Wat is ’n AO3 boekmerk?
’n Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) boekmerk is ’n rekord van ’n werk wat u nie wil vergeet nie, makliker wil vind of ’n nota oor wil maak. Boekmerke wat op AO3 geskep word kan ook as aanbevelings vir ander gebruikers dien.
Boekmerke verskil van subskripsies. Vir meer inligting oor die verskil tussen boekmerke en subskripsies, verwys asseblief na Wat is die verskil tussen boekmerke, "Mark for Later" (Bêre vir Later) en subskripsies? Indien u ingelig wil word wanneer ’n sekere gebruiker ’n nuwe werk plaas, verwys na Hoe kan ek ’n subskripsie aan ’n gebruiker maak of verwyder?
Vir meer inligting oor hoe boekmerke op AO3 werk, verwys na Wat kan ek boekmerk?
Wat kan ek boekmerk?
Enige werk of reeks wat op die Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) geplaas word kan geboekmerk word. U kan ook boekmerke skep vir werke wat op eksterne webtuistes geplaas is.
Vir meer inligting oor hoe om boekmerke te skep, verwys na Hoe kan ek ’n werk op AO3 boekmerk? en Hoe kan ek ’n boekmerk skep vir ’n werk wat nie op AO3 geplaas is nie?
Hoe kan ek ’n werk op AO3 boekmerk?
Werke op die Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) kan geboekmerk word deur om die "Bookmark" (Boekmerk) knoppie te gebruik. U sal die "Bookmark" knoppie heel bo en onder aan ’n werk se blad vind as u die standaard webblad voorkomsvel gebruik. As u ’n reeks wil boekmerk is die "Bookmark Series" (Boekmerk Reeks) knoppie heel bo aan die reeks se blad.
Die skepper se beskrywing en etikette word outomaties tot die boekmerk gevoeg. U kan ook u eie persoonlike notas of etikette aan die boekmerk heg. Die notas kan enige iets wees, soos kort resensies of herinneringe aan uself. Etikette kan gebruik word om u boekmerke makliker te sorteer en filtreer. Vir meer inligting oor etikette in boekmerke, besoek Hoe moet ek my boekmerke etiketteer?
Tik enige inligting wat u in die boekmerk opgeteken wil hê. Indien u verskeie skuilname het kan u kies aan watter skuilnaam die boekmerk behoort vanuit die opsies aan die bokant van die boekmerk gedeelte. U standaard skuilnaam word outomaties gekies. Vir meer inligting oor skuilname, verwys asseblief na die Skuilname FAQ/AV.
Om ’n boekmerk by ’n bestaande versameling te voeg, begin om die naam van die gekose versameling in die "Add to collections" (Voeg by versamelings) veld te tik. Kies dit dan uit die lys opsies wat verskyn. Vir meer inligting, besoek die Versamelings FAQ.
Boekmerke kan as privaat gestel word. Indien u ’n boekmerk as privaat stel, sal niemand anders tot die boekmerk toegang hê nie. Selfs die skepper van die werk sal slegs weet dat ’n boekmerk bygevoeg is – hulle sal nie weet wie die boekmerk geskep het nie en sal nie enige kommentaar wat u bygevoeg het sien nie. Wanneer u u boekmerke besoek sal dié wat as privaat gestel is met ’n slot in die opsomming aangedui word. Vir meer inligting, verwys asseblief na Hoe beheer ek wie toegang tot my boekmerke het?
U kan ook ’n boekmerk as ’n "Rec" (Aanbeveling) stel. "Rec" is ’n afkorting vir "recommendation" (aanbeveling). Indien u ’n boekmerk as ’n Rec merk, sal dit by soekresulte ingesluit word indien ’n gebruiker vir Recs soek. As u na u boekmerke kyk sal die wat as ’n Rec gemerk is met ’n hartjie ikoon in die werkbeskrywing vertoon. Vir meer inligting oor aanbevelings, verwys asseblief na Wat is die verskil tussen ’n boekmerk en ’n aanbeveling?
Indien u ’n boekmerk as beide Private (Privaat) en ’n Rec merk, sal slegs die slot ikoon getoon word en die aanbeveling sal nie in soektogresultate sigbaar wees nie. Dit is daarom beter om ’n publieke boekmerk te skep indien u wil hê dit moet as ’n aanbeveling sigbaar wees. ’n Boekmerk wat nie as Private of as ’n Rec gemerk is nie sal in u boekmerke verskyn en sigbaar wees vir ander wanneer hulle deur u Bookmarks lees.
Nadat u die gekose instellings vir die boekmerk gekies het, selekteer die "Create" (Skep) knoppie om u nuwe boekmerk te skep.
Hoe kan ek ’n boekmerk skep vir ’n werk wat nie op AO3 geplaas is nie?
Eksterne werke kan geboekmerk word deur die "My Bookmarks" (My Boekmerke) skakel onder die "Hi (Hallo), gebruikersnaam!" kieslys aan die bokant van enige Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) bladsy. Op u Bookmarks (Boekmerke) blad, kies die "Bookmark External Work" (Boekmerk ’n Eksterne Werk) knoppie, gevind bo regs as u die standaard voorkomsvel gebruik.
Indien u verskeie skuilname het kan u kies aan watter skuilnaam die boekmerk behoort vanaf die kieslys aan die bokant van die boekmerk afdeling. U gewone skuilnaam word outomaties gekies. Vir meer inligting oor skuilname, verwys asseblief na die Skuilname FAQ/AV.
Inligting wat in die volgende twee afdelings–External Work (Eksterne Werk) en Creator's Tags (Skepper se Etikette) opgeneem is–kan nie verander word nadat die boekmerk geskep is nie.
In die External Work afdeling is daar velde vir die werk se URL, die skepper se naam en die titel van die werk. Hierdie velde is verpligtend. As u wil kan u ook die skepper se oorspronklike beskrywing in die "Creator's Summary" (Skepper se Opsomming) veld byvoeg.
In die Creator's Tags afdeling kan u die skepper se inligting oor die werk versamel, soos die werk se gradering en kategorie, asook verhouding en karakter etikette. U moet ten minste een fandom etiket in die "Fandoms" veld byvoeg. Indien ’n begeerde etiket nog nie op die AO3 bestaan nie, kan u dit skep deur dit in die toepaslike veld te tik. Verwys asseblief na Hoekom is ’n etiket wat ek wil gebruik nog nie op die AO3 nie? of die Etikette FAQ/AV vir meer inligting oor hoe om etikette te skep.
In die Write Comments (Lewer Kommentaar) afdeling kan u persoonlike notas en etikette vir die werk byvoeg. U kan ook hierdie boekmerk by ’n bestaande versameling binne die AO3 voeg. Vir meer inligting oor hoe om dit te doen, verwys asseblief na Hoe skep ek ’n versameling boekmerke?
Laastens, in die Choose Type and Post (Kies Soort en Plaas) afdeling, kan u die boekmerk as Private (Privaat) en/of as ’n Rec (Aanbeveling) stel. Vir meer inligting oor hierdie opsies, verwys asseblief na Hoe kan ek beheer wie toegang tot my boekmerke het? en Wat is die verskil tussen ’n boekmerk en ’n aanbeveling?
Maak seker om die External Work en Creator's Tags afdelings te proeflees aangesien hierdie inligting nie verander kan word nadat die boekmerk geskep is nie. Daarna, wanneer u die vorm klaar ingevul het, kies die "Create" (Skep) knoppie om die boekmerk te stoor.
Indien u besluit om nie die boekmerk te skep nie, kies die "My Bookmarks" (My Boekmerke) knoppie om terug te keer na u boekmerk bladsy sonder om die boekmerk te skep.
Wat is die Eksterne Boekmerke Boekmerkie en hoe werk dit?
Die Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) External Bookmarks Bookmarklet (Eksterne Boekmerke Boekmerkie) is ’n JavaScript skakel wat u by u blaaier se boekmerke kan voeg. Dit kan gevind word op die Boekmark an External Work (Boekmerk ’n Eksterne Werk) blad. Dit is beskikbaar deur die "My Bookmarks" (My Boekmerke) skakel onder die "Hi (Hallo), gebruikersnaam!" kieslys aan die bokant van enige AO3 bladsy. Vanaf u Bookmarks (Boekmerke) bladsy, kies die "Bookmark External Work" (Boekmerk Eksterne Werk) knoppie, gevind bo regs op die bladsy as u die standaard voorkomsvel gebruik.
Die boekmerkie laat u toe om vinnig AO3 boekmerke te skep vir werke wat op ander webtuistes geplaas is. Wanneer u die boekmerkie kies terwyl u na ’n werk op ’n ander webtuiste kyk, sal dit die Bookmark an External Work bladsy oopmaak. Waar moontlik sal sommige inligting oor die werk outomaties ingevul wees. U sal by AO3 ingeteken moet wees om die boekmerkie te gebruik.
Elke blaaier gebruik ’n ander manier om boekmerkies by te voeg. Meeste blaaiers kan die boekmerkie by u boekmerke of "favorites" (gunstelinge) voeg, nes enige ander boekmerk of gunsteling bladsy, en u hoef slegs daarop te kliek om dit oop te maak. Om uit te vind hoe om die boekmerkie by u blaaier te voeg, besoek die blaaier se hulpdokument.
Vir meer inligting oor hoe om ’n eksterne werk te boekmerk, of om uit te vind hoe om by die New External Work (Nuwe Eksterne Werk) bladsy uit te kom, verwys asseblief na Hoe kan ek ’n werk boekmerk wat nie op die AO3 geplaas is nie?
Hoe kan ek ’n boekmerk wysig?
Daar is twee maniere om ’n boekmerk te verander: direk van die geboekmerkte werk of reeks af, of vanaf u Bookmarks (Boekmerke) bladsy.
Wanneer u op die blad van ’n werk of reeks is wat u geboekmerk het sal daar ’n "Edit Bookmark" (Wysig Boekmerk) knoppie aan die bo- en onderkant van die werk–of aan die bokant van die blad in die geval van ’n reeks– wees. Deur daardie knoppie te kies sal dit u verwys na die boekmerk vorm, waar u dan veranderinge kan maak.
Met die wysiging van u Bookmarks bladsy, kies eers die boekmerk wat u wil wysig. (Die Bookmarks blad kan bereik word vanaf die "Hi (Hallo), gebruikersnaam!" kieslys.) Kies die "Edit" (Wysig) knoppie onder die "Bookmarked by (Geboekmerk deur) gebruikersnaam/skuilnaam" verklaring. Hierdie sal ’n vorm oproep soortgelyk aan die boekmerk skeppingsvorm, waar u die boekmerk soos gewens kan aanpas. Vir inligting oor hoe om u Bookmarks blad te vind, verwys asseblief na Hoe kan ek toegang tot my boekmerke verkry?
Hoe verwyder ek ’n boekmerk?
U kan boekmerke deur u Bookmarks (Boekmerke) bladsy verwyder:
- Wanneer u ingeteken is, kies "My Bookmarks" (My Boekmerke) van die "Hi (Hallo), gebruikersnaam!" kieslys aan die bokant van die bladsy.
- Op u Bookmarks blad, vind die boekmerk wat u wil verwyder. Let op die volgende:
- U Bookmarks blad kan gesorteer en filtreer word, net soos enige stel soektogresultate op Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie), met die gebruik van die Sort and Filter (Sorteer en Filtreer) vorm aan die kant van die blad. Op ’n mobiele toestel, kies "Filters" om toegang tot die vorm te verkry.
- Afhangend van hoeveel boekmerke u het is dit moontlik vir u boekmerke om oor verskeie bladsye te strek. Die boekmerk waarvoor u soek mag dalk nie op die eerste bladsy verskyn nie.
- Kies die "Delete" (Verwyder) knoppie onder die "Bookmarked by (Geboekmerk deur) gebruikersnaam/skuilnaam" verklaring.
- U sal gevra word om die verwydering van die boekmerk te bevestig met ’n dialoogboks wat vra: "Are you sure you want to delete this bookmark?" (Is u seker dat u hierdie boekmerk wil verwyder?).
- Indien u "OK" kies, sal die boekmerk verwyder word en die bladsy sal herlaai met ’n "Bookmark was successfully deleted." (Verwydering van boekmerk was suksesvol.) boodskap aan die bokant.
- Indien u "Cancel" (Kanselleer) kies sal die boekmerk nie verwyder word nie.
U moet hierdie stappe volg vir alle boekmerke wat u wil verwyder. Op die oomblik is dit nie moontlik om verskeie boekmerke op een slag te verwyder nie.
