Post Header
In die komende paar dae gaan ons ‘n nuwe opsie byvoeg wat skeppers sal toelaat om kommentaar af te skakel op Archive of Our Own - AO3 (Argief van Ons Eie). Die opsie sal beskikbaar wees op alle vorms vir die plasing of wysiging van individuele werke, sowel as die vorm om verskeie werke op een slag op te dateer. Ons het die vorms op ‘n minimale wyse herrangskik om die nuwe opsie te kon insluit.
Wat gebeur wanneer kommentaar afgeskakel is?
Deur die kommentaar af te skakel sal die kommentaar afdeling aan die einde van die werk met ‘n afkondiging vervang word wat sê: “Sorry, this work doesn’t allow comments” (Jammer, hierdie werk laat nie kommentaar toe nie).
Indien u werk reeds kommentaar het, sal alle bestaande kommentaar toeganklik bly vir u en enige iemand wat toegang het tot u werk. U sal steeds enige ongewenste kommentaar kan verwyder of kommentaar deur gaste merk as strooipos.
Gebruikers wat kommentaar op u werk gelewer het terwyl hulle ingeteken was, sal ook nog hulle kommentaar kan verwyder.
Hoe om kommentaar op individuele werke af te skakel
In die “Privacy” (Privaatheid) afdeling van die plasing en wysiging vorms vir individuele werke, sal u ‘n stel opsies vind genaamd “Who can comment on this work” (Wie kan kommenteer lewer op hierdie werk?). Dit sal drie opsies hê:
- Registered users and guests can comment (Geregistreerde gebruikers en gaste kan kommentaar lewer)
- Only registered users can comment (Slegs geregistreerde gebruikers kan kommentaar lewer) - hierdie is dieselfde as die ou opsie om anonieme kommentaar af te skakel.
- No one can comment (Niemand kan kommentaar lewer nie).
Dit word outomaties gestel op “Registered users and guests can comment.” Om te voorkom dat enige iemand kommentaar kan lewer op u werk, kies “No one can comment” en stoor u veranderinge.
Hoe om kommentaar af te skakel op verskeie werke
Indien u die kommentaar opsies op meer as een werk wil verander, kan u die Edit Multiple Works (Wysig Verskeie Werke) bladsy gebruik. (Verwys asb na "Hoe kan ek verskeie werke op een slag wysig?" vir inligting oor hoe om toegang tot die bladsy te verkry en werke te kies om te wysig.)
Sodra u gekies het watter werke u wil wysig, soek die “Settings” (Instellings) afdeling van die vorm. Daar sal ‘n stel opsies wees genaamd “Who can comment on these works” (Wie kan op hierdie werke kommentaar lewer?) en dit sal vier opsies hê:
- Keep current comment settings (Hou huidige kommentaar instellings)
- Registered users and guests can comment
- Only registered users can comment (hierdie is dieselfde as die ou opsie om anonieme kommentaar af te skakel)
- No one can comment
Dit word outomaties gestel op “Keep current comment settings.” Om te voorkom dat enige iemand kommentaar kan lewer op die werke wat u besig is om te wysig, kies “No one can comment” en stoor u veranderinge.
Ander opsies om kommentaar op u werke te beheer
Verwys asb na ons Kommentaar en Kudos Algemene Vrae vir meer inligting oor hoe om kommentaar op u werke te beheer, insluitend:
