Post Header

Die OTW Verkiesingskomitee is bly om aan te kondig dat die tydlyn vir die 2026-verkiesing van nuwe lede vir die Raad van Direkteure geplaas is!
Hierdie jaar se verkiesing sal op 14-17 Augustus gehou word. Dit beteken dat die sperdatum vir personeel om hul kandidaatskap te verklaar 30 Junie is.
Soos gewoonlik is die verkiesing se lidmaadskapsperdatum 30 Junie. Indien jy belangstel daarin om te stem, maak asseblief seker dat jou lidmaatskap aktief is teen daardie datum. Jou donasie se kwitansie word volgens Gekoördineerde Universele Tyd (UTC) gedateer, so jy sal nie stemgeregtig wees indien jou donasie ná 30 Junie UTC op die kwitansie gelys word nie. Indien jy onseker is of jou donasie voor die sperdatum gemaak is, kontak asseblief ons Ontwikkeling en Lidmaatskapkomitee deur die kontakvorm op ons webtuiste te gebruik en "Is my lidmaatskap aktief/Is ek stemgeregtig?" te kies.
Jy kan uitvind hoe om 'n lid te word op die Verkiesingswebtuiste. Indien jy vertroud is met die proses, kan jy hier 'n donasie maak!
Indien jy meer wil weet oor die verkiesingsproses oor die algemeen, kan jy na die Verkiesingsbeleide kyk.
Ons sien uit na 'n aktiewe verkiesingseisoen met heelwat kommunikasie tussen kandidate en stemgeregtiges, en ons hoop dat jy deel sal wees hiervan. Moenie vergeet om die Verkiesingskomitee op Bluesky en Tumblr te volg om op datum te bly met die jongste nuus nie!
Indien jy enige vrae of kommentaar het, moenie huiwer om die Verkiesingskomitee te kontak nie.
Die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) is die nie-winsgewende ouer-organisasie van verskeie projekte, insluitend AO3, Fanlore, Oop Deure, TWC, en OTW Regsvoorspraak. Ons is 'n fan-bestuurde, volledig donasie-afhanklike organisasie beman deur vrywilligers. Vir meer inligting, besoek gerus die OTW webtuiste. Om meer te leer oor ons span van vrywillige vertalers, wat hierdie nuusberig vertaal het, besoek die Vertalingsblad.