Indien u ’n boekmerk wil hou maar die eienskappe daarvan wil verander, kan u verwys na Hoe kan ek ’n boekmerk wysig?
Hoe kan ek toegang tot my boekmerke verkry?
Wanneer u ingeteken is, kies "My Bookmarks" (My Boekmerke) vanaf die "Hi (Hallo), gebruikersnaam!" kieslys aan die bokant van die bladsy. Indien u by u Dashboard (Paneelbord) is kan u ook "Bookmarks" (Boekmerke) op die navigasiepaneel kies (as u ’n mobiele toestel gebruik is dit aan die bokant van die bladsy).
Hoe kan ek ander gebruikers se boekmerke vind?
U kan ander gebruikers se boekmerke op verskeie maniere vind: deur te soek of te blaai, of vanaf ander gebruikers se paneelborde.
U kan vir boekmerke soek deur die "Bookmarks" (Boekmerke) opsie uit die "Search" (Soek) kieslys aan die bokant van die blad te kies (as u die standaard voorkomsvel gebruik) . U kan die term waarvoor u soek in die "Any Field" (Enige Veld) afdeling tik, wat vir die term sal soek in al die beskikbare velde. U kan die soektog vernou deur ander terme of kriteria in die ander velde by te voeg.
As u deur die nuutste boekmerke wil blaai, kies die "Bookmarks" opsie van die "Browse" (Blaai) kieslys aan die bokant van die bladsy (as u die standaard voorkomsvel gebruik). Dit sal die 20 nuutste boekmerke wys. Andersins kan u ook die "Bookmarks" skakel op enige lys werke volg. Deur ’n Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) etiket te volg sal daar ’n lys van alle boekmerke en werke wat met daardie etiket geassosieer word verskyn.
Om by ’n gebruiker se Dashboard (Paneelbord) uit te kom kan u een van die volgende doen:
- Doen ’n Gebruikersoektog deur die "People" (Persone) opsie van die "Search" kieslys aan die bokant van die bladsy te kies (as u die standaard voorkomsvel gebruik). Tik die persoon se gebruikersnaam/skuilnaam in, of ’n gedeelte van hul gebruikersnaam/skuilnaam, en kies vanuit die soektogresultate.
- Kliek op die gebruiker se naam–dit kan op een van hulle werke wees, op hul kommentaar op ’n ander werk wees, of dit kan selfs op ’n ander boekmerk wees. Die naam bevat ’n skakel wat u na hulle Dashboard sal neem.
U kan dan die "Boekmerke" skakel op die navigasiepaneel kies (dit is aan die bokant van die blad as u ’n mobiele toestel gebruik).
Vir meer inligting oor die soektog na boekmerke wat deur ander gebruikers as ’n aanbeveling gemerk is, verwys na How kan ek vir aanbevelings soek?
Wat is die verskil tussen boekmerke, “Mark for Later” (Bêre vir Later) en subskripsies?
Die Bookmarks (Boekmerke) funksie op Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) gee u die opsie om gekose werke op ’n latere stadium te besoek. Dit laat u ook toe om aanbevelings of werklyste te verskaf aan ander gebruikers wat dalk belangstel in soortgelyke werke, tensy u kies om hulle as privaat te stel. Vir meer inligting oor hoe om boekmerke as privaat te stel, verwys asseblief na Hoe beheer ek wie toegang tot my boekmerke het?
U Marked for Later (Gebêre vir Later) lys is–anders as ’n boekmerk–slegs vir u beskikbaar. Dit kan bereik word deur die History (Geskiedenis) bladsy op u Dashboard (Paneelbord). U kan werke merk as "Marked for Later" as u later na hulle wil terugkom sonder om noodwendig ’n boekmerk te skep. Vir meer inligting oor hoe die funksie werk, verwys na die Geskiedenis en Bêre vir Later FAQ/AV.
U subskripsies is ook nie beskikbaar vir ander gebruikers nie. Subskripsies laat u weet wanneer nuwe werke of hoofstukke geplaas word. Om meer oor subskripsies te leer, verwys asseblief na die Subskripsies en Voere FAQ/AV.
Wat is die verskil tussen ’n boekmerk en ’n aanbeveling?
