagte dat die gebruik van ’n subetiket outomaties die werk onder die meta-etiket insluit, so u hoef nie self die meta-etiket by te voeg nie. Byvoorbeeld, as u die Les Misérables - Schönberg / Boublil etiket gebruik, word u werk outomaties by die Les Misérables - All Media Types filter gevoeg.
Weens veranderinge in die Wrangling-Riglyne (Wrangling Guidelines) word nuwe etikette van hierdie aard nie meer geskep nie, maar daar bestaan steeds verskeie daarvan op die AO3. Gaan na Hoe werk kanonieke etikette? vir meer inligting oor hoe kanonieke etikette geskep en gekoppel word.
Waarom verskyn sommige etikette met '- Freeform' of '- Character' daarna?
Etiket name moet uniek wees en elke etiket kan slegs in een kategorie behoort. Dit beteken dat, as ’n etiket in een kategorie bestaan en dan in ’n ander een gebruik word, die naam van die kategorie van die nuwe etiket outomaties bygevoeg word as ’n agtervoegsel soos "- Character" (Karakter), "- Relationship" (Verhouding) of "- Freeform" (Vryvorm).
Byvoorbeeld:
- Buffyfan1 voer Buffy the Vampire Slayer in as ’n fandom-etiket. ’n Nuwe etiket word geskep.
- Buffyfan2 voer Buffy the Vampire Slayer in as ’n karakteretiket. Hierdie etiketnaam is egter geneem en kan nie hergebruik word nie, dus word dit verander na Buffy the Vampire Slayer - Character.
Kan my etikette deur iemand anders as ek verander word?
Met ’n paar baie spesifieke uitsonderings, kan ons nie u etikette op u eie werke of boekmerke verander nie. (U kan natuurlik enige van u etikette verander wanneer u wil! Kyk na Hoe kan ek die etikette op ’n werk redigeer? vir hulp hiermee.)
Die volgende uitsonderings sal slegs gemaak word in ooreenstemming met die webwerf se diensvoorwaardes (Terms of Service) en die Wrangling-Riglyne (Wrangling Guidelines):
- Ons mag die taaletiket verander.
- Indien u werk met die verkeerde taal gemerk is en u nie reageer op ons versoek om dit self te wysig nie, kan ons hierdie verandering namens u maak om te verseker dat gebruikers werke akkuraat kan filter volgens hul gekose taal.
- Ons mag ’n verkeerde fandom-etiket verwyder.
- Indien u werk gemerk is met ’n fandom wat nie in u werk voorgestel is nie en u nie reageer op ons versoek om dit self te verander nie, kan ons die verkeerde fandom-etiket verwyder. Omdat werke ten minste een fandom-etiket moet bevat, kan ons die verkeerde fandom-etiket wysig na Unspecified fandom (Ongespesifiseerde fandom) as dit die enigste fandom etiket vir die werk is, andersins sal ons nooit ’n fandom-etiket byvoeg nie .
Een van die meer algemene foute wat gebruikers met fandom-etikette maak, is om RPF(regtepersoonfiksie)-werke in die fiktiewe fandom te merk (of andersom). Kyk na Hoe merk ek regtepersoonfiksie (RPF)? vir hulp hiermee.
- Ons mag die hoofletters van ’n etiket aanpas.
- Hoofletters word in meeste kanonieke etikette gebruik, so kanonieke etikette wat met ’n kleinletter begin sal verander word om met ’n hoofletter te begin vir konsekwentheid.
- Ons kan diakritiese tekens verander.
- Die kode van die Archive of Our Own - AO3 (Argief van Ons Eie) lees "a", "à" en "å" as dieselfde letter, so etikette kan verander word om die toepaslike diakritiese tekens by te voeg of te verwyder. Raadpleeg Waarom het die hoofletters of diakritiese tekens op my etiket verander toe ek my werk gestoor het?
- Ons kan agtervoegsels wat deur die stelsel geskep word ruil.
- Ons vermy agtervoegsels op kanonieke etikette, so ons kan dit met die nie-kanonieke eweknie omruil. U kan byvoorbeeld sien dat u fandom-etiket Nero Wolfe verander word na Nero Wolfe - Fandom (Nero Wolfe - Fandom), sodat die karakter etiket Nero Wolfe - Character (Nero Wolfe - Karakter) sy agtervoegsel kan verloor en gekanoniseer kan word. Raadpleeg Waarom verskyn etikette met "- vryvorm" of "- karakter" daarna? vir meer inligting.
Ek dink ’n gebruiker het hul werk verkeerd gemerk. Kan julle dit regmaak?
Behalwe vir die spesifieke situasies soos uiteengesit in Kan my etikette verander word deur iemand anders as ek?, of in gevalle waar daar bevind word dat ’n etiket op een of ander manier die diensvoorwaardes oortree, sal ons nooit die etikette op ’n werk of boekmerk verander nie.
Indien u glo dat die etikette van ’n werk die diensvoorwaardes (Terms of Service) oortree, kontak Beleidsmisbruik .
Ek dink ’n etiket het ’n fout, wat kan ek doen?
Indien u ’n etiket vind wat u glo verkeerd ge-wrangle is, kan u Ondersteuning of die tag wranglers se Twitter-rekening, @ao3_wranglers, kontak. Die Etiket Organisasie Komitee sal die manier waarop die etiket ge-wrangle is hersien en waar nodig veranderinge aanbring. Dit sal nie die etikette op gebruikers se werke verander nie, maar as die tag wranglers saamstem, sal die vorm van die etiket in die outo-invulfunksie, filters en RSS-feeds verander.
Ek het ’n uitdaging en ek benodig tags wat nog nie bestaan nie.
Indien u ’n geskenkuitruiling of ’n prikkel-meme bestuur, kan u Tag Sets (etiketstelle) gebruik om enige etikette wat nie reeds op die Archive of Our Own - AO3 (Argief van Ons Eie) is nie, te skep. Vir meer inligting, kyk na die Vrae oor etiketstelle of kontak Ondersteuning.
Ek het nog ’n vraag oor hoe om my werke te merk.
Die etiket-stelsel van die Archive of Our Own - AO3 (Argief van Ons Eie) is gebou om fan-gedrag te respekteer, terwyl dit ook nuttige soek- en filtreerfunksies bied. As u twyfel, kan u altyd u werke merk op die manier wat vir u die meeste sin maak. As u wil verstaan hoe etikette in die agtergrond georganiseer word, kan u dalk Hoe word etikette georganiseer?, Hoe werk kanonieke etikette? en die Wrangling Riglyne (Wrangling Guidelines) nuttig vind.
U kan ook die Tag Wrangling-komitee kontak via die ondersteuning en terugvoer vorm of via die tag wranglers se Twitter-rekening, @ao3_wranglers.
Waar kan ek meer inligting kry as my vraag nie hier beantwoord is nie?
Raadpleeg ons Handleiding: Plaas ’n werk op AO3, Boekmerke FAQ en Wrangling Riglyne (Wrangling Guidelines). Raadpleeg die Etikettestelle FAQ vir meer inligting.
Sommige vrae wat gereeld oor die Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) gevra word, word in ander afdelings van die AO3 Algemene vrae beantwoord en sommige algemene terme is gedefinieer in ons Woordelys. Vrae en antwoorde oor ons diensvoorwaardes kan gevind word in die Diensvoorwaardes FAQ. U mag dalk ook belangstel in ons Bekende Probleme. Indien u meer hulp nodig het, dien gerus ’n ondersteuningsversoek in.
