Archive FAQ > Nie-amptelike Webblaaier Hulpmiddels

Hoe kan ek gebruikerskripsies gebruik met die AO3?

Gebruikerskripsies kan byvoeg en verander aan webblaaie in u blaaier, wat u toelaat om ’n paar interessante goed met Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) te doen wat nie gewoonlik moontlik is nie. Neem in ag dat hulle nie AO3 self verander nie, net die interaksie wat u blaaier daarmee het. Met die uitsondering van Firefox het meeste mobiele toestel blaaiers nie die opsie om gebruikerskripsies toe te pas nie, so hierdie hulpmiddels kan ongelukkig net gebruik word op tafelblad- of skootrekenaars. U kan egter boekmerkies in meeste mobiele toestel blaaiers gebruik.

U het ’n blaaier uitbreiding nodig om gebruikerskipsies te laat loop. U kan enige uitbreiding gebruik wat u verkies, maar hier is ’n lys van 'n paar bekende uitbreidings vir die gewildste blaaiers om u aan die gang te kry:

Vir meer breedvoerige beskrywings van sommige van die hulpmiddels wat ons hier lys, kan u verwys na AO3 gebruiker Arduinna se nie-amptelike handleiding.

Hoe kan ek AO3 se voorkoms verander?

Om die voorkoms van Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) te verander kan u ’n voorkomsvel toepas (vir meer inligting oor voorkomsvelle, verwys na die Voorkomsvel en AO3 Koppelvlak Algemene Vrae).

Is daar ’n soekenjin plug-in vir AO3?

Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) gebruiker punk het ’n AO3 soekenjin plug-in geskep. Om te installeer, kies eenvoudig die "Archive of Our Own" skakel op die lys en bevestig dat u dit by u soekenjins wil voeg. Die plug-in behoort te werk met Firefox, Internet Explorer en Chrome, en sal u toelaat om deur AO3 te soek direk vanuit u blaaier soekblokkie.

Watter hulpmiddels laat my toe om my soekresultate te sorteer, filtreer, of aan te pas?

  • Om enige van ons fandom lyste te sorteer, bv. all Movies (alle Flieks), volgens aantal werke in plaas van alfabeties, kan u carene waterman se Reorder Fandoms bookmerkie gebruik.
  • Om sekere sleutelwoorde by verstek uit te sluit wanneer u die etiket filters gebruik, installeer tuff_ghost se AO3 Saved Filters gebruikerskripsie en voer ongewenste terme voorafgegaan deur ’n minus teken in. U kan hierdie etikette in die "Saved Filters" (Gestoorde Filters) blokkie invoer, wat bokant "Search Within Results" (Soek Binne Resultate) bygevoeg is.
  • As u die opsie wil hê om werke nie net volgens trefslae of kudos te sorteer nie, maar ook volgens die verhouding van kudos tot trefslae, het OTW (Organisasie van Transformerende Werke) Vertaling vrywilliger Min ’n kudos/trefslae persentasie skripsie vir u!
  • Min se AO3: Kudosed and seen history skripsie laat u toe om maklik te bepaal of u ’n werk op enige werk lyste oopgemaak het, kudos gelos het daarop, of dit geboekmerk het. Min het instruksies vir die gebruik van hierdie skripsies op hulle greasyfork bladsy verskaf.
  • Nog een van Min se nuttige gebruikerskripsies is AO3 Tracking, wat u toelaat om enige soek of filter kombinasies te stoor en dan te kyk of daar nuwe resultate is. Hersien asseblief die Skrywer Beskrywing op die AO3 Tracking bladsy vir instruksies.

Watter hulpmiddels sal my toelaat om triggering (angswekkende), aanstootlike, of ongewenste inhoud uit te filtreer?

  • Koppelvlak kodeerder Sarken het ’n Werksbeskrywing Blokker gebruikerskripsie saamgestel wat u toelaat om werksbeskrywings weg te steek van etiket lyste, soekresultate, ens. as hulle een of meer terme bevat wat u in die skripsie spesifiseer het.
  • Soortgelyk, het koppelvlak kodeerder tuff_ghost die gewilde Tumblr Savior gebruikerskripsie kloneer vir gebruik op Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie): AO3 Savior laat u toe om skeppers, etikette of opsomming sleutelwoorde te definieer en steek dan alle werksbeskrywings weg wat een of meer van hierdie terme bevat.
  • As u verkies dat geen kommentaar en benaamde kudos vanaf sekere gebruikers of enige anonieme kommentators op u werke (of enige plek op AO3!) wys nie, kan u tuff_ghost se Personal Hellban skripsie gebruik en of gas blokkering aanskakel of ’n lys gebruikersname invoer. Dit sal nie mense keer om kommentaar te lewer of kudos te los nie, maar sal enigiets wat u spesifiseer wegsteek in u eie blaaier.

Watter hulpmiddels kan my help as ek werke plaas op AO3?

As u Google Drive gebruik om aan teks-gebaseerde fanwerke te werk, mag u probleme ervaar met formatering wanneer u kopieer van Google Drive na ons Ryk Teks Redigeerder. Veral skuins- en vetgedruk dra nie korrek oor wanneer teks gekopieer en geplak word nie. Om hierdie probleem op te los, het OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) Vertaling vrywilliger Min ’n skripsie geskep vir Google Drive wat u voltooide werk neem en al die basiese formatering vir u omskakel na HTML. U kan dit in hierdie voorbeeld dokument vir plasing op AO3 vind.