Aanbevelings is ’n onderafdeling van Bookmarks (Boekmerke). Deur ’n boekmerk as ’n aanbeveling te merk dui dit aan dat die werk deur die gebruiker aanbeveel is.
Om ’n boekmerk as ’n aanbeveling te merk, kies die "Rec" (Aanbeveling) boks wanneer u ’n boekmerk skep. Wanneer u na boekmerke kyk, sal die wat as ’n aanbeveling gemerk is met ’n hartjie ikoon in die werkbeskrywing verskyn. U boekmerk sal ook ingesluit wees in soekresultate wanneer ’n gebruiker vir aanbevelings soek. Verwys asseblief na Hoe soek ek vir aanbevelings? vir meer inligting oor hierdie onderwerp.
Hoe soek ek vir aanbevelings?
Aanbevelings is ’n onderafdeling van Bookmarks (Boekmerke). Die verskil tussen aanbevelings en boekmerke word verduidelik in Wat is die verskil tussen ’n boekmerk en ’n aanbeveling?
Om vir aanbevelings te soek, kies die "Bookmarks" opsie van die "Search" (Soek) kieslys aan die bokant van die bladsy as u die standaard voorkomsvel gebruik. Op die Bookmark Search (Boekmerk Soektog) bladsy, kies die "Rec" (Aanbeveling) boks wanneer u soektog kriteria intik. Dit sal die soektog beperk tot boekmerke wat as ’n aanbeveling gemerk is.
Om vir aanbevelings te soek terwyl u deur ’n individuele gebruiker se boekmerke blaai, kies die "Recs Only" (Slegs Aanbevelings) boks in die Sort and Filter (Sorteer en Filtreer) vorm aan die kant van die bladsy. Dit kan bereik word deur die "Filters" knoppie op ’n mobiele toestel te kies. Druk dan die "Sort and Filter" knoppie.
Vir meer inligting oor hoe om vir ander gebruikers se boekmerke te soek, verwys na Hoe kan ek ander gebruikers se boekmerke vind? Vir meer inligting oor hoe om te soek en blaai, verwys asseblief na die Soek en Blaai FAQ/AV.
Hoe kan ek beheer wie toegang tot my boekmerke het?
Boekmerke is by verstek aan die publiek beskikbaar en enigeiemand het toegang. Om ’n boekmerk as privaat te stel, kies die "Private bookmark" (Private boekmerk) boks wanneer u ’n boekmerk skep of wysig. Indien u ’n boekmerk as privaat stel het niemand anders toegang tot die boekmerk nie. Boekmerke wat as privaat gestel is sal met ’n slot ikoon in die werkbeskrywing verskyn.
Vir meer inligting oor hoe om boekmerke te wysig, verwys asseblief na Hoe kan ek ’n boekmerk wysig?
Hoe skep ek ’n versameling boekmerke?
Om ’n boekmerk by ’n versameling te voeg moet die versameling reeds bestaan. Vir meer inligting oor hoe om ’n versameling te skep, verwys na Hoe kan ek ’n versameling skep?
U kan ’n boekmerk by ’n versameling voeg wanneer u die boekmerk skep of wysig. Begin om die naam van die versameling(s) in die "Add to collections" (Voeg by versamelings) veld te tik. ’n Outomaties-voltooide lys versameling name sal verskyn. Kies die gewenste versameling vanuit die lys, en kies dan "Edit" (Wysig) of "Create" (Skep). Vir meer inligting oor hoe om boekmerke te wysig, verwys asseblief na Hoe kan ek ’n boekmerk wysig?
Indien u meer oor versamelings wil leer, verwys na die Versamelings FAQ.
Waar kan ek meer inligting kry as my vraag nie hier beantwoord is nie?
Sommige vrae wat gereeld oor die Archive of Our Own – AO3 (Argief Van Ons Eie) gevra word, word in ander afdelings van die AO3 Algemene Vrae (FAQ/AV) beantwoord en sommige algemene terme is gedefinieer in ons Woordelys. Vrae en antwoorde oor ons diensvoorwaardes kan in die Diensvoorwaardes FAQ/AV gevind word. U mag dalk ook belangstel in ons Bekende Probleme. Indien u meer hulp nodig het, dien gerus ’n ondersteuningsversoek in.