Kies die "Make a copy..." (Maak ’n kopie) opsie op die File (Lêer) kieslys, wat ’n privaat kopie van die dokument in u eie Google Drive rekening plaas. Vee dan die voorbeeld teks uit en gebruik die leë dokument vir u eie werk. Wanneer u klaar is, gebruik die "Post to AO3" (Plaas op AO3) kieslys om die hele ding voor te berei om in die HTML redigeerder te plaas. HTML merkers sal vir u bygevoeg word! In meeste gevalle is dit baie meer betroubaar as om die Ryk Teks Redigeerder te gebruik. As u die werk vanaf ’n mobiele toestel plaas sal u Google Drive in u webblaaier moet oopmaak en die rekenaar weergawe gebruik vir die skripsie om te werk.

Watter hulpmiddels kan help met werke oopmaak en aflaai?

  • Partykeer het ’n werk baie wit spasie tussen paragrawe, moontlik as gevolg van probleme met ons Ryk Teks Redigeerder wanneer u ’n werk vanaf ’n woordverwerker plaas. U kan carene waterman se Strip Empties boekmerkie gebruik om tydelik oortollige oop spasies tussen paragrawe te verwyder.
  • Gaan kyk na adevyish's AO3 Lazier gebruikerskripsie, wat ’n "latest chapter" (nuutste hoofstuk) knoppie byvoeg langs die hoofstuk kieslys.
  • Die AO3 e-Boek Aflaai Helper vertoon aflaaiskakels vir elke werk op die soekresultaat bladsy, of enige bladsy wat ’n lys van werke bevat (soos reekse en versamelings), sodat u vinnig veelvuldige leêrs kan aflaai!
  • tuff_ghost se AO3 Aflaai Knoppies voeg aflaai knoppies by elke werksbeskrying in enige werk lys.
  • Die gratis e-boek bestuur sagteware, Calibre, het twee plug-ins, FanFicFare en EpubMerge, wat, wanneer beide geïnstalleer is, u toelaat om outomaties Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) reekse af te laai as ’n enkele e-boek. (Dit kan ook alle werk skakels op ’n gegewe AO3 bladsy aflaai, so u kan ’n skakel na ’n skrywer se werke bladsy insleutel vir ’n spesifieke fandom en al hulle werke in een e-boek kry). Dit sal selfs die e-boeke opdateer wanneer ’n nuwe werk by die reeks gevoeg word. Daar is ook ’n handleiding vir die gebruik van die plug-ins (wat geskryf is toe die plugin FanFictionDownloader genoem is) en ’n FanFicFare Wiki.

Watter hulpmiddels laat my toe om my statistieke en ander inligting van AO3 af te laai?

  • Flamebyrd se AO3 Statistics CSV Boekmerkiet laat u u Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) werkstatistieke (aantal trefslae, kudos, boekmerke, ens.) as ’n .csv lêer aflaai, wat netjies ingevoer kan word na ’n sigblad vir u eie gebruik.
  • As u eerder ’n lys wil hê van al u werke, insluitend titel, etikette, basiese statistieke en URL, probeer Flamebyrd se AO3 Works List CSV Boekmerkie.

Watter hulpmiddels kan my help om my versamelings en uitdagings te bestuur?

Koppelvlak kodeerder Sarken het ’n Sign-up Summary Sorter gebruikerskripsie geskep, wat sorteringsopsies by enige uitdaging se Sign-up Summary (Inskrywing Opsomming) voeg. Dit laat u toe om te sorteer volgens fandom naam, aantal aabiedinge, of aantal versoeke in stygende of dalende volgorde.

Watter hulpmiddels kan dit makliker maak om AO3 werke op ander webtuistes te deel?

  • Danksy Flamebyrd kan u u eie AO3 > Pinboard Boekmerkie bou om eenvoudig ’n werk van Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) by u Pinboard boekmerke te voeg, met al die nodige inligting reeds ingevul!
  • Om vinnig ’n Tumblr of Dreamwidth plasing met alle werk inligting reeds ingevul te skep (wat skakel na u eie werk of wat iemand anders s'n op AO3 aanbeveel), kan u Flamebyrd se AO3 > Dreamwidth Boekmerkie of die AO3 > Tumblr Boekmerkie gebruik.

Hoe kan ek julle vertel van handige hulpmiddels wat ek gevind het wat nie hier gelys word nie?

U kan in verbinding tree met die Ondersteuningkomitee om ons te laat weet van hulpmiddels wat u dink by hierdie Algemene Vrae ingesluit moet word. Om hulle te help om u terugvoer op ’n gepaste wyse te rig, noem asseblief hierdie Algemene Vrae in u versoek.

Waar kan ek meer inligting kry as my vraag nie hier beantwoord is nie?

Sommige vrae wat gereeld gevra word oor die Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) word in ander afdelings van die AO3 Algemene vrae beantwoord en sommige algemene terme is gedefinieer in ons Woordelys. Vrae en antwoorde oor ons diensvoorwaardes kan gevind word in die Diensvoorwaardes Algemene Vrae. U mag dalk ook belangstel in ons Bekende Probleme. Indien u meer hulp nodig het, dien gerus 'n Ondersteuningsversoek in.